Temafoto: Mei - Junie 2013!
Hallo Almal,
Vir die volgende maand kan jy jou temafoto instuur met die titel "konsternasiestasie." Onthou asseblief om die foto te noem: temafoto:konsternasiestasie. As die titel nie reg is nie kan ons dit nie opspoor wanneer ons wil beoordeel nie! Die temafoto-uitdaging sluit op Saterdag 8 Junie om 20:00 die aand. Ons kan nie wag om te sien waarmee julle vorendag kom nie.
Die wenner sal twee van my Photoshop-opleidings DVD's wen.
Groete
Igno