Na aanleiding van 'n discussion blog op die hoof bladsy van Fotoskool, het ek gedink om hierdie discussion te begin vir die ernstige wildsfotograwe (wie is nie - dit is tog hoekom ons op Fotoskool is) wat graag kritiek (kom ons noem dit eerder opinies wat elkeen is tog geregtig op sy/haar eie opinie) op hulle fotos wil hê. Die enigste voorwaarde is dat ons nie persoonlik moet raak nie en opbouende kritiek op die fotos sal lewer. O ja, en verskaf asb die nodige data (bv kamera stelling ens) sodat ons lekker kan saamgesels. Kom ons kyk of dit gaan werk.

Laat ek sommer begin - hier is sommer 'n foto wat ek die afgelope naweek in Golden gate van 'n kalkoen ibis geneem het.

Nikon D3s, Nikon 600mmf4 lens met 1.4 convertor, ISO800, 1/6400, f5.6, Exposure compentation -0.67, WB - auto, op 'n driepoot met Wimberley kop. Dit was geneem rondom 15H30 in helder sonskyn. Eerste ontwikkel in Capture NX2 en finale ontwikkel in Photoshop - dit maar my resepie met seker stappe wat ek volg. Ek het foto omtrent 70% gecrop - kon nie nader aan Ibis kom om die voël full frame af te neem nie. Laat waai asb met die kritiek en wees spesifiek sodat ons almal kan leer.

Indien julle self wil fotos plaas eerder as om kommentaar te lewer, voel welkom en ek is seker die lede sal kommentaar lewer. Onthou, jy hoef nie 'n expert te wees om 'n opinie te gee nie. Sê net waarvan jy hou of wat jou in/van die foto pla. So maklik as dit. 

Views: 826

Replies to This Discussion

Willem - baie nice foto met die agtergrond lekker uit fokus. Daai 600mm lens doen sy werk goed hier. Plaas die klem mooi op die Ibis. Ek wil jou opinie graag hoor oor teleconverters, beide die 1.4x en die 2x.

  • Verloor jy nie baie kwaliteit en kontras in die proses nie
  • Skuif jou fokusvlakke nie aansienlik nie aangesien teleconverters berug is hiervoor, veral die 2x

Groete

Ai Willem dis darem baie mooi!  Ek het ongelukkig nie daardie klas van toerusting nie so ek kan nie eens probeer nie!  Wat ek wel wil vra is oor die exposure compensation - ek het gister op die internet gelees die ou sê jy moet altyd sorg dat dit op 0 is en op 'n ander blog het ek weer gelees die ou sê as jy meer uit jou fotos wil hê gebruik net die exposure compentation.  So wat nou?  Ek het ook oulike tabelle gekry wat die driehoek verhouding mooi uiteen sit - gaan dit netnou print (het my kamera saamgebring werk toe) en bietjie daarna kyk. Julle ouens moet asb so af en toe vir ons 'n floppie ook op laai.

Charles ek het gister middag geoefen met die fokus punte - sommer 'n klomp bloeisels afgeneem - een-een en groepies - op AV net die F gestel maar meer gekonsentreer op die fokus punt - was nie so seer gepla oor die beligting/kontras van foto nie - wil net rustig raak met die fokus punte.

Baie dankie weereens julle ouens vir julle tyd en moeite.

@Charles - yes, daardie 600mm doen sy ding.

Die converters:

1. Ek probeer so min as moontlik van hulle gebruik maak, maar in die natuur kan 'n mens nie sonder hulle klaar kom nie. In die kalkoen ibis geval het ek en my vrou met ons 600mm lense en drieppote baie stadig agter die voël aanbeweeg, maar ons kon net nie naby genoeg kom nie. In my tuin in my bird hide is dit 'n ander storie. Daar sit ek my hide so na as moontlik aan die voëls sodat ek nie 'n converter hoef te gebruik nie.

2. Die "skole" wat bestaan is:

2.1 Jy skiet sonder 'n converter en crop dan die foto in Photoshop - wat ek aanvanklik geleer is.

of

2.2 Jy skiet met 'n convertor en jy crop nie metPhotoshop nie. Hierdie tegniek het ek by Lou Coetzer op sy boot op die Chobe Rivier in Botswana geleer. Hy voel jy kan eerder 20 fotos neem waarvan die visarend se vlerke geclip is, maar daardie een wat vol in die frame is, maak dit die moeite werd. En ek begin al meer van die tegniek hou.

