Leer fotografie op 'n lekker prettige manier
Vir lede om gevorderde tegnieke en wenke te deel...
Members: 27
Latest Activity: Sep 28
Started by Josef Steyn. Last reply by Josef Steyn Feb 1, 2012. 2 Replies 0 Likes
Ek het so pas aangesluit by hierdie groep en ek kry die indruk dat slegs een persoon deelneem en die groep gebruik om groot getalle fotos te laai waarskynlik met die doel om kommentaar te verkry. Mag…Continue
Comment
Juan ek kan definitief net by jou leer van landskap fotografie, jou fotos is regtig goed! En daar is nie iets wat ek kan sê wat ek anders of beter sou doen nie! Ek sal bietjie n poging van landskap fotografie later opsit en hoor wat julle dink.
Vir nou hoor ek graag julle opinies van hierdie foto http://fotoskool.co.za/photo/phillip-night-couple-shoot
Plesier Josef, geen probleem nie
Ek sien! Ja ek hoop om dit voltyds te doen eendag, ek probeer maar in kom by National Geographic, dit is nog n lang pad om te loop maar hopelik eendag, mens moet maar groot drome he en daarna toe werk, Ek stem heeltemal saam, vandag is dinge baie makliker met digitaal!
Ek het al photoshop, maar ek wens ek kon die nuwe een he, dit is so klein bietjie duur so sal maar moet spaar todat ek dit eendag kan bekostig
My vriendin wil vir my een van haar ou film kamera's gee, sal nogals nice wees om daarmee te kan experimenteer dink ek!
Juan, ek neem al 44 jaar fotos! Ek is 'n voltyds kommersiale fotograaf en het in my lewe omtrent alle tipe fotos geneem. Voël fotografie is die mees uitdaagende tipe fotografie en dis hoekom ek in my spaar tyd maar voëls afneem. Hulle is nooit in die regte plek nie, kyk nooit vir die kamera nie en sit nooit stil nie. Vandag is dinge baie makliker as wat dit in die film tydperk was veral as dit by HDR en blending kom.
Jip, die boonste foto was HDR in Photomatix en die onderste 'n blend in CS5. Dalk moet jy vir jou Gimp aflaai (dit is gratis) wat baie dieselfde funksies as PS het. Kry dan 'n paar opleiding cd's van Igno af en begin maar daar. PS Elements 10 is ook nie so duur nie (omtrent R1000) en het baie van die volle PS se funksies.
Dankie vir die uitnodiging Juan. Jy en Robbie het nou reeds vir my 'n hele klomp inligting gegee deur die tegnieke te noem wat julle gebruik. Ek gaan bietjie die internet raadpleeg en as ek 'n spesifieke probleem het gaan ek julle raadpleeg. Nogmaals dankie.
Nice! Ek hou daarvan, Ja ek het gesien jy skiet meestal voels? Wel om fotofanatix anyway, ek sien op jou bladsy op fotoskool skiet jy mense ook! Ek het vir my n 50mm F1.4 gekry, Speedlite 580 EX II en n Flash Reflector, sal miskien begin mense afneem om so bietjie te experimenteer met die hele ding. Ek wens ek het geld gehad vir CS5, meeste van my vriende gebruik CS5, Ek het ook n vriend wat Artizen HDR gebruik vir n mooi, realisiese HDR. Ek verkies dit om liewers exposure blending te doen, ek dink dit lyk meer realisties, maar dit is nie te se HDR is sleg nie, ek het vir die afgelope 2 jaar net HDR gemaak.
Ek was in Amerika vir n Jaar en ek het die 15de Oktober eers terug gekom. vandat ek terug was kon ek nie genoeg kry van fotos nie omdat ek vir n hele jaar niks kon neem nie. Ek leer deesdae baie van Hougaard en ander fotograwe op 500px. Dit help nogals baie. Ek gebruik ook net n CPL met my fotos.
Ek moet se, die boonste foto lyk nice, is dit in photomatix gedoen? Die onderste een lyk asof dit n photoshop blend is? Baie nice
Dankie Robbie, ek neem aan jy maak dan HDR's in Photomatix as jy 5 verskillende exposures gebruik? Watse lens gebruik jy vir jou Landskappe? Ek gebruik die Sigma 10-20mm DC HSM F3.5. Gebruik jy enige filters met jou fotos? Ek het met so paar bekende fotograwe gepraat en hulle se hulle neem beter fotos sonder enige filters(ND / GND or Reverse ND Filters), al wat hulle gebruik is UV en CPL filters. Ek het gedink om vir my so paar LEE filters te koop maar hulle is duur. Ek wonder maar as dit regtig n verskil sou maak as jy een donker en een ligte exposure saam blend in plaas van n ND2 / ND4 or ND8 te koop.
© 2019 Created by Igno van Niekerk.
Powered by
You need to be a member of Gevorderde Fotografie to add comments!