Fotoskool Plus

Hallo Fotoskolers,

Hierdie bladsy vertel meer van die Fotoskool Plus program wat ons in 2013  aanbied.Die kursus sal deur Igno en Hennie gelei word, en insette sal van verskillende ander kenners gekry word ten einde die program so lekker en leersaam as moontlik te maak.

Wat die program behels:

Die program behels die volgende:

Vir 40 weke is daar elke week 'n teoretiese les (hierdie lesse is aanlyn - op die internet) waar jy vanaf Beginnersvlak (watter tipes kameras kry mens) tot gevorderde vlak leer van fotografie.

Daar sal dan ook elke week 'n kort praktiese opdrag wees wat nie verpligtend is nie, maar ons glo dit is uiters belangrik om jou fotografie te verbeter.

Die kursus bestaan doelbewus uit kort modules aangesien ons geleer het dat die tydsfaktor vir almal 'n krisis kan veroorsaak. Die opdragte is ook kort en daarop gerig om jou vanaf Beginnersvlak na 'n Gevorderde vlak van fotografie te neem.

Ons beoog om hierdie kursus die mees omvattende fotografie opleidingsprogram van sy soort te maak. Hoewel die kern van die materiaal in Afrikaans is, het ons die beste moontlike webwerwe opgesoek om addisionele inligting te verskaf. Ons is ongelooflik opgewonde oor die moontlikhede wat die kursus bied.

Kostes vir die Fotoskool Plus kursus is  R2200. Ons weet dat programme van hierdie omvang baie duurder is, maar aangesien ons almal gaan saam leer gedurende hierdie jaar is die kostes werklik so laag as moontlik gehou.

Indien jy belangstel om aan die program deel te neem is die prosedure soos volg:

Betaal die volle bedrag of eerste paaiement (ons laat ook toe dat dit on 3 paaiemente betaal word - waarvan die eerste voor 16 Februarie 2013 betaal word, en die res voor einde April) in die bankrekening hieronder.

Gebruik jou naam as verwysingsnommer.

Stuur direk daarna 'n e-pos na ignophoto@gmail.com en bevestig dat jy gaan deelneem aan die program, en heg betalingsbewys aan.

Die eerste programmodule open op Vrydag 1 Februarie en daarna sal daar elke Vrydag nog 'n module open. Die kursusuitnodiging sal slegs gestuur word as ons bewys ontvang dat jou eerste paaiement (of die volle bedrag reeds betaal is).

Ons rekeningbesonderhede is die volgende:

Rekeningnaam: Fotoskool

Bank: Standard Bank

Tipe: Tjek

Takkode: 055534

Rekeningnommer: 422 193 658

Vir navrae, kontak Igno gerus by ignophoto@gmail.com

© 2013   Created by Igno van Niekerk.

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html