Na aanleiding van 'n discussion blog op die hoof bladsy van Fotoskool, het ek gedink om hierdie discussion te begin vir die ernstige wildsfotograwe (wie is nie - dit is tog hoekom ons op Fotoskool is) wat graag kritiek (kom ons noem dit eerder opinies wat elkeen is tog geregtig op sy/haar eie opinie) op hulle fotos wil hê. Die enigste voorwaarde is dat ons nie persoonlik moet raak nie en opbouende kritiek op die fotos sal lewer. O ja, en verskaf asb die nodige data (bv kamera stelling ens) sodat ons lekker kan saamgesels. Kom ons kyk of dit gaan werk.

 

Laat ek sommer begin - hier is sommer 'n foto wat ek die afgelope naweek in Golden gate van 'n kalkoen ibis geneem het.

 

Nikon D3s, Nikon 600mmf4 lens met 1.4 convertor, ISO800, 1/6400, f5.6, Exposure compentation -0.67, WB - auto, op 'n driepoot met Wimberley kop. Dit was geneem rondom 15H30 in helder sonskyn. Eerste ontwikkel in Capture NX2 en finale ontwikkel in Photoshop - dit maar my resepie met seker stappe wat ek volg. Ek het foto omtrent 70% gecrop - kon nie nader aan Ibis kom om die voël full frame af te neem nie. Laat waai asb met die kritiek en wees spesifiek sodat ons almal kan leer.

 

Indien julle self wil fotos plaas eerder as om kommentaar te lewer, voel welkom en ek is seker die lede sal kommentaar lewer. Onthou, jy hoef nie 'n expert te wees om 'n opinie te gee nie. Sê net waarvan jy hou of wat jou in/van die foto pla. So maklik as dit. 

 

Views: 827

Replies to This Discussion

Willem ek dink dis tegnies n baie goeie foto met al dit wat belangrik is teenwoordig,nl,blink in die oog,goeie definisie op die vere,min noise,agtergrond mooi uitgeblur,en jou saturation lyk perfek,die komposisie is reg endis nog boonop n aksiefoto ook--vwd.

Thanks Geo - ek het hom vir 'n salon of twee al ingeskryf, wag net vir die uitslae. Tyd van die dag (lig) was 'n bietjie teen my gewees.

Hallo Frank, ek hou baie van die foto! Net jammer oor die punt van die vlerk wat afgesny het.  Ek sou egter graag bietjie meer van die onderste voël wou sien, maar jy die goed gebeur maar vinnig.  Jy kan dalk "extreme edge sharpening" probeer, ek weet nie watse sagteware jy het nie, maar jy behoort baie tutoriale op die web te kry vir Photoshop.

Frank Swan said:

Nikon D7000, VR 50/500mm, f4.5-6.3G,teen 240mm, ISO 560 1/2500s, f/6.3 0EV-AUTO1.0.0 Voel was omtrent 5m van my af. Ek het op die NX2 die komposisie na -0.6 geskuif. Die foto is sonder 'n driepoot geneem. Enige raad sal gaaf wees om dit skerper te kry. 

Bont Kwagga

Ja dit is regtig kwagga, die woord s(z)ebra is eintlik 'n anglisisme.  Hierdie Bontkwagga is in desember in Addo NP geneem.

Die foto is ook net na 12 geneem op die "slegte" tyd van die dag vir fotos. En die verwerking is met Lightroom 3 gedoen.

Canon EOS 40D, Sigma 70-300mm, focal length 238mm, 1/5000@f5.6, ISO 400.


Hi Phillip

 

Yes, ek sien jy het 'n high key foto van die situasie probeer maak. Dit is baie moeilik om dit in kleur te maak en ek weet nie of dit vir my hier werk nie (net my persoonlike opinie - jy gaan sekerlik verskil). Jou komposisie is goed behalwe dat die kwagga 'n bietjie in die middel geplaas is, maar dit pla my nie veel nie. Die agtergrond is lekker geblur. Ek kan sien hoe skerp die son op sy rug is (soos jy sê, verkeerde tyd van die dag) - miskien kan jy dit so 'n bietjie meer bewerk met die dodge tool. Ek dink die foto kan 'n baie lekker high key swart en wit foto maak. Oorweeg high key swart en wit fotos veral as die foto in die middel van die dag geneem is. By sommige fotos werk dit baie lekker.

Geen noemenswaardige kritiek op jou kamera stelling nie - behalwe miskien die ISO wat jy kon afgebring het na 100 of 200. Stilstaande onderwerpe het nie so hoë ISO nodig nie. Ek skuif gewoonlik my ISO op my sluiterspoed vinniger te kry - een manier om dit te doen. Ek kan egter die rede sien vir die vinnige sluiterspoed - verkeerde tyd van die dag en jy het probeer om so min as moontlik lig in te laat.

 

Thanks for posting - graag hoor ek jou kommentaar.
 
Phillip Olivier said:

Bont Kwagga

Ja dit is regtig kwagga, die woord s(z)ebra is eintlik 'n anglisisme.  Hierdie Bontkwagga is in desember in Addo NP geneem.

Die foto is ook net na 12 geneem op die "slegte" tyd van die dag vir fotos. En die verwerking is met Lightroom 3 gedoen.

Canon EOS 40D, Sigma 70-300mm, focal length 238mm, 1/5000@f5.6, ISO 400.


RSS

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html