Fotostorie kompetisie

Hallo Almal,

Ek deel graag die inskrywings vir die foto's en stories kompetisie.

Hier is Chris de Wet se storie:

Hallo Igno

My storie is dalk nie 'n goeie storie nie en dalk nie 'n storie om oor te vertel waar die verkeersowerheid naby is nie, maar nou-ja, hier's my storie. April verlede jaar bied Hennie Cronje weer 'n kursus by Balloch aan. Op pad terug huis toe besluit ek om 'n alternatiewe roete te ry. By Aliwal Noord swaai ek weg in die rigting van Burgersdorp om met sulke agterafdraaigrondpaaie, wat eintlik lyk my, net deur die plaaslike boere gebruik word, koers te kry in die rigting van Bethulie en dan na Bloemfontein.

Die weer was maar reënerig, die veld vars, en die sonlig mooi as dit tussen die wolke kop uitgesteek het. Terwyl ek so op die Sondagmiddag, slaaptyd vir die omgewing se mense, op die verlate grondpad ry, merk ek  voor my op 'n afstand 'n klomp spikkels in die pad op.Verwonderd probeer ek dink wat dit kan wees. Mettertyd en en te gou om behoorlik planne te maak kom ek agter wat aan die gang is. 7 Bakoorjakkalse het linie opgestel teenoor 'n klomp meerkatte naby lg. se gate langs die pad en een of ander onderonsie het hom daar op hierdie besonderse middag afgespeel.

Toe ek naderkom het die meerkatte in hulle gate verdwyn. Die Bakoortjies het omgevlieg en laat spaander, padlangs.

My kamera het langs my gelê en ek het (sjuut) in die ry begin foto's neem. So met die knieë probeer stuur, met 'n oog op die pad en 'n ander deur die sluiter en ander, sommer so in die algemene rigting van die vlugtendes !

Dit het die besonderse mooi middag in 'n roekelose avontuur verander met 'n klompie foto's wat die seel op 'n fantastiese week geplaas het. Hier's een foto van 'n reeks.

 

Groetnis

Chris de Wet

 

En hier is Hennie Viljoen se storie:

Hallo… ek het die lelspreeus dopgehou by die voerplek… lekker saamgeëet… toe die kos min raak.. hierdie venynige aanval…. Kan nie help om te dink… wees maar altyd versigtig.. baie versigtig… hier in afrika… veral by Mangaung… veral  as ‘n 2e termyn ter sprake is.. groete 

 

Bia Geldenhuys vertel hierdie kostelike storie:

Ons het pas 'n motor gehuur in Frankryk en moes petrol ingooi. Daar het die moeilikheid begin:
  Daar is geen petroljoggies nie, jy moet jou krediet kaart gebruik, die aanwysings op die
  pomp is in ... Frans!  Geen mens in sig wat Engels, Duits, Hollands  of Afrikaans kan praat nie!

 

Hier is Frans se storie:

 

My winter

Hierdie vertelling het sy ontstaan aan Hennie te danke. Hy het by my navraag gedoen oor die plek waarvan ek n reeks fotos op Fotoskool gelaai het, tw n spesiale streek in Swede, bekend as Lapland

In Kuwait, het ons in Februarie twee lang naweke. Die eerste is vroeg in Februarie en die laaste is teen die einde van die maand. Beide langnaweke bied geleenthede om, as jy sensitief is vir die wanderlust in jou, die geleentheid om te reis. Ek wil ook byvoeg dat die Midde Ooste nie verniet die naam dra nie – dit is in die middel en sou n mens bereid wees om 6 -8 uur te vlieg, kan baie plekke besoek word.  Dier vlug kan in enige van die vier wind rigtings gaan en in n japtrap is n mens in besonderse mooi plekke in die wereld.

Uit die aard van die saak, is die maand Februarie in die  winter seisoen in die Noordelike halfrond. Met die vinnig naderende lente en somer, gaan soek ek graag n koue winters omgewing. Behalwe dat die natuurlike koue, so glo ek, n mens van allerande kieme en wie-weet-wat-nog se potensiele siektes kan bevry, bied die winters van die noordelike halfrond besonderse fotografie geleenthede.

Swede was n land wat ek wou besoek. Ek het van n provinsie in Swede, tw Lapland gehoor en my eie navorsing begin doen. Dit het my nie lank geneem om te besluit dat Lapland die volgende reis bestemming sal wees nie. Ek het vas gestel dat n toer na Lapland my op die spoor van Vader Kersfees en sy takbokke sou plaas. Ek het ook vas gestel dat Lapland een van die min plekke is waar n Ys hotel bestaan. Ek het met nuwe belangstelling verdere navorsing gedoen.  Sommer gou was die  plek en tyd was gestel.

N goeie verwysings punt om jouself te orienteer, is Heathrow lughawe net buite London. Van hier haal jy n vlug na Stockholm en dan weer n vlug na n klein dorpie in die noorde van Swede by name Kiruna.

Die Ys hotel bestaan uit twee gedeeltes. Die een gedeelte is n gewone hotel met tipiese kamers en badkamers wat onder een dak is. So kan gaste n hele blok huur en die 6 of 8 families en of vriende bly in die verskillende kamers in n bepaalde blok.

Die ander gedeelte is die ys kamers. Dit is ook n standard hotel met n paar belanrike verskille wat oa insluit:

  • Strukture wat uit soliedie bloke ys gebou word;
  • Strukture wat slegs in die koue wintermaand staande bly en funksioneel is;
  • Hotel kamers waarvan die meubels uit ys blokke vervaardig is
  • Hotel gange met mure van ys;
  • Hotel kamers sonder badkamers
  • Beddens  uit ys bloke vervaardig,  met goed voorbereide takbok vel as isolasie  bedek is en waarop n gas  n nag kan slaap

Toeriste reis na die Ys-hotel vir n paar redes. Eerstens om n nag in die Ys-hotel se yskamers, te gaan slaap. Dan om die natuurskoon te beleef en ook om te ski. N ander rede is natuurlik om die Aurora Borelealis of die Northern Lights te sien. En, natuurlik, om te gaan fotos neem.

Dis n maklike vlug met sinvolle aansluitings tye tussen die vlugte. Die lughawe in Stockholm is nuut en modern en n mens kan jou rigting maklik vind.

Met ons aankoms op Kiruna se lughawe het  die toeriste muni-bus van die Ys-hotel reeds gewag.  Die kort afstand na die Ys hotel het ons in minder as 20 minute afgele. Dit was reeds donker met ons aankoms. Die dorpie het n klein lughawe wat  groot genoeg is vir n Boeing om daar te land.  N goeie vergelyking sal n lughawe so groot soos die van Oos London wees. Vandaar gaan jy per motor na die dorpie Jukasjarvi en die Ys-hotel

Soos hierbo genoem, bestaan die Ys-hotel uit twee gedeeltes. Beide gedeeltes is op die walle van die Torne rivier gebou.

