Information

Nikon Gebruikers

Members: 78
Latest Activity: Aug 1, 2016

Discussion Forum

Nikon V1 Kamera

Started by Leon. Last reply by Johann du Toit May 23, 2015. 1 Reply

Geen terug voering met my vorige kommentaar oor die Nikon v1 en dis duidelik dat lede meer in die DSLR tipe kameras glo as is van die sogenaamde "mirrorless" kameras.So toe koop ek ook 'n Nikon D32OO…Continue

"Prime" lens.

Started by Niekie van der Merwe. Last reply by Chris Jooste Nov 11, 2014. 3 Replies

Hi almal !  Ek soek bietjie raad asseblief.  Ek het 'n DX, m.a.w. 'n "crop sensor" kamera, en ek wil graag 'n "prime" lens koop.  Ek is egter onseker of ek die Nikon 35mm f1.8 of die Nikon 50mm f1.8…Continue

Goeie diens

Started by Chris Jooste. Last reply by Chris Jooste Apr 1, 2014. 3 Replies

Ek het aan die begin van die jaar Centurion toe verhuis en een van my groot vreugdes is om naby aan Nikon se netjiese kantoor te wees. Ek het my Nikon D90 op 'n Saterdag daarheen geneem vir 'n diens…Continue

Energy Savers

Started by Reinhardt Ras Mar 12, 2014. 0 Replies

Goeie dag. Ek sal graag wil weet watse lig tipe ek moet kies as ek in n kamer n foto wil neem wat energy savers in het?

Comment Wall

Comment

You need to be a member of Nikon Gebruikers to add comments!

Comment by Martha van der Westhuizen on February 25, 2012 at 3:46pm

Dankie aan Radiolens, Pretoria wat my kamera gratis van alle "dust bunnies' op my sensor skoongemaak het. Hulle is ook van mening dat die "vibration mode" 'n foefie is en glad nie effektief is nie.

Comment by Tillie Beaton on February 25, 2012 at 3:33pm

Bertie, baie geluk met jou nuwe kamera!  Volgens Nikon is die D7000 'n semi-professionele kamera (haha!) en daarom kwalifiseer mens nie meer vir die free camera training voucher nie. Jy kan dalk vir Jackie by Artic Digital in Preller Square.  Miskien kan sy jou meer raad gee.  Sy het vir my 'n nommer van iemand hier in Bloemfontein gegee wat my moontlik kan help.  Ek sal vir jou laat weet as ek reggekom het.

Comment by Bertie Johan Theron on February 25, 2012 at 8:25am

@Tillie. Tillie jy het mos 'n "free camera training voucher" saam met jou D7000 gekry. Ek het 'n D5100 gekoop en op die voucher gelees dat indien daar genoegsame belangstelling is, hulle die kurses in Bloemfontein sal aanbied.Ek sal kyk of ek erens my naam op 'n waglys kan kry, want ek wil ook graag 'n kurses, spesifiek in my kamera loop.

Comment by Bertie Johan Theron on February 22, 2012 at 1:58pm

Whoop Whoop!! Na 'n ongelukkige gebeurtenis wat my Nikon P500 laas Vrydag uit my bakkie gesteel is, het ek darem goeie nuus gekry! Die versekering betaal gelukkig die kamera se vervanggingswaarde uit! Ek het egter bietjie gejeuk en nie genoeg gekrap nie. My Nikon D5100 met 18-55mm en 55-200mm lense is oppad!! So... Ek gaan julle mense nog baie lastig val met vrae en raad.

Kan nie wag nie!!

Comment by F.J.van de Venter on February 3, 2012 at 10:19pm

Ek het in Desember 2010 n NICON 3100 vir my gekoop. Ek is n beginner maar kry nie veel tyd om af te neem nie.My voorneme is egter om in die nuwe jaar baie meer geleenthede vir my te skep om te leer om baie meer fotos te neem.Ek nooi alle fotograwe vriendelik uit om my fotos te beoordeel,ek is bereid om baie te leer en is oop vir kritiek.Baie dankie sover en groete aan alle fotograwe.Lekker neem en geniet elke foto.Onthou elke foto is uniek,want u sal nie weer n kans kry as u dit laat verby gaan nie.Groete.   Frederik van de Venter

Comment by Tillie Beaton on January 18, 2012 at 12:52pm

Dankie Frans, ek gaan kyk of ek iemand kan kry.  Ek het die nuwe Nikon tydskrif gekry, maar ek is nog steeds net so deurmekaar :) 

Comment by Frans van Heerden on January 18, 2012 at 6:27am

Tillie

Jy kan dalk die mense by Nikon se HK in Centurion skakel en vra daar of hulle van iemand weet wat jou dalk n bietjie touwys kan maak. n Ander persoon wat dalk kan help is die befaamde Nikon fotograaf Lou Coetzer. Op n stadium het hy en sy seun Henri beide produk kennis opleiding namens Nikon gedoen. Kyk ook op di einternet na die site "Ask Linda" ek is nie seker nie maar die site het ook dalk n aanlyn opleidings sessie vir die D7000. Dan is daar nog Ken Rockwell wat jy op die internet kan raakloop en die ou is n kundige met Nikon kameras en lense. Ek dink die instansie "Jumpstart" het dalk reeds n opleidings pakket beskikbaar vir die D7000 - hierdie een is ook via die internet beskikbaar en jy kan bv. die total opleidings pakket ook as n "app" op n iPad afleei. Die ouens se opleidings materiaal is uitstekend. Baie geluk met die aankoop ek is seker die kamera gaan vir jou baie ure se plesier gee. As ek dalk verder moet help, stuur gerus n epos aan fheerden@kockw.com

Mooi loop

F

Comment by Tillie Beaton on January 17, 2012 at 8:15pm

Weet julle van iemand wat 'n one-to-one kursus in Bloemfontein aanbied vir die Nikon D7000 en ook die werking van Flashes en remote triggers?  Dit is alles nuwe goed en ek sukkel so bietjie.  Ek was by Igno se kursus voorheen toe ek die D60 gebruik het, maar ek het so pas die Nikon D7000 gekry met flashes en lense ens, en het nou bietjie ekstra hulp nodig.

Comment by Frans van Heerden on November 1, 2011 at 8:47am

Etienne,

Ek kan maar net my kop in ongellof skud. Waar gaan die tegnologie heen? Hoe bly n mens by? Ek was baie opgewonde toe een vd Nikon tegnici in SA vir my vertel het as n mens n D3s koop het jy n goeie kamera vir n baie lang tyd - en kyk wat is op pad, D4? D800? en wat dan? Ek redeneer altyd dat n 12M pixel kamera is meer as voldoende maar dan sien n mens n 36 Pix kamera en n ou wonder of die 12M pix kamera regtig so goed is? Om my sak te beskerm moet ek maar dalk bly glo vir my doeleindes is n 36 pix kamera goed genoeg anders moet ek haas elke jaar n nuwe kamera koop Wat dink jy?

Comment by Frans van Heerden on November 1, 2011 at 6:45am
Hierdie "klub" is meer as die moeite werd.Ek kan lidmaatskap vir enige Nikon gebruiker ten sterkste aanbeveel. So terloops, het daar iets gekom van dei formidabele D 800 wat op 26 Okt aangekondig sou word?
 

Members (77)

 
 
 

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html