Tips en idees:

Ek dink dit is belangrik om net net fotos op die website te plaas maar ook praktiese raad en idees uit te ruil. Enige een is welkom om te deel. Laat ek maar begin deur my persoonlike opinies met julle te deel - wat ek ook op die Fotomentor program se website gedeel het. 

Views: 433

Replies to This Discussion

Moet jy swak fotos weggoi?

Indien jy 'n swak foto geneem het bv van die voël se vlerke geclip het, moet jy die foto delete? Nee, want jy kan slegs'n gedeelte van die foto gebruik. Dit was presies wat ek altyd wou doen - om die hele dier/voël te wys. Met my voël fotografie het ek tot ander insigte gekom - ek het 'n Lammergeier se vlerke geclip met een foto verby vlug en toe net die kop van die lammergeier wys (gecrop aangesien die voël te naby was en ek sy vlerke met die oorspronlike foto geclip het). Ek het egter besluit om nie die foto weg te gooi nie en iets anders probeer. Dit werk nie altyd nie, maar ek speel maar met alles.

Ja Willem Ek dink ook nogal dit sal goed wees as iemand kommentaar lewer want ek is ook n amateur. Maar ek wil graag hoor wat verkeerd is en hoe ek dit kan verbeter nie net mooi en goed nie

Min tyd tot jou beskikking (om besluite te neem) wanneer dit by wildfotografie kom:

Min tyd tot beskiking - yes ek stem saam. Maar ek het gou geleer om my kamera na 'n sekere default stelling terug te sit sodra ek klaar met 'n foto sessie is. Veral waar dit wildfotografie kom. Nog is aspek is om nie te wag vir die aksie om te gebeur nie, maar om die aksie te antisipeer. Sodoende beplan jy (gebeur gewoonlik so vinnig) vroegtydig. Nog 'n aspek wat ek vinnig besig is om aan te leer, is om jou kamera steling te verander sonder om jou oog uit die view finder te haal. Wat ek bedoel is om te weet waar al die knoppies van jou kamera is en die stellings "blindelings" te kan verander soos die omstandighede verander terwyl jy HEELTYD jou oog deur die kamera op die dier hou. In die begin het ek nice shots verloor deur vinnig op my kamera te kyk om bv die ISO of exposure te verander.

 

Moet ek elke keer op kamera kyk nadat 'n foto geneem is?

Laaste comment - ek skiet gewoonlik een of twee vinnige shots net om na die beligting (histogram) te kyk. Daarna bly ek op die dier of voël gefokus en bly fotos neem sonder om keer op keer na die fotos self (op die kamera) te kyk. Veral as daar baie aksie is. Ek kyk eers na my fotos wanneer ek dit op die rekenaar laai. Ek weet daar is mense wat nie kan wag om na die fotos op die agterkant van hulle kamera te kyk nie. Ek het ook al te veel shots gemis terwyl ek na my fotos op my kamera gekyk het. Buitendien kan 'n mens nie regtig mooi sien of jou foto in fokus is nie. EK gebruik meestal die histogram, uitbrand funksie en komposisie om vinnig na my beelde op my kamera te kyk. Daarna sit ek weer reg en wag vir/antisipeer die volgende aksie. Net my beperkte ondervinding sovêr met wildsfotografie. Graag hoor ek die ander se opinies.

Laat ons nou maar sien watter kommentare ons van die lede kry.

Willem as jy ek is lyk my moet jy. Het mos nou in die tuin gesit en speel met die hoë shutterspeed, neem die ou katjie af wat spring en boom klim, ek oefen mos nou vir die wild tyd sien, ag my hemel al die foto's was pikswart die shutter was te hoog die ISO te laag en die aperture lyk my dit was so tussen in, ek kon darem met gimp dit ligter maak, dat ek net kon sien wat ek afneem, en daar was nogal 'n baie oulike aksie foto van die katjie in die lug, maar nou ja, my histogram lê omtrent alles in die swart area so daar is nie veel te red nie, maar JOU raad sal ek volg en aanhou totdat ek die kombinasie van shutter en F'stop en ISO uitgefigure het. So 'seblief bly julle kamera stellings by die foto's sit.

Willem Kruger said:

Moet ek elke keer op kamera kyk nadat 'n foto geneem is?

Laaste comment - ek skiet gewoonlik een of twee vinnige shots net om na die beligting (histogram) te kyk. Daarna bly ek op die dier of voël gefokus en bly fotos neem sonder om keer op keer na die fotos self (op die kamera) te kyk. Veral as daar baie aksie is. Ek kyk eers na my fotos wanneer ek dit op die rekenaar laai. Ek weet daar is mense wat nie kan wag om na die fotos op die agterkant van hulle kamera te kyk nie. Ek het ook al te veel shots gemis terwyl ek na my fotos op my kamera gekyk het. Buitendien kan 'n mens nie regtig mooi sien of jou foto in fokus is nie. EK gebruik meestal die histogram, uitbrand funksie en komposisie om vinnig na my beelde op my kamera te kyk. Daarna sit ek weer reg en wag vir/antisipeer die volgende aksie. Net my beperkte ondervinding sovêr met wildsfotografie. Graag hoor ek die ander se opinies.