Ons eerste aand was in n gewone hotel kamer. Gemaklik. Klinies skoon en  modern. Ek het die ontvangs deur die Sweedse hotel personeel as teleurstellend beleef. Geen teken van interpersoonlike warmte wat  so tipies van die Amerikaanse, Spaanse, Switserse en Griekse, hotelle  nie.

Die tipiese bespreking is drie nagte waarvan een nag in een n van die ys-kamers van die Ys-hotel  is.

Die eerste dag was n verkennings dag. Die Ys-hotel leen  aan elkeen van hulle besoekers die aangewese klere – n sneeu pak en sneeu stewels. 

Ons het gaan “snow shoe”. Die hotel leen jou n paar sneeu skoene – dit is platvorms wat van plastiek gemaak is en wat soos n ski aan jou voete gekoppel word. Daarmee gaan stap jy in die sneeu. Die voordeel is dat jy n groter area het waarop jou voete kan rus  en in die sneeu kan trap.

Na n staptog van bykans vier uur het die knus kroegie van die Ys-hotel n heerlike ruskans gebied.

Die tweede dag was ook die dag vir ons nag se slaap in die ys-kamer.  Op n gegewe tydstip het al die gaste, wat die bepaalde aand in die ys-kamers sou slaap, in die foyer van die Ys-hotel ontmoet. N deeglike orientasie van die ys-kamers asook prosedures oor hoe om in n omgewing van minus 5 grade Celcius te oorleef en te slaap, het gevolg.

Die Ys-hotel se ys-kamers word jaarliks gebou. Die ysblokke waarmee dit gebou word, word met spesiale toerusting uit die ys van die bevrore Torne rivier gesaag en gebou. Die proses begin so gou as wat die rivier se vloei tot stilstand kom en hy in sy winterslaap verval.  Aan die einde van die winter sorg die natuur dat die gebou letterlik weg smelt en die water vloei dood eenvoudig in die Torne rivier terug. Die ysblokke word nie  besmet met kleursels of iets anders wat dalk op n manier tot besoedeling kan lei nie.

Ten einde die hotel kamers iets besonders te maak, word ys-kunstenaars se hulp ingeroep. Verskillende  temas word gekies.  Kuns stukke word uit die ys gesny en word deel van die kamer se dekor. Elektriese beligting word aangebring en elke kamer kry sy besonderse, ys-karakter. Die ys- kuns stukke laat die hotel toe om nie alleen iets uniek tot die belewenis te voeg nie, maar ook n geleentheid om die kamers en dus ook pryse per nag, te differensieer. N nag in n ys-kuns kamer kos ongeveer vyftig persent meer as n nag in die gewone kamers van die Ys-hotel!   

Die gewone ys-kamers (dws die nie-kuns kamers) se meubels bestaan uit n dubbel bed wat uit ys bloke gebou is, twee gemakstoele en n koffie tafeltjie, en bedkassies aan elke kant van die dubbel bed  Uit die aard van die saak, is elke item uit n blok of blokke ys gesny.

Die ys-bed bestaan uit n dik spons matras en twee, goed verwerkte en skoon velle van  takbokke. Goeie isolasie. Bo op die velle is die slaapsak met n warm laken bine in die slaapsak. N gewone kussing of twee is ook op die bed – met spons stukkies of vere gestop.

Gedurende die orientasie gesprek, verneem ons van n paar absolute reels,  gaste wat die ys-kamers benut, moet na kom, indien  jy n redelike nag se rus wil geniet. Die eerste reel is: geen “los items” op die ysblok bedkassie neffens die bed nie. Sou jy die reel verontagsaam, gaan jy die volgende oggend sukkel om die bepaalde item te gebruik vir die doel waarvoor jy dit besit – dit ver-ys deur die nag terwyl jy in ys droomland kuier. Jou bril, horlosie, juweliers ware en selfs valstande (behoede my) moet eerder in jou sluit kas, in n warmer deel van die hotel, geberg word. Stel jou voor hoe so n stel valstande sal lyk as die vloeistof waarin dit gelaat is, die volgende oggend n soliede blok ys is. Of die duur Ray Ban bril wat jy nie op jou gesig kan kry nie want dit is vas ge-ys!

 As tweede reel word jy vriendelik aangeraai om nie jou voete, aan die ys vloer te laat raak nie. Selfs al het jy slaa sokkies aangetrek, hou die voete kurkdroog. Sou jou kaal voete aan die ys vloer raak,  mag dit dalk nie  in die rukkie van kontak vas ys nie, maar dit vat nogal moeite om koue voete gou weer warm t e kry.

Die derde reel. Pas jou roetine so aan dat jy die nag kan deur sonder om op die roep van die natuur te antwoord. En presies hier, begin die geneuk.

In die winter word dit vroeg donker in Stockholm en nog vroer in Jukasjarvi. Die aande is dus lank. Hoe verwyl n mens jou tyd? Gaan eet? Verseker, maar hoe eet n mens sonder om jou keel te bederf? Verder weet ons mos uit die jag-dae, of die belewenis langs die viswaters in die winter, dat Oubies n handige middel is om die koue uit jou lyf te verdryf ( Ek was nog nooit seker of hierdie eintlik maar net nog n “ou-vrou” storie is nie). 

Die ys omgewing help om maklik met besoekers van  ander wereld dele te ontmoet en indrukke uit te ruil. – die gesprekke het vloeistof nodig om vlot te vloei. Gevolglik is die goed bedoelde advies wat tydens die oreintasie gedeel is, kort van nutteloos.

Dit het slaaptyd geword in die Ys-hotel, in die ys-kamer, met ys-mure en n ys vloer, sonder n ys- hangkas, sonder n ys-badkamer, op n ys-bed. Die bad roetine volg. Die proses laat my dink aan die die liggaams reinigingsproses  in n weermag kamp of die universities koshuis. Storte met duursame plastiese gordyne, Hans Grohe krane en stortkoppe. Die badkamer is heerlik verhit, selfs die kliniese skoon vloer teels.  Dieyslike koue voel ver van jou weg, byna onwerklik. Na die proses voltooi is, en jy jou nagklere (dit word aanbeveel om nousluitende lae klere aan te trek - n sweetpak en “long johns” skyn n goeie kombinasie te wees) aangetrek het kan jy jou slaapsak by die dienstoonbank gaan aanvra.  Met die groot, maar tog veer ligte slaapsak kies jy koers na jou ys-kamer   Die sneeu stewels beskerm jou voete meer as vlodoende en vir n oomblik mis jy nie eens jou wol pantoffels nie.

 Op die bed wikkel jy jouself in die spesiale slaapsak in en trek die effektiewe rits sluiter op to by jou kennebak -mummie styl kwadraat. Wanneer jou kop op die vlekloos wit kussing raak, weet jy dat hier op die bed, is wit materiaal sinoniem met ys, sneeu en sub zero temperature.  Jy skakel die elektriese lig af en wag vir klasvakie om jou te kom oplaai. Dis graf stil. Die dun gordyntjie wat as n kamer deur gebruik word is baie effektief. Geen loergat nie in die deur nie, maar ook geen vreemde besoekers nie. Buitedien, sou iemand jou in jou kamer wil besoek, sou hulle maar by die gordyntjie moet staan en roep.  Kort voor lank is jy en die koddige oompie op reis na droomland.

