Elizma het 'n interesstant vraag gevra na aanleiding van my vraag/comment op Stephen se Bokmakierie foto. Wat kan gedoen word aan die agtergrond van wildsfoto?

 

1. Konsentreer op die agtergrond. In die begin van my fotografie journey het ek baie fotos van diere en voëls geneem sonder om na die agtergrond te kyk. Deesdae kyk ek soos 'n verkleurmannetjie na diere/voëls voor ek hulle afneem. "Een oog op die primêre voorwerp en die ander oog kyk ek na agtergrond." Wat ek eintlik wil sê is, dat 'n mens 'n tweede natuur moet aanleer om dadelik na jou agtergrond te kyk sodra jy 'n sighting/foto opportunity kry. In die begin het ek gesukkel, maar kom dit as tweede natuur. Neem bv die foto van my:

 

Besige agtergrond. Ook hierdie een:

 

 

Niks wat jy regtig daaraan kan doen nie. Lekker rekord foto - dit is al. Ek sal verseker nie die foto vir 'n kompetisie inskryf nie, maar ek sal dit vir die familie of vriende gedurende 'n kiekie aand wys.

 

Maar

 

Jy kan tog iets daaraan doen:

 

2. Beweeg jouself rond sodat jy 'n skoon agtergrond kry. Kyk bv na hierdie foto van my - een van my eerste fotos waar ek baie stadig gery het totdat die Swartpiek niks agter hom gehad het nie (ek was sowat 5meter vanaf die voël, een van mky eerste fotos wat ek by ons kamera klub vir beoordeling ingedien het):

 

 

3. Ook kan jy met die velddiepte van jou lens speel soos die vlogende twee voorbeelde.

Die eerste voorbeeld van die tiptolle was die walle van die watergat agter die tiptolle gewees, maar die 600mm lens het so 'n vlak velddiepte op f4 dat alles agter uitgeblur is. Ek het geen blur in Photoshop gebruik nie.

 

 

In die volgende foto het die ground squirrel in 'n slootjie gesit met walle voor en agter hom. Weereens het die velddiepte van die f4 lens my gered. Die voorgrond mooi uit geblur en sommer die agtergrond ook. Weereens het ek geen blur in Photoshop gedoen nie - alles is natuurlik.

 

 

Om op te som: Jy is reg - jy kan nie vir die diere vra om te beweeg nie, maar jyself moet dan beweeg (as jy kan natuurlik). Die gesegde is so waar: "Die beste zoom is jou eie twee bene" of dan die vier wiele van jou voertuig.

 

Ook is jy reg - jy mag nie natuur fotos manipuleer nie. Dus mag jy nie takke of iets wat pla in Photoshop verwyder nie. Veral as dit by kompetisie en salonne kom. Maar as dit net 'n rekord foto is wat jy vir die vriende of familie wil wys? Ek vra maar net.

 

Graag hoor ek meer opinies.

 

Views: 1308

Replies to This Discussion

Dankie vir die terugvoer. Nou moet iemand net vir my die blur in Photoshop leer/wys. En by the way jy ry seker self jou voertuig, my drywer is ongeduldig en verstaan nie wat ek sien nie, en hoe om te stop nie, maar wil altyd saam en ry. Ek het hom al eenkeer agter in laat ry, was nie lank nie toe snork hy soos hy slaap toe kom ek stop wag en kyk net soos ek wou. Defnitief deel ons nie die passie vir fotografie nie. Hy sien 'n jakkals, ek wil wag en kyk of jakkals iets gaan doen, hy ry, want dit is 'n jakkals so what hoeveel jakkalse wil ek dan nou sien.

Plesier, maar vergeet eerder van Photoshop en doen dit die natuurlik manier. Moet nie alleen voel met die drywer nie. Ek was (en is nogsteeds) altyd die drywer en ook nie so geduldig nie - tot my vrou besluit ek het dat ek my eie kamera moet kry. Nou is dit net 'n plesier - ons het nou die dag sommer 2h by 'n watergat in Mokala in die motor gesit terwyl dit lyk of daar niks aangaan nie. Maar as 'n mens mooi oplet, gaan daar tog baie by die watergat aan.

Ek is nogsteeds die drywer (met 'n "stallasie" wat ek gebou het om by die bestuurder kant uit te kan skiet) en sy sit agter. In die begin het ek nie so lekker die lig verstaan nie (hoe om te parkeer) nie, maar nou dat ek self fotos neem, verstaan ek beter.

Geniet dit!

Ek sal ek het al vir hom my Fuji gegee, 'n verkyker en 'n video kamera om hom mee besig te hou. Die verkyker word by die huis vergeet. Die Fuji is te stadig na sy sin en blur en met die video kamera word gekla as hy iets wil afneem bly my kop in die pad so hy kry niks afgeneem nie. Ek kan maar net nie wen nie.

Willem weet nou nie of jy weer hier sal uitkom nie. Maar ons mag nie die agtergrond ens. verander by die natuur nie, ek verstaan dit. Maar dit is net vir kompetisies en salonne, is ek reg. As ek bv. 'n canvas van 'n foto wil laat druk. Kan ek dan maar die agtergrond donkerder maak, meer laat blur of wat ook al om my onderwerp meer te laat uitstaan. Ek dink nou sommer.

@Elizma - Jy is reg - vir kompetisies en salonne mag jy geen manipulasie aan jou fnatuuroto doen nie.  Indien jy jou foto net vir jou vriende en familie wil wys, is dit 'n ander saak en kan enige iets met dit doen. Dieselfde geld vir wat jy wil doen. Gaan dus voort en geniet jouself. Keep on shooting!! 

Baie dankie Willem en Elizma vir hierdie interessante gesprek;  ek het nou sommer nog meer geleer.

Hi Tina - 'n plesier. Laat waai nou met 'n paar voorbeelde. Probeer ook die KOP discussion forum (ook op die wildsfotografie groep se site) wat ek begin het as jy wil hê ons moet 'n bietjie meer krities (sonder om persoonlik te raak) na jou fotos kyk.

RSS

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html