Soos jy weet en ek sien dit - met altwee tegnieke verloor jy 'n mate van kwaliteit. Om te besluit met watter een jy die meeste kwaliteit verloor, sukkel ek nog en het nog nie 'n besluit geneem nie. Ek het met beide tegnieke verskillende aannames in salonne behaal. Ek wil tog vir my verbeel dat met die converter ek minder kwaliteit verloor, maar dan moet jy minimaal in Photoshop crop. Ek is seker die tyd gaan leer - soos ek meer ondervinding opdoen (ek is nog heeltemal te kort in fotografie).

Wat is jou opinie? Ek sal dit graag wil hoor.

Die skuif van die fokus - daarmee het ek nog glad 'n probleem ondervind nie.

Bye

@Sandra - nee wat jong, vergeet hoe fotos lyk or watter equipment jy gebruik. As jy regte, egte, lekker opinies op jou fotos wil hê (kamera klub styl), begin sommer dadelik jou fotos hier plaas. Ek waardeer altyd opregte opinies baie meer as bs opinies.  Ek verseker jou - een van die beste maniere om te leer.

Die exposure compensation - yes net soos ek hier bo met Charles ook gesels het, is daar verskillende skole. Wat egter belangrik is, is dat jy die konsepte moet verstaan (waarmee ek lank gesukkel het) en dit volgens jou behoeftes kan toepas. Daar is ongelukkig nie 'n perfekte resep nie en ek is mal oor resepte. Dus struggle ek ook maar. Speel dus rondom met die fotos en leer jouself.

Sien graag jou fotos hier.

Apeture priority / Shutter 1/80s  / F5.6  /  ISO 125 / Exposure value 0.00ev  /  focal length 46mm / flash did not fire / auto white balance / metering mode patter / time 18h10.  As ek nou hierna kyk en julle besprekings volg sou en sê my eerste fout is die F stop?  Vir die tipe foto moes ek seker maak dit is F8 of hoer reg? weet nie van die ISO nie? Wat sou die meer aanvaarbare setting wees?  Ek het niks verander.

Hier is my weergawe : Canon 500d kamera : F6.3 : shutterspoed1/400sek : ISO 100 en ek het met my 300mm Canon lens die foto geneem. Die foto is geneem om 08:51 die oggend op n bewolkte "reen" oggend. Die voel was so ongeveer 40 meter van my af. Die foto is wel gekrop.

     Dus "gooi" die kommentaar !! ek wil leer !!!!!

Attachments:

Sandra Grobler said:

Dalk so ?

Attachments:

@Sandra

Thanks vir die foto - ek gaan net eers 'n paar goed uitwys, anders raak 'n mens te veel deurmekaar:

1. Hierdie is 'n landskap foto en gewoonlik het 'n mens baie tyd om jou shot vooraf te beplan. In so geval kan jy Manual mode gebruik, maar kom ons bly eers by Aperture mode sodat jy die beginsels van Aperture mode kan verstaan en gebruik. Ek gaan ook nie die foto (komposisie) nou krit nie. Kom ons hou net eers by die basiese beginsels.

2. Maar tog - die foto opset self: ek sien jy begin sommer met 'n lekker moeilik een. Moeilik omdat jou voorgrond donker is en jou agtergrond helder belig is. Dan is dit beter om twee foto te neem - een onderbelig om detail in die agtergrond te kry en een oorbelig om detail in die voorgrond vas te vang. Dan sit jy net die twee fotos opmekaar in Photoshop. Maar dit sommer net terloops - hou dit maar net in gedagte. 

3. Jou f-stop: Yes, jy is reg. f5.6 is dalk 'n bietjie te groot opening, daarom is die agterste gedeelte van die foto uitgebrand en het jy detail verloor in daardie gedeelte. Met landskappe probeer ek gewoonlik so rondom f11 tot f16 skiet. Dit sal afhang van die son. Hier was die son helder - kan selfs opgaan na f16 sodat minder lig inkom. Wees net versigtig - jou sloot tussen die bome en die water kan dan onderbelig uitkom. Ook met 'n f-stop van 5.6 sal die hele foto dalk nie skerp in fokus uitkom nie. Met 'n wye hoek lens is dit nie so opvallend nie, maar met 'n 70x200mm of 300mm lens kan dit ernstige probleme gee.

4. ISO 125: geen probleem hier nie. Hierdie is 'n landskap foto, geen aksie nie, dus sal ek ook probeer skiet op ISO100-200. Die sensor is dus nie so sensitief vir lig nie en jy sal dus 'n redelike stadige sluiter spoed moet gebruik sodat genoeg lig op sensor kom om beeld vas te vang - wat jy dan ook reggekry het.