Deur die nag roep die natuur. Met die wakker word slag onthou jy eerste van die waarskuwing oor jou voete.  Jy wikkel uit die slaapsak versigtig om jou voete droog te hou. Jy strompel deur die doolhof van ys gange. Sou jy dalk nog in n beswyming wees kan die kuns stukke in die gange  eerder na drogbeelde lyk.

Ten einde by die bakmaer uit te kom, moet jy uit die ys-kamers stap en n kort entjie deur die saamgepersde sneeu (ongeveer tien meter) en dan by n permanente gebou, wat onder andere die badkamer kompleks bevat, in stap.

Die besoek is kort. Terug in die ys kamer, terug in die lewende mummie posisie in die slaapsak en h gou weer op pad na droomland.

N melodie wek my. Ek maak my oe oop en prober verstaan waar die note vandaan kom. Langs my ys bed staan n jong lang blonde Sweedse meisie . Droom ek? Gesigte? Beswyming?  Sy glimlag en kondig dat dit my wakkermaak oproep is!  Galant  bied vir sy  my n glasie warm Jingle Berry sap aan.  N ander soort “oggend koffie”. Ek kom orent en neem die glas uit haar hand. Sy wens my n aangename dag toe en verdwyn uit die ys-kamer. Ag ja.

Ek het in my lewe nog nooit so wakker geword nie, nie eers uit n droom nie.

Ek teug aan die warm lou warm sap. Dit smaak beter as n koppie koffie. Dis steeds bitter koud, dalk minus 8 grade C. Dis tyd om die dag te groet en na n koppie heerlike warm koffie te gaan soek. Die nag in die ys hotel se ys kamer op die ys matras is deel van my gisters – n ervaring om te onthou.

Na ontbyt wag n dag se avontuur op n Snowmobile – bloot n voertuig met n kragtige enjin wat jou vinnig deur die sneeu velde laat gly. Heerlike prêt.

Net na tien uur neem ons stelling op die eienaardige ysterperde in. Ons gids en leidster ry voor in die konvooi. Sy ken die omgewing en die pad. Stert-en-neus botsings met snow mobiles gebeur maklik en gereeld.  Handhaaf n veilige volgafstand, kom die versoek. Ons eerste “sighting” na slegs 10 minute se ry – n Amerikaanse Eland (moose) en haar lam!  Tussen die dun, kaal, swart takke van die lenige bome hou sy wag oor haar jongeling. Vir n rukkie verdra hull eons nuuskierigheid en wanneer dit te ongemaklik word kies hulle koers.  Dis byna onwerklik om dit te beleef omdat dit so anders is as n soortgelyke gesig in die Kruger wildtuin.

Ons  ry verder. Die handvatsels van die snowmobile is verhit en dit help om die kragtige masjie te beheer. Die vleklose landskap met sneeu paadjies vou voor en langs ons oop. Dis n sprokies land omgewing en jy vergeet byna van jouself. Die veld is vlekloos wit so ver as wat die oog kan sien. Dis koud. Jou oe soek na kleur.

My kamera hang voor my aan my nek. Ek is oortuig dat die koue reeds al die krag uit sy battery getap het. Ek kon nie meer verkeerd gewees het nie. Tewens, my kamera se battery het in die koue winter van Swede langer gehou as in die normale tot warm temperature van Rusland, of die VSA!

N ander groepie reisigers gly op hul snowmobiles verby ons konvooi en dan.... die voorste voortuig kantel na links. Die passasier trek deur die lug en die bestuurder val hals-oor kop in die sagte sneeu voor die voertiug. Ons hou asem op. Nie mens of masjien is beseer nie. Ervare snowmobile ryers kry die masjien gou weer aan die gang en hulle reis word voorgesit. Ons volg.

Die snowmobile gedra hom soos n veldfiets. Die wind wat oor jou gesig waai is ysig koud maar dis asof jy nie koud genoeg kry om te wil rus nie. Jy wil verder in die vleklose wit landskap in na wie weet waar. Nog Amerikaanse Elande, die keer verder as die vorige keer.

Ons leidster hou stil en klim af. Die oomblik laat aan n stop plek op n “breakfast run” dink.  Ons staan op die bevrore Torne rivier. Dis stil om jou. Die rivier en omgewing slaap n winterslaap, toegevou onder n vleklose winter kombers. Die wonder van die Skepping val jou vir die soveelste keer op. Daar is nie hoe kranse en berge nie.  Die byna wolklose blou hemel vorm n kontras teen die wit sneeu. Jy voel nie lus om te gesels nie. Jy wil vir die oomblik alleen die natuurskoon in jou verwerk. In jou gedagtes soek jy na woorde om dit meet e onthou, en te beskryf sou jy dalk die oomblik met ander wil deel. Vrugteloos delf jy dieper en meer in jou beperkte woordeskat in. En dan aanvaar jy dat jy hierdie oomblik alleen net wil onthou op jou eie manier.  Jy weet dat hierdie skoonheid is nie mens gemaak nie. Dankbaarheid vir n geleentheid om die Skeppingswerk te beleef bring kalmte en berusting oor jou onvermoe om n die oomblik in woorde te kan beskryf. Dankie Vader.

 Dis omdraai tyd en n ander sneeupad terug na die vertrek punt.

N uur later kan ons behoorlik bene rek en van beskermende klere ontslae raak. Nog n sneeu avontuur word ook deel van mooi herinneringe.

Ons laaste dag in Jukasjarvi breek aan. So ook die laaste geleentheid om die aurora te beleef. Dit gaan n lang dag wees want die lig skouspel begin gewoonlik naby 22:00. Ek het, met die vriendelike samewerking van Dr Google, n fotograaf leer ken wat toere in die omgewing begelei.

Ons ontmoet Peter vroeg middag. My verligting was groot toe ek sien dat Peter soos ek, nie omgee om sy fotografie toerusting saam te dra nie. Wat sou die man met n 600mm lens op so n uitstappie wou doen, wonder ek,  terwyl  hy ons plan van aksie vir die middag en aand verduidelik.  Ek vra nie. Twee kameras. Driepoot. Seil. Twee kamera sakke waarvan ek nie die inhoud ken nie. Ek laat hom begaan. Ek is verlig om nog n mens te leer ken wat, soos ek, na hoeveel jaar sukkel met die dogma van “travel light”

Peter wil eers weet hoedanig is ons fotografie expertise. As wetenskaplike en  akademikus in die biologiese   disipline aan n naby gelee universiteit, maak hy vinnig sy waarnemings oor ons ervarings vlak. Ons neem fotos van die takbokke wat vir die nag op stal is. Soos wat die sluiters oop en toe gaan, bekyk Peter na die vorms van die histogramme op ons kameras.  In stilte maak hy sy eie gevolgtrekkings en laat ons begaan. Hy moes te vrede gewees het.

