Hallo Almal,
Op hierdie bladsy vertel ek meer van die opleidings DVD's wat ek
te koop aanbied.
Die DVD's kos R100.00 stuk vir persone wat dit kom afhaal
(Bloemfontein), of voeg R20.00 posgeld byas ek dit iewers heen (in
Suid-Afrika) moet pos. Ongelukkig het ek nog nie 'n lekker internet
trollie sisteem nie, en moet mense wat DVD's wil bestel vir my 'n
e-pos stuur (igno@intekom.co.za) om te laat weet watter DVD's
hulle in belangstel, en dan kan ons reelings tref in terme van
betaling en versending.
Hier volg 'n kort lysie van DVD's huidiglik beskikbaar:
Leer Photoshop
Layers:
Op hierdie dvd verduidelik fotograaf en
Adobe geakkrediteerde Opleier, Igno van Niekerk die beginsels van
“Layers” in Photoshop. Igno is ‘n gekwalifiseerde Photoshop en
Ligthroom ACE (Adobe Certified Expert), en stigter van die
internet netwerk vir fotograwe (www.fotoskool.ning.com). Sy eie
foto’s en stories verskyn by: www.pixelpostcards.com
Hoewel die DVD op sekere kommersiële dvd-spelers sal speel, word
dit aanbeveel dat dit op ‘’n rekenaar gebruik word. In sommige
gevalle sny TV skerms ‘n deel van die beeld uit.
Op hierdie DVD wys Igno onder andere:
Die basiese beginsels van Layers
Adjustment Layers
Teks en Layers
Layer maskers
Hoe om layers met mekaar te vermeng
Meer oor die Background Layer
Hoe om tyd te spaar deur layer comps
Wat Layer groepe en skakeling behels
Deursigtigheid van Layers
Pret met Photoshop: Deel
1
In 10 kort lesse leer Adobe
Gesertifiseerde Opleier, Igno van Niekerk u om speel-speel met
foto’s te toor...Igno wys onder andere:
1) Hoe om ‘n motiveringsplakkaat te maak.
2) Laat ’n voorwerp uit ‘n raampie vertoon
3) Vinnige gebruik van die History Brush
4) Speel met seleksies
5) ’n Zoom bars spoed effek
6) Maak ‘n Filmplakkaat
7) Jou handtekening as ’n “brush”
8) ‘n Sagte-fokus effek
en nog baie meer.
Inleiding tot Photoshop
Seleksies:
Op hierdie DVD wys Igno onder
andere:
Eenvoudige seleksies en raampie effekte
Vignette effekte met seleksies
Verskillende “tools” vir seleksies
‘n Vinnige kaartjie - collage
Maklike agtergrondverwydering
Basiese gebruik van maskers
Gebruik van gradiente
Elke les het ook ten doel om meer inligting oor
ander funksies van die program ook weer te gee.
Photoshop Troufoto
Tegnieke:

Op hierdie DVD wys Igno onder andere:
Eenvoudige verbeteringe met Curves
Om net een kleur in die foto te hou
Maak vinnig ‘n webwerf of PDF met Bridge
Fokus met ’n kalklig
Template wat jy weer kan gebruik
Raampies met die History Brush
Verf van rame
Aksies
Elke les het ook ten doel om meer inligting oor
ander funksies van die program ook weer te gee.
Photoshop - Ontwerp
Effekte:
Op hierdie DVD wys Igno
onder andere:
Hoe om ‘n paspoortstempel te maak
Gebruik patrone vir “advertensie” voorkoms
Skep ’n brush om effekte te skep
‘n Raampie wat lyk of dit gebrand is
Speel met lig
Barslyne vir advertensies
En nog baie meer...