Aperture mode:

Ek skiet meeste van my wildsfotos op Aperture priority aangesien dit vir my die maklikste is. My default ISO is gewoonlik op 400 as ek begin ry, maar as ek stop kyk ek vinnig wat die omstandighede is. Eerstens wat wil ek met my diepte van veld bereik - klein voëltjie = groot gat (f4 of f5.6), groot voël, bang dat die vlerke sag gaan uitkom, dus 'n kleiner gat (f5.6 0f 6.0). My default f-stop is gewoonlik op die kleinste - f2.8 of F4.0. Stel vinnig die f-stop. Dan kyk ek na die lig en tipe voël dat ek nie die ligter dele gaan uitbrand nie. My default setting vir exposure is gewoonlik -0.67 (2stoppe onderbelig). Dan kyk ek wat ek wil afneem - sittende of aksie en stel my sluiterspoedspoed deur middel van ISO of exposure verstelling. Baie belnagrik, voor ek verder ry sit ek weer al my stellings terug na die defaults soos hierbo bespreek. EK het al te veel fotos verloor deur te skiet op die vorige shoot se stellings (wat totally verkeerd was).

 

Ek is mal daaroor om foto's van leeus en olifante te neem. Enige raad vir hoe ek my foto's kan verbeter? Ek vind dit veral moeilik om die regte foto van `n olifant te neem, ek is nooit seker waarop om te fokus nie - die oog, die ivoor, die oor?

\uap>

Hi Elz, moeilik om hier raad te gee aangesien dit 'n baie persoonlike benadering is. My persoonlike opinie - as jy eers 'n paar fotos van olifante geneem het, het jy fotos van olifante geneem. Daar is net soveel wat jy met "gewone" olifant fotos kan doen. Ek dus verstaan hoekom jy sukkel om die regte foto van 'n olifant geneem te kry. Deesdae probeer ek iets anders doen - soek sekere patrone of lyne wat jy met die olifant of dele daarvan kan beklemtoon. Daarom my foto van die oog van die olifant - wat al salon aanvaardings gekry het. Probeer dus heeltemal iets anders doen - nie net o die hele olifant of leeu af te neem nie.

\uap>Die fokus - hang af van wat jy wil beklemtoon. Die normale benadering is om op die oog te fokus, maar weereens - wat wil jy hê moet die kyker op fokus? Die area moet in fokus wees en baie prominent wees. Indien daar mooi lyne op die tande is, dan moet die tande/ivoor in fokus wees. Dus moet jy vooraf besluit wat jy met die foto gaan doen, fokus daarop plaas en die foto neem. Jy kan dan later die foto dienooreenkomstig crop - indien jy nie 'n super zoom lens het nie.

\uap>Hoop dit help om jou 'n bietjie te laat dink. Ek sal kyk of ek op later stadium van my leeu fotos pos.

\uap>
 
Elzaan le Roux said:

\uablockquote cite="http://fotoskool.co.za/forum/topics/raad-en-idees-rondom-wildsfotografie?groupUrl=wildsfotografie&#3171326Comment212983">\ua
\ua
\ua

Ek is mal daaroor om foto's van leeus en olifante te neem. Enige raad vir hoe ek my foto's kan verbeter? Ek vind dit veral moeilik om die regte foto van `n olifant te neem, ek is nooit seker waarop om te fokus nie - die oog, die ivoor, die oor?

\ua

\ua
\ua
\ua/blockquote>

Ek het 'n vraag van Abraham rakende my besluitneming oor my ISO met my bird fotografie vandag gekry. Ek dog ek deel sommer my benadering tot bird fotografie in 'n neutedop met julle - vir enige kommentaar asb.

 

My benadering tot bird photography in die Kgalagadi en/of ander park waar ek uit 'n voertuig moet skiet:

 

1. Eerstens probeer ek gou die bird identifiseer - dit is maar net my natuur aangesien ek nou 'n belangstelling het in birds ontwikkel het en ook kan die gedrag van die tipe bird jou benadering tot die foto wat jy wil neem, beinvloed.

2. Dan kyk ek wat die bird besig is om te doen, hoe hy/sy sit en hoe waai die wind (met groter raptors aangesien hulle die wind gebruik om op te styg). Dit gee my 'n idee van watter foto ek sal kan neem. 

 

Na die twee stappe weet ek al wat ek wil afneem - 'n statiese bird of BIF (bird in flight), dit neem gewoonlik 'n sekonde of vyf terwyl ek die motor tot stilstand bring.