Ons vang die laaste strale van die dag se sonskyn. Di e warm  geel, rooi en oranje kleure word pragtige deur die wit sneeu weerkaats. Dan is die son weg en dis donker.

Peter nooi ons na die Tipee tent. In n ommesientjie brand n heerlike warm vuur. Wanneer hy die keteltjie op die kole laat staan het, skep hy van die bolaag van die sneeu waar ons op die sneeu bedekte grond  sit, en gooi dit in die keteltjie. Makilik. N rukkie later sing die keteltjie n Sweedse deuntjie. Terwyl hy koffie voorberei vertel hy een en ander van die Sami mense van Lapland. So verneem ons onder andere, dat hulle die enigste mense in Sweede is wat eienaars van troppe  takbokke mag wees – hulle eksklusiewe reg. Die Sami mense se bevolkings getall daal Gaan die uitsonderlike ras uitsterf? Peter herkou sy antwoorde op ons vrae oor die Sami.  Die onderwerp moet liefs vermy word, lei ek af.

Ons het heerlik om die vuur gekuier en n paar fotos geneem. Dit het tyd geword om die Aurora te gaan soek. Versigtig en met groot sensitiwiteit vir die omgewing doof Peter die vuurtjie uit. Ons stap deur dik sneeu na sy motor.

Na ongeveer twintig minute hou ons op die plaas werf stil. Die honde se blaf koor rol oor die plat landskap. Ons groet en ontvang n stel nuwe beskermende klere vir die avontuur. Buite die aantrek vertrek is die honde reeds ingespan. Die honde-tuie verskil nie veel van ander tuie nie, behalwe dat dit veel ligter is. Net soos n span osse, staan hulle gereed in gelid langs mekaar. Die span bestaan uit 12 honde. Hulle gaan vier volwassenes in n slee, oor die sneeu trek.

Ons neem plek op die slee in. Ons gids staan agter op die slee waar hy die tuie in sy hand neem Peter sit by sy voete. My plek is reg voor op die slee.

Sweedse uitroepe en opdragte klief deur die koue winternag. Dan begin ons slee gly. Die honde blaf  asof die vrag nuwe ywer en motivering vir hulle gee. Vinniger. Om die draaie leun ons na die kant  oor en dan weer terug in die reguit pad. Die honde hardloop voluit. Geen sweep of karwats, hulle hardloop vol genot. Steeds vinniger. Na sowat dertig minute kom die slee skielik tot stilstand. Die honde ken die roetine baie goed. Die blaf-koor bedaar en ons is te bly vir die beperkte isolasie van n Tipee tent in die woud. Gou knetter die vuurtjie. Die keteletjie met die homp sneeu in sy maag, begin  n eentonige wysie sing.

Peter is buite doenig en stel ons kameras op. Die sneeu is byna n meter dik. Hy is gaaf genoeg om my toerusting ook behoorlik op te stel. Ek bibber van die koue.Minus 23 grade C, kondig Peter aan. Ek neem n paar toets fotos. Sy raad, F8 en vir my kamera, ISO 1800 kom sy aanbeveling. Ek sukkel om die verstel wiel op my kamera te draai. My vingers is stokstyf vereis. Wanneer ek gereed is, gaan soek ek hitte in die Tipee tent. Kort kort gaan loer Peter in die hoop om die lig skouspel te sien.

“Here it is” kondig hy aan. Ek storm uit die tent uit. Die honde le rustig in die sneeu. Ek kyk in die rigting waaring ons kameras wys. Ek kyk na die sterre wat soos kopspelde in n spelde kussing in die nag blink. Daar voor my oe sien ek hoe n soort wolk massa beweeg. Dis n dans van lig wat ek nog nooit gesien het nie. Daar is geen vasgestelde ritme of patroon nie, dis soos n vry hand skets of soos water wat in n houer is wat geskud word. Ek weet op kere nie waar om te kyk nie. Dis asof die skouspel na sy eie soort crescendo opbou  en dan skielik is dit minder intensief. Dan begin  die dans van die mistige wolke weer. Die ritme en tempo onpeilbaar net alleen  besonders.  Ek prober dink hoe die skouspel in klank sou klink en wonder vir n oomblik of Carl Orf dalk die inspiarsie vir sy Carmina Burana  uit hierdie skouspel gekry het? My kamera kliek.

Ek staan vir n oomblik verstar. Ek soek op nuut na woorde om ook hierdie die oomblik te kan beskryf. Ek kan nie. Tog weet ek opnuut dat geen mens of masjien of tegnologie kan hierdie skildery in die hemel verf nie. Alleen die Groot Kunstenaar kan. Die gedagte van die mens se nietigheid, sy onbenulligheid in die skepping kom by my op. Wat n voorreg!

Wanneer ek tot verhaal kom beleef ek my spanning.  Se nou net ek het iets verkeerd gedoen en ek het nie n enkele foto nie. Peter kom doen inspeksie, net soos vroer die aand. Hy is te vrede. Ek is dankbaar vir die tipe toerusting wat ek tot my beskikking het. My mik-en-drukkie mag meskien die druk wat op 20 meter onder die oppervlakte van die water bestaan, oorleef, maar nie hierdie koue nie en nog minder kan dit die pragtige dans van lig in die natuur vasvang.

“It is now minus 25” kondig ons slee-stuurman aan. Ek besef ek moet gaan hitte soek. Peter, n gesoute aurora fotograaf kom sluit by ons aan. Ons besluit om terug te gaan. Die slee honde is gou op spoed met hul kosbare vrag. Dit is onbeskryflik koud. Skielik bars n volgende toneel in die hemelruim uit. Die kleure reik hoer as vroer. Peter verneem of ons wil stilhou. Ek is besig om te verkluim en wys die geleentheid vd hand. Ek sal dit geniet en onthou.

Terug by die opstal kan ek nie vinnig genoeg in die verklee kamer kom nie. Dis heerlik warm. Dit neem n rukkie se aanpassing voor ons van die spesiale winter sneeu oorpak kan ontslae raak. 

Terug in die hotel kamer laai ek my oes vir die aand op die rekenaar af en kyk vinnig. Dis na middernag en slegs n enkele paar uur voor ons die vlug terug na Stockholm moet haal. Die warm water van die stort was die koue van Swede van ons af.

Dit was n unieke vakansie ervaring.

Vickylee se storie:

Ek was nou in die kalahari op 'n uitreiking en dit was vir my erg om die spore van swaarkry op die ou mense se gesigte te sien. Wat vir my erg is, is die gedagte dat die kinders moontlik die selfde oud gaan word. Die rede hoekom ek die foto gekies het, is omdat dit vir my voel of daai kind deur my kyk. Soveel onskuld en liefde in haar oë. As mens met die kinders daar praat en vir hulle vra wat hulle met hulle lewens wil doen sê die meerderheid dat hulle Pretoria toe wil gaan. Die foto is in Groot mier, 'n klein dorpie in die Kalahari afgeneem by haar skooltjie. En dan nog 'n ding wat die foto spesiaal vir my maak is dat dit 'n kleurling dogtertjie is met blou oë!