5. Shutter speed 1/80. Right, hier moet jy besluit wat jy wil bereik met die foto. Stadige sluier spoed sal jou water lekker dof en melkerig laat lyk, maar dan gaan jou helder dele van die foto soos die boonste sonlig uitgebrand wees (verloor detail - soos hier die geval is). 'n Vinniger sluierspoed (1/250) sal jou watervloei vries en minder lig inlaat. Jou agtergrond sal donkerder wees, maar jou voorgrond kan detail verloor. My opinie is dat jou sluiterspoed dalk 'n rapsie te stadig was en te veel lig (sien die agtergrong) ingelaat het. Dit bring my by die Exp comp.

6. Exposure compensation van 0. Ek sou my exposure compensation afgebring het sodat minder lig die sensor bereik het. Dit sou 'n bietjie meer detail in agtergrond gegee het, maar ook donkerder voorgrond gegee het (wat maklik in Photoshop reggestel kon word). In Aperture mode, sodra jy die exposure afstel, sal jou sluiter spoed outomaties vinniger word.

7. WB - Auto: Geen probleem nie. Ek hou net daarvan op "Son" te skiet as son skyn, maar jy kan die stellings op Photoshop verander.

Opsom: Die agtergrond is uitgewas omdat te veel lig die sensor bereik het. Ook is die sloot bokant die rooi rots ook 'n bietjie donker. Ek sou die die f-stop op 11 of 16 gesit het - minder lig vir sensor. Ook die exp comp 1 of 2 stop afgestel het (sluierspoed vinner gemaak het) en in Photoshop net die voorgrond weer helder gemaak het. 

Hoop dit help.  
 
Sandra Grobler said:

Apeture priority / Shutter 1/80s  / F5.6  /  ISO 125 / Exposure value 0.00ev  /  focal length 46mm / flash did not fire / auto white balance / metering mode patter / time 18h10.  As ek nou hierna kyk en julle besprekings volg sou en sê my eerste fout is die F stop?  Vir die tipe foto moes ek seker maak dit is F8 of hoer reg? weet nie van die ISO nie? Wat sou die meer aanvaarbare setting wees?  Ek het niks verander.

@Adriaan

Mooi foto, lekker komposisie, agtergrond geblur alhoewel 'n mens tog 'n bietjie detail kan sien (jou f-stop is daarvoor verantwoordelik).

1. f6.3: Ek sien jy gebruik een van die goue midde-weg f-stops (f5.6 & f6.3). 'n Mens maak nie sommer 'n fout met daardie twee f-stops nie. Die sekr voël staan dwars, dus het 'n mens nie so wye velddiepte nodig nie. EK sou dalk op f4 geskiet het - net om die gatergrond meer te blur. Onthou met wildsfotografie en kompetisies/salonne mag jy nie jou agtergrond in Photoshop (verder) blur nie. So skier eeder met 'n laer f-stop (groter gat, minder velddiepte). Indien jy jou f-stop na f4 vat, laat jy meer lig op die sensor, dus moet kompenseer met of exp comp of ISO.

2. Sluiterspoed 1/400 - reg want daar is geen aksie nie behalwe vir sy voet. En jy kan sien dat sy toon al klaar nie so skerp in fokus (agv die beweging is die toon 'n bietjie geblur) is nie. Sou die voël ewe skielik besluit om te vlieg, is jy in die moeilikheid. Jy sal dalk nie sy vlerke kan vries nie. Maar dit is persoonlike styl kwessie.

3. ISO100 - reg want daar is nie regtig aksie nie. Indien jy klaar hierdie statiese foto geneem het en jy dink die voël gaan vlieg - skuif net jou ISO net op na 800 of meer (of verander jou exp comp, maar nie jou f-stop nie) en wag vir die aksie. In Aperture mode sal jou sluiterspoed outomaties vinniger word. En vir hierdie tipe voël sal ek kyk na 'n spoed van 1/2000 of 1/3200.

4. Ander kommentaar - die bruin vere op die agterste been en vlerk het 'n beitjie min detail. Ek sal dit probeer terugkry in Photoshop - daardie areas net 'n bietjie ligter maak. Jy kon nie meer lig op die sensor toegelaat het nie - dan sou daardie ligte areas op sy stert vere asook op sy rug en onder sy keel uitgewas gewees het . Jy het die detail mooi daar behou met net die regte beligting, maar bietjie detail verloor in die donker dele (miskien weer terugkry in Photoshop).

Hoop dit help en lekker skiet!!   
 
Adriaan (kobus) said:

Hier is my weergawe : Canon 500d kamera : F6.3 : shutterspoed1/400sek : ISO 100 en ek het met my 300mm Canon lens die foto geneem. Die foto is geneem om 08:51 die oggend op n bewolkte "reen" oggend. Die voel was so ongeveer 40 meter van my af. Die foto is wel gekrop.