 

3. Ek probeer my kamera stelling na elke shooting sessie terug na my default bring (Aperture priority, f4, ISO 400 en exposure = -0.33, WB = sunlight). Terwyl ek my kamera van die sitplek afhaal en opstel, dink ek al klaar aan my kamera stellings:

3.1 Groot bird - redelike groot f-stop (f5.6-6.3 afhangende van die afstand) sodat alles van die bird in fokus gaan wees.

3.2 Klein bird - klein f-stop (f4) want 'n klein velddiepte sal sommer die hele bird dek.

3.3 Wil ek 'n statiese shot skiet - sluiterspoed is nie belangrik nie

3.4 Wil ek 'n BIF skiet - ek moet sluiterspoed bo 1/2500 kry en daar hou.

3.5 Is die lug agter die bird skoon - stel tipe fokus punte dienooreenkomstig

 

Weereens neem dit net 'n paar sekondes.

 

4. Met kamera opgestel en gefokus op die bird, stel ek vinnig my f-stop dienooreenkomstig. Dan gebruik ek my ISO (stel hoer) en exposure (minder lig inlaat) setting om my verlangde sluiterspoed (BIF bo 1/2500 of selfs 1/3200 in kleiner birds) te kry. Baie maklik om te doen indien my kamera op my bird default setting is.

4.1 Nou neem ek 'n vinnige foto en kyk vinnig na my histogram of stellings korrek is en dat ek nie dele van bird uitbrand nie.

4.2 Maak die nodige regstellings (gewoonlik terwyl ek deur die view finder bly kyk) en skiet daarna die regte skote of wag vir bird om te vlieg of iets derglik te doen (aksie foto).

 

Soos ek reeds voorheen genoem het, het ek myself geleer om nie na elke skoot die foto op die skerm te bekyk en te bevorder nie. Net as ek onseker oor my kamera stellings is, sal ek vinnig na 'n foto op die kamera kyk. Eers as ek klaar met 'n shooting is, sal ek die fotos terugspeel en slegs vinnig daarna kyk. Slegs na die rit sal in meer detail na die fotos op my laptop kyk.

 

Dit is my benadering as rookie/newbie/probie in wildsfotografie - graag hoor ek die gurus se kommentaar op my benadering. Ek is seker my benadering gaan verander soos ek ontwikkel en leer (en het ek nie al in hierdie kort tydjie geleer nie).

Vier aspekte wat my voële fotografie verbeter het:

1. Toerusting: Ek het in die begin met 'n Nikon D7000 kamera en 'n Nikon 70x300mm f5.6 lens die voëls probeer afneem. Die kombinasie het goed gewerk met die groter voëls, maar ek het gesukkel om die kleiner vinniger voëls skerp afgeneem te kry. Ek het toe vir my 'n beter lens (Nikon 70x200mm f2.8) gekoop en my voël fotografie het dramaties verbeter. Om nie eens te praat toe ek die Nikon 600mmf4 lens aangeskaf het nie. Toerusting maak defnitief 'n verskil.

2. Name en gedrag van voëls: Verder het ek my ook  begewe om die name en gedrag van voëls te begin leer ken. Dit maak 'n wesenlike verskil aan jou fotografie. Net een voorbeeld - indien jy 'n groot roofvoël sien sit, wag tot hy sy ding klaar gedoen het (toilet parade) - dan weet jy hy gaan nou opstyf. Hy maak homself ligter om op te styg - is die gesegde. Werk nie elke keer nie, maar ek het al great shots so gekry.

3. Oefen: EK oefen gereeld sommer in die middae op die kleiner (mossies, vinke, Cape robin chats, duiwe) voëls in my tuin.

4. Geduld - wat kan ek sê? Sekerlik een van die belangrikste aspekte van voël fotografie. Moenie dink jy sal sommer net gaan sit en binne 5min uitstekende voëls fotos neem nie.

Single or continuous shooting mode:

Ek skiet al my wildsfotografie op continuous shooting mode betekende dat as jy die knoppie inhou, bly jou kamera fotos neem. Met die Nikon D3s skiet ek maklik teen 10 frames/shots/fotos per sekonde. By die roller foto het ek byvoorbeeld 5 shots/fotos van die roller gekry wat skerp was (terwyl hy opstyg) en voordat hy uit die kamera se frame verdwyn het. Die foto wat ek hier gebruik het, was die derde foto van die reeks/derde foto vandat hy begin opstyg het. Op te som - ek bly dus heeltyd sit en gefokus op hom, en indien hy 'n indikasie gee dat hy gaan vlieg (baie keer kan jy sien die bird se lyf sak om weg te trek - nie so maklik by kleiner birds nie, maar duidelik by die groter raptors) begin ek skiet.  

RSS

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html