Dankie
Vickeylee Jordaan
Monique se storie:
Storie: Ek het vanaand besef hoe lojaal 'n dier teen oor sy mens kan wees. Om te sien dat party mense hulle diere so mishandel!
            Ek wou eers 'n foto vat van die mishandelde hond wat ons gesien het in stuur, maar die foto's lyk te erg. Toe besluit ek, om die storie te draai, en te skryf oor
            Die liefde wat die dier vir die mens het, al word hy mishandel.
 
 
 
Hier is Sandra se donkie storie:
 

O die donkie is ‘n wonderlike ding!

O die donkie – O die donkie – O die donkie is ‘n wonderlike ding……

Wie ken nou nie die ou liedjie nie?

 En dit het ons dan ook ervaar tydens ons Koakoland toer vroeër vanjaar.

Ons het die middag by Van Zyls Kamp kamp op geslaan – ‘n lieflike groot staanplek op die walle van ‘n droë rivierloop.

Omdat ons vroeg middag al reeds daar was, besluit ons om gou die tente op te slaan sodat ons die res van die dag die omgewing kan verken.

So met die gewerskaf rondom tent opslaan en slaapgoed reg kry, hoor ek skielik ‘n geluid.

“Wat’s dit” vra ek.  Iemand antwoord so half vervelig:  “’n Donkie”.  “O” antwoord ek.

Net - “O”. Wat moes ek nou meer sê. Dis ‘n donkie!  Net ‘n donkie!

Maar ek was verkeerd – hierdie was nie sommer “net ‘n donkie nie!

 Hierdie was ‘n donkie met ‘n groot dors!

Hy staan voor die kraan en hy raas! (hy balk nie – hy raas!)   Liewe ouers, maar hy raas! Geen mens kan dit later hou nie!

Getrou aan Soekie se geaardheid is sy toe ook die eerste een wat die arme ou donkie vreeslik jammer kry.

“Ag siestog, jou arme ou dingetjie” sê sy oor en oor, terwyl sy angstig rondkyk.  Sy kry nie wat sy soek nie besluit net daar om die kraan oop te draai sodat die donkie kan water drink.

Maar ai, sy vergeet ons staan op sand – rivier sand, en die water verdwyn feitlik onmiddelik in die sand en die donkie is nie baie gelukkig nie!

Ek stap so bietjie dieper die bos in – so na die was geriewe se kant toe.

Groot was Soekie (en seker ou Donkie ook) se vreugde toe ek met die deksel van ‘n asblik nader stap. Soekie sit die deksel onder die kraan en tap hom vol water.

 En die donkie drink!   Niks wonderliks nie, nê? 

Maar toe die water op is begin hy weer raas!  En hy raas! En hy raas!

En Soekie maak die deksel weer vol water en die donkie drink. Wanneer die deksel leeg is, raas Donkie en dan kom Soekie nader gedraf om die kraan weer oop te draai.

Ek weet nie hoeveel water kan ‘n donkie drink nie en ek weet nie wanneer laas het hierdie donkie water gedrink nie maar ek weet verseker dat hierdie donkie BAIE water gedrink het!

Selfs die sagmoedige Soekie het later so ietwat nukkerig geword vir die donkie se lus na water wat net nie wil stil nie.

Ou Donkie was ook maar vol vlieë en later moes ons hom maar bietjie aanhelp om sy loop te kry.

Ons het hom nie weer gesien nie – seker maar ‘n ander “uithang” plek gekry!

Sjoe, ons het soveel stories dat ons al op deel 2 is!

 

Hier is Gerrie se storie:

My foto is die NG Kerk op Langlaagte.   ( Tina, my sussie op FSkool, is hier gedoop.)
 
Toe ek 4-6 jr oud was het my pa by die Abraham Kriel Kinderhuis op Langlaagte
skool gehou.
Oupa Abraham Kriel wat die weeshuis na die oorlog begin het, was my ouma se neef.
Ek neem aan dit was die Anglo Boere oorlog volgens die datums op die hoekstene.
 
My seun was so dierbaar om vir my vanaf Pretoria weer Langlaagte toe te neem.
Dit was die eerste keer wat ek weer daar gekom het nadat ons in 1951 Worcester
toe verhuis het.
Ek het by al die plekke gaan staan wat ek goed kan onthou, wonderlik al was ek maar klein,
die weeshuis het diep indrukke op my nagelaat.  Daar het ook trane oor my wange geloop toe ek dink aan wat
was en wat my ouers ook daar kon inploeg.
Daardie jare was baie kinders wees gelaat.  My ouers het ons nooit laat voel ons het meer as die kinders nie,
as ons iets te ete gehad het moes ons altyd deel met hulle wat nie het nie.
 
 
En hier is Willem se storie:
 
Hier is my foto en my foto storie:
 
Ek het die foto een middag sommer in my agtertuin afgeneem en was BAIE gelukkig dat die foto so uitgewerk het.
 
Die foto is so tipies van die lewe van sekere van ons mense - ek dink nie eens ek hoef verder te vertel nie. Behalwe vir die mense wat nie watter een is die wyfie mossie en watter een is die mannetjie mossie nie.  Die mannetjie sit op die tak en die wyfie kry hom aan die kop beet. Ek het dan ook die foto se naam as "Ek sê: Kom huis toe" gegee. Hoe gepas is dit dan nie!
 
Kosie se storie:

Hierdie foto is geneem naby Satara. Die buffel het geveg tot die bitter einde, soos die foto tereg bevestig. Hierdie buffel het vasgebyt, selfs toe daar geen lewe meer was.

 
SP Wille se storie:
The perfect, warm afternoon sand surrounds my feet; the feet He gave me to undertake my life's journey. This is pure joy - to be one with God's creation. 
 
