'n Blog wat ek op Fotomentorskap program geplaas het - vir julle kommentaar.

Landing van Blou valkie - verwerkte foto:

Oorspronklike foto - net kleiner file gemaak, bietjie skerp gemaak en as jpg gesave:

Nikon D3s kamera, Nikon 600mmf4 fixed lens, 1/2500, f4, ISO500, exposure = 0 (dit was bewolk die dag en nie nodig om te keer dat wit dele uitbrand nie), WB = auto (min dat ek hierop skiet - was net 'n toets), Aperture mode, 31meter van valkie af gewees.

 

Ek het die foto vroeër vanjaar in die Kgalagadi geneem en ek dink dit is een van my beste sovêr - wat skerpte betref. Die valkie het 'n vorige keer gevlieg en weer op die tak kom sit. Toe hy weer vlieg het ek op daardie plek ge-prefokus, gewag en toe net begin skiet toe hy aankom om te land (daar het julle een van my geheime).

Soos julle kan sien, was dit nie vir my nodig om baie te gecrop het nie - dus het ek 'n lekker skerp foto gekry. Fill the frame with your shot and not in Photoshop. Zoom in met jou zoom lens tot jou komposisie reg is of zoom in met jou voete/wiele tot jou komposisie reg is. Moet nie dink: "Ag, ek sal die foto in Photoshop gaan reg crop" nie. Jy verloor die kwaliteit van jou foto omdat jy pixels weggoi. Neem jou foto sodat jy die minste moet crop.

Ek hoop dit maak sin. Graag hoor ek julle opinie.

Views: 466

Replies to This Discussion

Ek het hierdie discussion geplaas na aanleiding van Issi se discussion "2 crop or not 2 crop". Ook op die kommentaar van JJJ en die crop van Debbie se foto.

Dit is dus vir my belangrik dat 'n mens vooraf moet besluit wat jy wil afneem - wat gaan jou onderwerp wees. Gaan dit die hele dier wees of net gedeelte van die dier. Fokus dan op die onderwerp sodat jy so min as moontlik aan die foto gaan crop.

Hier is twee fotos wat ek geneem het. Ek het vooraf besluit dat ek die oë van die diere gaan afneem. Ek het dus gewag totdat die die leeu en die olifant naby genoeg was om slegs die oë in my kamera frame te kry. EK het die fotos met 'n 600mmf4 fixed lens geneem - dus kon ek nie inzoom nie. Ek het vir die leeu gewag om teenaan my motor verby te stap (in die Kgalagadi - waar anders) en die foto geneem. Met die olifant was ons op 'n boot op die Chobe rivier en ons kon nader aan die olifant vaar.

Ek het dus glad nie aan die fotos gecrop nie. Dit sal jou help om hoë kwaliteit fotos te neem - geen pixels gaan verlore nie.

Willem, vir my lyk dit of jy omtrent net 2en 6de van die foto gehou het, dus het jy we'll 83 persent van die foto weggecrop, maar jy se dit was nie nodig om baie te gecrop het nie? Ek sien jy het absoluut die equipment om nie hoef te crop nie, hence die awesome skerp foto, maar volgens my 'crop meter' het jy baie gecrop. Die eindresultaat is great so dit maak nie saak nie, en ek verstaan wat jy se, maar ek dink nie die foto pas by jou woorde nie. Miskien 'n ander voorbeeld gebruik? My 2c

Hi Michael, thanks - presies die reaksie wat ek wou gehad het. Iemand moes vir my sê ek praat nie die waarheid nie. EK het dit met 'n spesifieke doel so geplaas - ook net sodat ons die konsep kan bespreek en verstaan. Sommige van ons fotograwe verstaan nie altyd die terme en konsepte nie.

Yes, ek het gecrop, maar met wildsfotografie wil die mense gewoonlike baie meer as hierdie voorbeeld crop aangesien dit nie altyd moontlik is om naby die onderwerp te kom nie. Sien die volgende twee voorbeelde waar ek geensins die crop funksie gebruik het nie.

Dankie Willem... vir ons wat nie al die stunning equipment het nie....my probleem is die volgende:

As ek max in-zoom (50-500mm 6.3 lens) neem die lig en die diepte van veld af... as ek nie so baie zoom nie kan ek 'n laer ISO en 'n hoër f/stop met ander woorde beter diepte van veld en skerper.... dan ook met wild fotografie moet jy in die oë fokus wat nie altyd moontlik is as die dier nou in die regte plek in die foto is nie.

So is dit baie verkeerd, minder verkeerd op gladnie verkeerd ( julle kan seker sien ek hou van baie grys areas)

En dan hoeveel kan mens met gemak crop, persentasie gewys?

Die oorspronklike foto:

Ge-crop! weet nie of dit reg gecrop is nie?

Waar stel julle voor moet mens die dier in die raam plaas sodat jy dit kan Crop?

Hi Issi - sorry dat ek nou eers terugkom, maar ons was die naweek Witsand toe as dell van ons fotografie kursus.

Yes, ek stem volkome saam - jou equipment speel 'n baie groot rol. Ek het die self ervaar soos ek van my oorspronklike Nikom 70x300mm f5.6 lens na my Nikon 70x200mm f2.8 lens beweeg het. Ook sien ek die verskil met my Nikon D7000 en D3s kamera.