     Dus "gooi" die kommentaar !! ek wil leer !!!!!

Heng Willem ,  dankie vir jou inset !! Dit is hoekom ek my foto's op fotoskool sit met die doel om te leer , op die wyse kan n man se foto's mos net verbeter !! Ja die foto is geensins gephotoshop nie dus kan ek die verbeteringe nou daar doen.

    Help my net op punt 3 : as ek nie my ISO wil verhoog nie maar net my exp. comp........moet ek dit dan ligter maak om n hoe shutterspoed te kry ? Verskoon as dit n dom vraag is ( ek het geen formele/enige kursus gedoen nie ...leer op die harde manier...deur foto's te neem !!)
 
Willem Kruger said:

@Adriaan

Mooi foto, lekker komposisie, agtergrond geblur alhoewel 'n mens tog 'n bietjie detail kan sien (jou f-stop is daarvoor verantwoordelik).

1. f6.3: Ek sien jy gebruik een van die goue midde-weg f-stops (f5.6 & f6.3). 'n Mens maak nie sommer 'n fout met daardie twee f-stops nie. Die sekr voël staan dwars, dus het 'n mens nie so wye velddiepte nodig nie. EK sou dalk op f4 geskiet het - net om die gatergrond meer te blur. Onthou met wildsfotografie en kompetisies/salonne mag jy nie jou agtergrond in Photoshop (verder) blur nie. So skier eeder met 'n laer f-stop (groter gat, minder velddiepte). Indien jy jou f-stop na f4 vat, laat jy meer lig op die sensor, dus moet kompenseer met of exp comp of ISO.

2. Sluiterspoed 1/400 - reg want daar is geen aksie nie behalwe vir sy voet. En jy kan sien dat sy toon al klaar nie so skerp in fokus (agv die beweging is die toon 'n bietjie geblur) is nie. Sou die voël ewe skielik besluit om te vlieg, is jy in die moeilikheid. Jy sal dalk nie sy vlerke kan vries nie. Maar dit is persoonlike styl kwessie.

3. ISO100 - reg want daar is nie regtig aksie nie. Indien jy klaar hierdie statiese foto geneem het en jy dink die voël gaan vlieg - skuif net jou ISO net op na 800 of meer (of verander jou exp comp, maar nie jou f-stop nie) en wag vir die aksie. In Aperture mode sal jou sluiterspoed outomaties vinniger word. En vir hierdie tipe voël sal ek kyk na 'n spoed van 1/2000 of 1/3200.

4. Ander kommentaar - die bruin vere op die agterste been en vlerk het 'n beitjie min detail. Ek sal dit probeer terugkry in Photoshop - daardie areas net 'n bietjie ligter maak. Jy kon nie meer lig op die sensor toegelaat het nie - dan sou daardie ligte areas op sy stert vere asook op sy rug en onder sy keel uitgewas gewees het . Jy het die detail mooi daar behou met net die regte beligting, maar bietjie detail verloor in die donker dele (miskien weer terugkry in Photoshop).

Hoop dit help en lekker skiet!!   
 
Adriaan (kobus) said:

Hier is my weergawe : Canon 500d kamera : F6.3 : shutterspoed1/400sek : ISO 100 en ek het met my 300mm Canon lens die foto geneem. Die foto is geneem om 08:51 die oggend op n bewolkte "reen" oggend. Die voel was so ongeveer 40 meter van my af. Die foto is wel gekrop.

     Dus "gooi" die kommentaar !! ek wil leer !!!!!

@Adriaan, nee, nooit 'n dom vraag nie.

Ek verstaan hoekom jy jou ISO op daardie stelling wil hou - daardie lelike woord "noise". Gaan altyd terug na die exposure driehoek en kyk waar jy 'n kompromie moet aangaan - dit is waaroor wildsfotografie gaan.

Nou terug na jou vraag: Indien jou foto ligter word, beteken dit dat daar meer lig deurkom, beteken bv dat jou sluiterspoed stadiger word. Nou met Exposure comp -  om jou foto donkerder te kry, moet jy minder lig inlaat, dus stel jy jou exp comp na die negatief (bv -0.33 of -0.67; op die Nikon of een stop onderbelig. Ek is nie seker van Canon nie) kant toe stel. Dan sal jou sluiterspoed vinniger word. Daarom sal jy sien op my wildslewe fotos is al my exp comp op -0.67. Net om te keer dat my wit/helder dele van my diere/voëls nie uitbrand in helder sonlig nie. Maar dit werk nie aldag nie - hou maar jou fotos agterop jou kamera dop - veral daardie setting wat jou waarsku as dele van die foto uitgebrand word.

Hoop dit help en lekker skiet!!

RSS

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html