Information

Wildsfotografie

Kom deel gerus jou wildlewe fotografie in hierdie groep...

Members: 77
Latest Activity: Feb 9

Discussion Forum

Kritiek & Opinie Paleis (KOP)

Started by Willem Kruger. Last reply by Willem Kruger Mar 7, 2013. 29 Replies

Na aanleiding van 'n discussion blog op die hoof bladsy van Fotoskool, het ek gedink om hierdie discussion te begin vir die ernstige wildsfotograwe (wie is nie - dit is tog hoekom ons op Fotoskool…Continue

Nie maklik daar bo

Started by Frank Swan. Last reply by Willem Kruger Nov 3, 2012. 1 Reply

D7000  sigma 50-500   geneem teen 240mm auto iso 560  1/2500s  f6.3 OEV auto1,0,0Wat kan ek doen om dit beter te kry .…Continue

Natuur fotos en agtergrond

Started by Willem Kruger. Last reply by Willem Kruger Oct 31, 2012. 7 Replies

Elizma het 'n interesstant vraag gevra na aanleiding van my vraag/comment op Stephen se Bokmakierie foto. Wat kan gedoen word aan die agtergrond van wildsfoto? 1. Konsentreer op die agtergrond. In…Continue

Fotos in "pose-mode"

Started by Trudie Basson May 30, 2012. 0 Replies

Hallo julle, ek gaan oor n paar weke bietjie fotos neem by die Cheetah experience plaas en soek raad van wat sal die beste fotos wees om op te fokus om te neem. Daar sal sekerlik nie aksiefotos wees…Continue

Comment Wall

Comment

You need to be a member of Wildsfotografie to add comments!

Comment by Willem Kruger on April 16, 2013 at 4:56pm

Hi SJ, ek neem aan jy soek "opregte" kommentaar anders sou jy nie die foto hier geplaas het nie. Ook het ek die KOP (kritiek en opinie paleis) forum begin. Met die doel om opregte kritiek en opinies op fotos te lewer sonder om persoonlik te raak.

 

Jou foto - ek hou van die komposisie, die vlakvark wat van die linkerkant (bo uit die hoek) van die foto inbeweeg. Dit laat jou oog van links inlei en dan stop jou oog by sy kop. Die crop/afsny by sy lyf werk vir my - ek het nie 'n probleem daarmee nie. Lekker tight gecrop - ek hou daarvan, lyk nie of jy sy voete afgesny het nie. Onthou dat indien 'n dier se voete in die gras of water wegraak, moet jy nogsteeds genoeg plek los dat dit lyk of sy voete/bene plek met om in te pas. In die foto is dit op die grens vir my. Verder 'n lekker skerp foto met detail in sy hare -great gedoen. Lekker geblurde agtergrond - dus was jou f-stop (velddiepte) genoeg. Ongelukkig het jy nie al die kamera setting/detail verskaf nie - dan kon ek nog verder lekker gesels het.

 

Vir ander lesers - belangrik om kamera settings ook te gee saam met foto. Dan kan 'n mens net 'n lekkerder gesprek voer.

 

Twee groot probleme egter: (1) die rigting waarin die son val - sy hele gesig is donker. Alhoewel dit nie lyk of jy te veel detail in daardie donker dele verloor het nie. Met die nodige sagteware (Photoshop/Capture NX2) kan jy daardie donker dele van sy gesig ligter maak sodat ons meer van sy gesig en meer spesifiek sy oog kan sien. (2) Die takkies hier voor sy gesig/nek is steurend alhoewel dit in focus is (dit help so 'n bietjie). Soms wil 'n mens die diere in hulle natuurlike omgewing afneem, maar wees maar versigting met die voorgrond/agtergrond. Somtyds werk die takkies, somtyds nie. Hier het dit nie vir my gewerk nie - miskien omdat die gesig te donker is (en ek werk met 'n kalibeerde skerm - so dit is dus nie my skerm nie).  

 

Sommer net 'n persoonlike opinie - jy kan daardie "horing" op sy gesig met 'n burn tool van Photoshop net terugverf - die horing lyk 'n bietjie te helder. 

 

Ek hoop dit help - hoop om meer van jou fotos hier te sien.

Comment by SJ Botha on April 16, 2013 at 1:57pm

Foto geneem in Chobe wild reservaat, Botswana. Enige kommentaar welkom.

Comment by Willem Kruger on January 27, 2013 at 4:04pm

Ek het Deel 2 van my trip report oor ons November 2012 besoek aan die Kgalagadi op my blog gesit - vir diegene wat belangstel: http://willemkruger.wordpress.com/2013/01/27/trip-report-kgalagadi-...

 

Comment by Willem Kruger on January 23, 2013 at 10:43am

Ek is darem bly om te sien daar is nog lede wat wildsfotos het om hier te plaas. Thanks Schalk en Kosie.

Comment by Kosie Smith on January 22, 2013 at 7:48am

Comment by Schalk Burger on January 21, 2013 at 6:30pm

Ek Het hierdie foto`s by Hartenbos geneem. Daar is `n grppt wilgerboom waarin honderde voëls sit, broei en oornag.

Comment by Willem Kruger on January 6, 2013 at 8:26am

Lyk nie regtig of hier iets op die site aangaan nie, maar hier is die link na my nuutste trip report re: Kgalagadi 2012 wat ek op my blog gesit het: http://willemkruger.wordpress.com/2013/01/05/trip-report-kgalagadi-... 

 

Fotos soos:

 

Comment by Willem Kruger on December 8, 2012 at 11:22am

Weereens 'n suksesvolle naweek trip na Mokala in Oktober 2012 onderneem. Trip report gepos op my blog soos gewoonlik: http://willemkruger.wordpress.com/2012/12/08/trip-report-mokala-nat... 

 

Fotos soos:

Comment by Willem Kruger on November 21, 2012 at 4:56am

Ek her verlede naweek 'n baie interessante trip report van ons fotografie safarie na die Masaai Mara op my blog geplaas - vir diegene wat belangstel: http://willemkruger.wordpress.com/2012/11/18/trip-report-masaai-mar...

Fotos soos die:

Comment by Willem Kruger on November 1, 2012 at 6:42am

Een van my gunstelinge van die Giants Castle trip:

 

Members (77)

 
 
 

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html