My raad is om aan te pas by jou equipment. In ons fotografie klas hierdie week het ons weereens oor beligting gepraat. Dit was baie duidelik uit die besprekings dat jy as fotograaf moet besluit of die foto opportunity wat jy het (bv 'n sighting van 'n leeu of 'n voël) wel 'n foto werd is. Jy kan van enige opportunity 'n foto nee, ja, maar..... Jy moet jouself kan vra: "Sal ek 'n goeie foto uit die opportunity kan kry of sal hierdie foto slegs 'n rekord foto wees?" Vir my is daar 'n groot verskil tussen 'n goeie en 'n rekord foto, maar beide het sy plek in fotografie - moenie my verkeerd verstaan nie. Dit is altyd die eerste vraag wat ek myself vra aangesien my benadering tussen die twee opportunities dramaties verskil - ek nie in detail inbeweeg nie.

Somstyd geniet ek net die opportunity sonder om eens 'n foto te neem.

Kom ons gaan voort - fokus op die oë:

Yes, die algemene beginsel is om op die oë te fokus. Maar daar sal tog uitsonderings. My raad is en ek gebruik die beginsel telke male: Maak net seker jou foto vertel 'n storie en die dele wat die storie vertel (hoof onderwerp), moet skerp en in fokus wees. Dus stem ek saam - 'n mens kan nie altyd op die oë fokus nie. Defnitief 'n grys area, maar maak met seker jy trek jou leser te oog na die regte plek in jou foto. Moet nie dat sy/haar oog oral oor die foto dwaal nie. Makliker gesê as gedaan - ek praat van ondervinding. 

Derde punt - hoeveel moet 'n mens crop?

 

JJJ het vir ons 'n goeie voorbeeld met Debbie se beertjie gegee. Sorg dat jy die leser se aandag op jou onderwerp plaas. Dus moet jy alle onnodige detail uitcrop. Maar hoeveel? My raad is: Soveel as moontlik as wat jou toerusting dit toelaat, maar sorg dat jy nie die kwaliteit van jou foto verlaag nie.

Met die crop funksie gooi jy baie van die pixels van jou foto weg en jy sukkel dan om detail in jou foto terug te kry. Jy kry bv. nie jou foto skerp nie en die foto lyk vaal. Somstyds raak die noise op die foto al hoe erger soos jy die foto crop. 

Dus is hier ook 'n grys area (ek weet jy gaan hiervan hou (LOL)) - persoonlike smaak kry voorkeur. Sorg net dat jou kwaliteit van foto goed bly. 

Lekker Discussion Willem!

Laaste aspek - waar plaas jy die dier in die foto sodat jy kan crop:

Weereens jy moet voor jy die foto neem besluit wat jy met die foto wil doen. Wat wil ek vir my lesers wys? Waar lê jy fokus punt/storie punt? Jy ken seker al die ou gesegdes - maak plek vir die dier om in te beweeg, maak plek vir die dier/voël om in te loop/vlieg. Dus moet jy nie jou onderwerp so plaas dat sy/haar neus teen die rand van jou foto gaan wees nie. Jou voorbeeld van die wilde hond is perfek vir my - 'n bietjie spasie aan die regter kant.

Hier is my sekr voël wat in die Kgalagdi jag. Ek het die foto gecrop (ek kon die oorspronklike foto crop aangesien my toerusting dit toegelaat het) sodat daar vplek aan die regter kant is. Dit is tog waarna toe die voël beweeg. Dus het ek die linker kant baie naby die vlerk gecrop en die gemors aan die linker kant van foto verwyder. Dit hou die fokus van leser hopelik op die voël. Ook het 'n beitjie spasie voor die voël gelos (alhoewel dit uit fokus is- probeer dit asb vermy indien moontlik (voorgrond uit fokus)) aangesien die aksie ook vorentoe plaasvind. Die stukkie groen het net vir perspektief aan die foto gegee - dus moes daardie stukkie plant ook vir my skerp gewees het (gelukkig is dit).  

 

Hier is nog 'n voorbeeld vand dieselfde sekr voël, maar nou wil ek graag hê jy moet die foto kritiseer. Net een opmerking van my kant af - die voël was te naby gewees om sy hele lyf af te neem. Ek het die foto 'n bietjie gekrop, maar ek gaan nie verduidelik nie. Graag hoor ek enige iemand ander se opinie ook (ek weet Michael gaan verseker kommentaar lewer - dankie by voorbaat, Michael):

Okay baie dankie vir jou antwoord... nou weet ek, ek is ‘n Record fotograaf! Ek dink deur die records ook te neem leer mens wat om volgende keer te doen en hoe om my fout reg te stel.

 

 

Okay.... hier dop ek nou met lof, sjoe ek was laas op skool... dit was nou net na die Spaanse Inkwisisie, so op die spot gesit:

  1. ek sal die kontras opstoot sodat die voorwerp wegstaan van die agtergrond!
  2. dan portrette crop sodat die middagete die hoof tema raak.

Jy sien dis nou waar my nougesette probleem ontstaan want ek hou van die 2:3 formaat (old school)

Ek het jou foto gebruik so ek hoop nie jy gee om nie!

Laat weet maar hoe ver ek van die waarheid is!

Issie hierdie record fotograaf wag ook nou in spanning vir die uitkoms van hierdie saak.

RSS

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html