Marita se storie:
"My naam is Ounooi want ek is die oudste van ons troppie hansies. Ons is so vyf bymekaar.  Ons is almal wees-lammers, maar, waar ons nou versorg word, is dit wonderlik. Daar is baie kos, skuiling teen koue / hitte, en baie liefde.
Ek is in die veld opgetel, het net-net asem gehaal nie, en ek kon glad nie loop nie.  Die een wat my gedra het, praat nie ons taal nie, is nie wollerig soos my ma was nie, maar hy het my na 'n plek geneem waar ek verworg is deur iemand anders.  Dit was 'n sagte "wese", nie soos my ma nie, maar, later het ek geleer sy is 'n vrou wat sorg dat my magie elke dag melk en kos kry.  Ek het vir haar lief geword en my ma se plek het sy ingeneem. Sy het my moed gegee om te leef.  Kort-kort het sy my opgetel sodat ek net bietjie kan staan. Dit was seer, maar sy het my so saggies hanteer. Gereeld het sy vir my melk in 'n bottel gegee, gesorg dat ek water naby het en aan die grassies om my het ek geknibbel.  Kort-kort het sy kom inloer en my dan geskuif na 'n ander plekkie met grassies.  Ek het ook sulke pille goed gekry.  Dit was lekker!  Sy het gedurig met my gesels, moed ingepraat, gebid en my sommer net vasgehou.  Een oggend het sy my in 'n ding gesit wat snaakse geluide maak, later het ek gehoor dit is 'n bakkie.  Heel tyd in die bakkie het sy met my gesels. Sy het my gese sy vat my veearts toe om te kyk of  hy my nie kan help nie. Wel, daar gekom, het die man my ondersoek, my gesteek met 'n skerp ding, en ons is toe weer huis toe.  Dit was 'n swelling op my ruggraat, of die medisyne gaan werk, het ons nie geweet nie.  Soos my "ma" se, "probeer is die beste geweer". Ek verstaan ook nie aldag wat die mense praat nie, maar een ding, my "ma" se stem ken ek. Drie dae lank moes ek met die ding gesteek word.  My "ma" was baie hartseer, maar, saam kon ons veg vir my lewe, want ek wou graag leef. 
'n Week later, vroeg oggend, dit was melk tyd, het ek vir haar by die hekkie gewag.  Ek het self opgestaan, bietjie wankelrig, maar stadig geloop en vir haar gewag.  My "ma" se blydskap sal ek nooit vergeet nie.  Sy het op en afgespring, my styf vasgehou en met trane in haar oe het ons twee saam dankie gese vir hierdie wonderwerk. 
Nou, drie maande later, is ek lekker groot, gaan een van die dae, saam met my boeties en sussies, tussen ons "mense" loop.  Wanneer ek groot is, wil ek  graag my eie lammers he en hulle vir my "ma" kom wys. "
 
Maak nie saak wie en wat mens is nie, waar liefde is is hoop! 
 
Loutjie se storie:
Hallo
My naam is Clarissa, en ek wil graag vir jou vertel hoekom ek KLAAR MET FIETSRY is. Ek en my twee ouer boeties het toe die oggend gaan fietsry, voordat ons sou gaan swem. Soos gewoonlik het hulle vir my weggery, en soos gewoonlik het ek toe maar probeer bybly. Nodeloos om te noem dat toe in die laaste pylvak indraai huis toe was die draai te skerp vir my spoed, en ek meet toe maar my lengte op die grond. Jy hoef my nie te glo as jou vertel dat hulle toe vir my gelag het nie. Nouja, my velle is verkoop aan die grond, my fiets het in die stof beland, almal het vir my gelag, en toe wou Pa nog 'n foto ook neem; dus sal jy nou kan verstaan hoekom ek besluit het ek is KLAAR MET FIETSRY.......
 
Ilza Rautenbach se storie:
G'day mate

Ek is sedert 1 Oktober in Kangaroeland om te kuier by my dogter Zali, skoonseun Luke en hulle 2 spruite van 4- en 1-jaar oud en ek sal eers 2013 terug wees in Suid-Afrika.

Natuurlik was ek baie opgewonde vir die geleentheid om 'anderste' dinge te fotografeer want Australië is 'n land met die vreemdste diere en natuurtonele denkbaar. Uit vorige besoeke aan hierdie land waar ek wandelpaaie in reënwoude, grotte, semi-woestyne, gestap het en verskeie voëls, diere, plattelandse dorpe en stede kon afneem, was dinge hierdie keer anders. My opgewondenheid was van korte duur. Soos almal weet is hier nie bekostigbare huishulpe nie en tussen 'n peuter en 'n kleuter, hulle slaaphonger-mamma en swak ekonomiese tye, moes ek inspring om te help met huiswerk, kosmaak, kinders oppas en nog 'n paar ouma-projekte. Ouma se fotografie-stokperdjie het agterweë gebly.

Intussen kry ek toe darem hier en daar 'n gelukskootjie van 'n mooi sonsondergang, 'n besoek gedurende middernagtelike ure van 'n possum (buidelrot?) 'n voor-op-die-wa Butcherbird (soort van 'n magpie-laksmanagtige voël) wat sommer in die huis instap en iemand het my selfs gevra om hulle dogter se matriekafskeidfoto's te neem. Ek sit skelm kos uit vir die possum, Currawongs en Butcherbirds. En ek kry raas hoor! Die locals voer niks nie, want dan word dit 'n pes. Soos dit is, pes hulle reeds die seemeeu, bushturkey en Ibis.

Luke het besluit daar was genoeg geld om vir 'n week na Coolangatta aan die Gold Coast te gaan vir 'n kort see-vakansie. Ek het geweet dis my kans. Ek moes net eenvoudig die kamera gryp en gaan foto's neem van wat ookal voorkom, anders sal ek geen foto's terugneem huistoe behalwe vir 'n swetterjoel foto's van twee kleinkindergevreetjies nie. Dit was moeilik want ek wou nie my kamera blootstel aan seesand en hoë humiditeit nie.

Een dag hol ek terug woonstel-toe om my kamera te gaan haal want 'n swaardvis het op die strand uitgespoel. Toe gebruik ek die geleentheid om die seemeeue af te neem maar lok hulle met krummels. Ek word erg oor die vingers getik: 'Moenie dit doen nie, die locals hou nie daarvan nie!'

En dis wat ek op die ou end kan inskryf vir die kompetisie. 'n Gewone seemeeu wat jy wêreloor kry. Ek sou graag wou gehad het dit moes 'n Tasmanian Devil, Echidna, Platypus of Wombat gewees het . . .

Boomerang-groete
Ilza

NS
Canon EOS 7D
F-stop: f11
Exp time: 1/1600 sec
ISO: 100
Focal length: 70mm
Elize se storie:
Ons woon in Dan Pienaar, ‘n voorstad van Bloemfontein. Gedurende die naweek 9 Oktober 2004 het ‘n volgroeide poumannetjie van nêrens, besluit om by my buurvrou, Rita Celliers, sy intrek te neem. Sedertdien woon Pouman by ons 2 huise. Soms slaap hy op die Celliers se dak, en soms in ‘n boom in ons erf. Die afgelope week slaap hy in ons toesluitbare afdak omdat nuwe bure nie van sy gekraai in die nag hou nie – in die afdak is hy doodstil. Hy eet by albei huise. Sy dieet bestaan uit gerasperde wortels, fyngekapte spinasie, sonneblompitte, gebreekte mielies, bessies, druiwe en duur hondekos.

 

Drie jaar gelede het ons besluit om vir hom ‘n wyfie aan te skaf. Ons het haar ‘n jaar op hok gehou. In 2010 het die paar suksesvol 5 kuikens uitgebroei, in 2011 5 kuikens en nou wag ons vir 2012 se 5 kuikens wat op 18 Desember moet uitbroei.
Schalk Burger se storie:

Waar is my vis?

