Fotoskool Plus

Hallo Fotoskolers,

Hierdie bladsy vertel meer van die Fotoskool Plus program wat ons aanbied. Die kursus sal deur Igno gelei word, en insette sal van verskillende ander kenners gekry word ten einde die program so lekker en leersaam as moontlik te maak.

Wat die program behels:

Die program behels die volgende:

Vir ongeveer 20 weke is daar elke week 'n teoretiese les (daar is 35 lesse en hierdie lesse is aanlyn - op die internet) waar jy vanaf Beginnersvlak (watter tipes kameras kry mens) tot gevorderde vlak leer van fotografie. Jy hoef nie die kursus in 20 weke te voltooi nie, jy kan ook langer of korter neem. Dit is egter belangrik om te probeer om dit binne ses maande te voltooi.

Daar sal dan ook met die meeste avonture (lesse)'n kort praktiese opdrag wees wat nie (almal) verpligtend is nie, maar ons glo dit is uiters belangrik om jou fotografie te verbeter.

Die kursus bestaan doelbewus uit kort modules aangesien ons geleer het dat die tydsfaktor vir almal 'n krisis kan veroorsaak. Die opdragte is ook kort en daarop gerig om jou vanaf Beginnersvlak na 'n Gevorderde vlak van fotografie te neem.

Ons beoog om hierdie kursus die mees omvattende fotografie opleidingsprogram van sy soort te maak. Hoewel die kern van die materiaal in Afrikaans is, het ons die beste moontlike webwerwe opgesoek om addisionele inligting te verskaf. Ons is ongelooflik opgewonde oor die moontlikhede wat die kursus bied.

Kostes vir die Fotoskool Plus kursus is  R2900 indien jy voor 1 Desember 2017 inskryf en betaal. Vir die volgende inname, wat in Februarie 2018 sal plaasvind,beloop kursuskostes R3500. Ons weet dat programme van hierdie omvang baie duurder is, maar aangesien ons almal gaan saam leer gedurende hierdie jaar is die kostes werklik so laag as moontlik gehou.

Indien jy belangstel om aan die program deel te neem is die prosedure soos volg:

Betaal die volle bedrag of eerste paaiement (ons laat ook toe dat dit on 3 paaiemente betaal word -solank as wat dit in drie opeenvolgende maande geskied, tensy anders gereel) in die bankrekening hieronder.

Gebruik jou naam as verwysingsnommer.

Stuur direk daarna 'n e-pos na ignophoto@gmail.com en bevestig dat jy gaan deelneem aan die program, en heg betalingsbewys aan.

Al die modules sal aan jou oopgemaak word, en jy kan begin met die eerste een. Die kursusuitnodiging sal slegs gestuur word as ons bewys ontvang dat jou eerste paaiement (of dat die volle bedrag reeds betaal is).

Ons rekeningbesonderhede is die volgende:

Rekeningnaam: Fotoskool

Bank: Standard Bank

Tipe: Tjek

Takkode: 055534

Rekeningnommer: 422 193 658

Vir navrae, kontak Igno gerus by ignophoto@gmail.com

¬© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html