Gedurende  Julie 2010 was ek op pad vanaf Mopanie langs die H1-6 na Shingwedzi in die Krugerwildtuin en het by een van die stilhouplekke langs die Tsende-rivier stilgehou. `n Reusereier was `n entjie van die water af besig met iets op die grond. Dit het baie gou geblyk `n redelike groot baber te wees en hy het sy bes probeer om die vis in te sluk. Hy het eers die baber van die stertkant opgelig en in sy keel probeer kry en toe weer van die kopkant af, maar sonder sukses. Dan het hy die vis op die grond neergesit, om hom geloop en van die ander kant af probeer. Einde ten laaste het hy die baber na die vlak water toe gedra en neergesit. Ek het gedink dat hy die vis weer `n slag wou nat maak in die hoop dat hy dit makliker sou sluk. Hy het weer probeer, en weer, maar die baber was net te groot om in die lug op te gooi om met `n oop bek te vang en te sluk. Deur die verkyker was dit duidelik dat die vis sy eie vangs was - daar was twee baie duidelike wonde soos wat hy dit met sy snawel gesteek het. Die baber was dus nie te groot om te vang nie maar dit was baie duidelik dat dit te groot was om te sluk. Na nog `n ruk het hy die baber in die vlak water gelos en buite sig om `n rietbos gestap om, so het ek gedink, `n ander vis te probeer vang. Met my kamera steeds op die vis in die vlak water gerig, kon ek my oë nie glo nie toe `n krokodil stilweg uit die water oprys en stilletjies die vis in sy bek neem en net so stil weer in die water terugsak. Alles was binne `n oogwink verby!

Na `n rukkie het die reier weer om die riete aangestap gekom en op die plek gaan gaan staan waar hy die die baber in die vlak water gelos het. Mens kon amper die verbasing op sy gesig sien: “waar is die vis dan wat ek nou net hier gelos het?” Hy het kort-kort sy snawel in die water gedruk, dalk in die hoop dat hy die baber sal vind. Ek het later gery, toe staan en wonder hy nog steeds wat van die baber geword het!

Die episode was waarskynlik een van daardie waarnemings wat mens net een keer keer in jou lewe sal sien en ek ag my baie gelukkig dat dit my beskore was.

En hier is Marina se storie:

Ons peetkind, Lando, nou 3, is ‘n baie nuuskurige seuntjie wat als beproef. Alhoewel hy skrikkirig is vir goggas het ons altyd ‘n fees as ons in die buite wereld baljaar.

Soos enige ander seuntjie beproef hy en sy Boeta, Rohan als, van miervreeters terg tot boom klim. Ons het ‘n sonnige sondag besluit om piekniek te gaan hou met die seuns in die Botaniese tuine in Pretoria.

Die seuns het hulle vreeslik baie geniet. Lando het die poue gejaag oor die gras en bitter ontsteld terug gekom, hand in die broek sak en moedeloos omdat hy hulle nie kan vang nie. By die dammetjie het hulle besluit dis die perfekte plek om padda vissies te vang, weereens het sy boeta als reg gekry en gespog met sy vangs en hy was moedeloos verby omdat nie die selfde vernuf het nie.

Ons het stadig maar seker begin terug stap hek toe toe ons verby een van die water fonteintjies aflom. Heel trots het Rohan gewys hy weet hoe werk die gedoente. Lando het weer heel kordaat probeer om te kyk of hy sy boeta se voorbeeld kan volg. Die verbaasing en trots op sy gesiggie toe hy dit die eerste keer reg kry om die water te laat spuit was ongelooflik en gelukkig kon ons dit op kamera vas lê. Di nagevolg was nog ‘n ekstra uur in die tuine en elke fontein is deur Lando uitgetoets.

 

 

En hier is Dalene se storie:

 

"Die Hande"

Hierdie foto is in 'n park geneem in Port Elizabeth. Ons was 'n groepie wat 'n projek moes doen en toe hierdie man aangestap kom, het almal met eens baie gou na hulle sakke gegryp sodat die "verwese boemelaar" nie ons goed steel nie. Min het ons geweet dat hierdie man eens 'n baie goeie sakeman was en nadat hy sy werk verloor het, dit net nie kon hanteer nie. Hy het alles verloor, huis, kar, vrou en vertroue.
Toe ek sy hande afneem wonder ek met eens of die foto my sal kan vertel wat die hande voorheen gedoen het toe hulle nog skoon en mooi versorg was, maar nee ek sien toe net hande wat 'n storie van hartseer en harde lewe uitskree.
Dit het my egter tot die besef gebring, dat 'n mens nie enigeen moet oordeel aan sy uiterlike nie, want die innerlike van hierdie man (nadat ons met hom begin gesels het) het my hart geraak.
 
Dis my storie saam met my storie oor "Die Hande"

 

 

 En hier is Vicki se storie:

Hier is die storie agter my foto!  So n ruk terug het n bosduif op een of ander manier in ons kaggel se skoorsteen beland en toe halfpad af vasgesit. Ons het alles probeer maar ta het vasgesit, na drie dae het hy uiteindelik verby die versperring gekom en onder in die kaggel beland. Die duif was pikswart van die roet maar andersins ongedeerd. Met sy poging om uit die huis te kom vlieg hy toe n paar keer teen die plafon vas voordat hy by die skuifdeur uit is. Hierdie foto is van sy eerste afdruk teen die plafon!
 
Geniet die stories, groete Vicki Gibson

 

Hier is Michelle se storie:

 Ek was nog maar ‘n beginner op die terrein van fotografie. Nog geen klasse geloop nie, nog nie die ideale kameratoerusting gehad nie en gee idée gehad van al die fotografiese terminologie (lingo) nie.

Wat ek wel gehad het was a passie vir ‘n stokperdjie, ‘n stokperdjie wat ek vinnig besef het gee my ‘n totale ander uitsig op die lewe, ‘n waardeering vir die wonder van die natuur. Wat ek wel gedoen het was om baie op te lees oor fotografie, die “moets” en die “moennies”. Maar ongelukkig hoe meer ek gelees het en hoe meer ek na ander se raad geluister het hoe meer deurmekaar het ek geraak. Maar nou ja…aanhouer wen.

 

Ek het een oggend vroeg uit die vere gespring, ‘n kosmandjie gepak, my toerusting gegryp en Rietvlei Natuurreservaat to gery, om al my boekkennis so bietjie prakties aan te wend.  Dit was ‘n wonderlike uitstappie en ek het ‘n paar, wat ek sou klassifiseer as “aanvaarbare” fotos geneem. Daar was wel een besonder foto wat uitgestaan het. Tegnies sekerlik nie die beste foto nie, maar die toepassing van my boekkennis oor “depth of field” het my verras. In my oë was dit die perfekte foto. (sien aangeheg).

 

Ongelukkig is ek nou nie ‘n voël kenner nie, so ek het geen idée gehad waste voëltjie dit was nie en dit het my glad nie gepla nie. Wat ek wel wou hoor is wat ander van my “perfekte” foto dink. Ek het toe die foto op ‘n plaaslike fotografieforum geplaas en ander uitgenooi om kritiek te lewer. Ek was verstom om te sien hoe spoediglik ander fotograwe daarbuite op die foto gereageer het. Party het net gesê “mooi foto”, ander wou weet waar ek dit geneem het ensv. Daar was wel een dame wat opbouende kritiek gelewer het en ek het dit verwelkom. Een stukkie kommentaar wat sy gelewer het was oor die wonderlike detail in die stone chat.

 

My eerste reaksie was ‘n vraag aan myself, “wat op aarde is stone chat?”. Ek het al gehoor van “depth of field”, ISO, Shutter Speed, Aperture, maar nog nooit van Stone Chat nie. Ek het geen idée gehad  na watter tegniek sy verwys nie en ek was weereens heeltemal verward. Nie te min, ek het dadelik op haar terugvoering geriageer en gevra wat presies sy daarby bedoel, sodat ek in die toekoms dit weer so kan toepas orf meer daaroor kon opswat.

 

Wel dis toe dat ek besef ek weet so min van fotographie as wat ek van voëls weet. Gelukkig het ek ‘n sin vir humour en neem myself nie te ernstig op nie. Ek het geskater van die lag toe die dame se terugvoer so lui, “Michelle, Stone Chat is die naam van die tiepe voëltjie, nie ‘n fotografiese term nie!”

 

 

 Hier is Mariet Marais se storie:

Dis ‘n snikhete dag in Wes-Australië.
Tydens ‘n uitstappie kom ons op ‘n stroom helder bergwater af.
Die kinders is al moedeloos moeg en warm en soebat behoorlik
om ‘n bietjie te gaan afkoel. Niemand het swemklere nie, maar dis
mos nie ‘n probleenvir kinders nie! Dis so warm, hulle sal gou weer
droog wees! Gou-gou speel en gly hulle in die stroom wat op een
plek amper ‘n waterval vorm. Tobie, my kleinseun, lê op die naat van
sy rug en dryf rustig in die stroom af.
“This is life!” … kom dit uit die vyfjare se mond……..

 

 
Hier is Chris se storie:
Ek het die voorreg gehad om n tyd gelede oupa te word, dis net n wonderlike ervaring wat moeilik is om te beskryf. Sy ouers, my seun in George, het hom Peter-John, vir sy eerste strand besoek gevat en aangetrek vir die geleentheid, is dit nie koslik nie?
 

JJ Calitz se storie:
 
The biggest catch yet?
I have been fly-fishing for a number a years, and only recently my wife decided to take up the quest.  She reasoned that the kids are finally old enough not to demand her attention at all times, and that she could join the ‘fun’, rather than to tend to their needs 24/7.  I was delighted that she wanted to share in my passion!  So off to the online shops we went, and ordered with great care what she would need to become a proper fly- fisher-mum.  Hours of casting lessons on the nearby rugby field, and reading numerous books on how to cast,she finally decided that it was time to put her newly found casting ability to the test.  There was huge excitement and a sense of great expectations of things to come, when we finally could get a weekend away to test her newly acquired skills with her own Clearwater rod and Orvis reel.   
On our arrival at Craig Rossi, she was the first to get to the water.  The fishing was very slow, but she was getting the hang of the casting.  As on so many beautiful days, the winter sky was crystal clear with the sun gently shining down on us.  As the afternoon progressed, a headwind started.  We were still keen on fishing, although the wind had picked up so much, that it became increasingly difficult for her to make a decent cast.  I walked over to her and gave some more advice, and suggested that we call it a day.  “Just a couple more casts.  Practise make perfect.”  So off I went, leaving her to practise in peace without my constant advice on how not to cast...
“Eina!!”  I was standing about 30m from her, and as I looked at her, she was holding her head.  I rushed over, only to find an olive bead head bugger firmly lodged at the back of her head.  And no, I did not de-barb the bugger.Needless to say, that was it for the day’s fishing!  
On our arrival at Bethlehem Medi Clinic, we were met by a very competent Doctor who removed the bugger and while giving the souvenir to my wife, said: “That is definitely the biggest catch I have seen on fly to date!”
We all had a laugh.
As time went by, we were able to improve vastly on her casting, and the initial disappointment of only managing to catch her-self, is now long forgotten.  On our last visit to Royal Coachman in October, she caught five rainbows.  And yes, I am now entertaining the kids, while mum is spending her time at the water’s edge!

Stywelyne!
J JCalitz
En hier is Rinske se storie oor sneeu in die Swartbergpas:

Die foto is geneem aan die begin van die Swartbergpas nadat dit gesneeu het, heerlik gereën het en die berg toegemis was).

Sondag 15 Julie vanjaar besluit ons om te gaan sneeu kyk op die Swartbergpas. Ry met my seun se 4x4. Oppad soontoe kom ons agter maar die pad is nogal besig. Dan kry ons die groot kennisgewingbord “Swartbergpas gesluit”. LW!  Maar ons het mos ‘n 4x4 en gaan maar kyk hoe dit daar lyk. Groot was ons verbasing. Elkeen wat 4 wiele besit is op die berg. Dit lyk soos die “highway” Durban toe vakansietyd! Byna bo aangekom word ons voorgekeer. Bo-op die berg is daar geen omdraaiplek nie en ons word aanbeveel om om te draai (wat ons toe doen). Vra toe vir die man (wat die voorkeerwerk doen) maar hoeveel voertuie is dan daar bo. Ongeveer 100 sê hy. Nadat ons eers lekker in die sneeu gespeel het, besluit ons om maar huiswaarts te keer (ongeveer 16:00). Groot was ons verbasing (weer eens) oor die stroom karre wat nog van voor af kom (dus berg-op). Ons het liewer nie gebly om te kyk of almal en wanneer almal van die berg afgekom het nie. Ek wil nie eers dink aan die chaos van meer as 100 motors wat nog moet omdraai waar daar nie omdraaiplek is nie. Maar dit was alles groot pret …
En Dale se herinneringstorie:
In die vroeë 1950's moes ek as 'n klein dogtertjie vanaf ons plaas
Norokhoros, met dié pad langs hierdie koppies verby ry, om op ons dorp,
Karasburg, skool en koshuis toe te gaan.  Hierdie koppies was omtrent 15km
buite Karasburg en as ek en my Pa vroeg in die oggend by hierdie koppies
verbygery het, kon ons in die verte Karasburg se liggies sien.  Dan was my
hart so seer en trane het begin vloei.


Nou na +/- sestig jaar kry ek weer die kans om by hierdie koppies verby te
ry met 'n familiereunie besoek aan dieselfde plaas, maar die huil koppies
het hierdie keer verander in vreugde koppies, want wat 'n belewenis was dit
nie om weer die voorreg te hê om na soveel jare weer op dieselfde pad, na
die plek waar ek groot geword het, weer te kan ry.

Baie groete

Dale Moller (Niederheitmann)

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html