Nuut by fotoskool?

Hallo Daar en Welkom by fotoskool!

Jy is waarskynlik op hierdie bladsy omdat jy nuut aangesluit het by fotoskool en meer van ons wil weet... dalk is jy hier omdat jy lankal by fotoskool is - en meer wil weet. Dalk is jy op hierdie bladsy omdat jy effens verveeld rondgeklik het - en kaboemela - hier is jy!

Wel, in alle geval BAIE WELKOM!

Fotoskool is 'n webwerf waar ons lekker gesels oor fotografie. En ja, ons is bevoorreg om 'n paar professionele fotograwe as lede te he, sowel as 'n paar amapro's (hulle is amateurs en net so goed soos die pro's), nou dalk voel jy nog soos 'n ama-mparra. ('n Amateur wat nog bang is om knoppies aan die kamera te draai). Hier handhaaf ons die gees van lekker leer. amper soos 'n kleuterskool se sandput speel-area.

Op hierdie stadium is Igno van Niekerk die stigter van die webwerf, en Hennie Cronje poog om soveel as moontlik kommentaar op foto's te lewer. Gelukkig het ons wonderlike lede wat heerlik saam kommentaar lewer, advies gee en oor die algemeen baie hulpvaardig is.

Nou hier is 'n paar wenke om jou fotoskool ervaring lekker te maak:

* As jy advies oor 'n bepaalde onderwerp soek is dit die beste ding om op die FORUM bladsy 'n "discussion" te begin. Die doel daarmee is dat daar verskillende opinies gedeel word, en jy kry sommer lekker hulp met verskeie perspektiewe.

*As jy kommentaar op jou foto's wil kry, laai gerus jou foto's. Moenie te veel op 'n keer laai nie. Tans laat die webwerf jou toe om EEN foto op 'n dag te laai.  Kies foto's waarvan jy hou en kyk wat gebeur met die kommentaar. Jy kan vind dat jy soveel leer uit die kommentaar dat jy self ook later kommentaar op ander se foto's begin lewer.

* Dalk is jy lus om 'n ervaring of 'n les te deel. Skryf dan gerus 'n blog en deel dit. Van ons lede het al besonderse blogs gedeel! Loer gerus deur die  "older posts" onder die blogs en kyk watter ongelooflike lekker stories daar verskyn.

* Vandat fotoskool begin het, was die lede nog altyd ongelooflik ondersteunend tot mekaar en party voel al soos familie wat jy wil nooi om te kom kuier... dis wat fotoskool so 'n lekker kuierplek maak.

* As dit klink of 'n fotoskoler jou name noem wanneer sy van DOF praat, onthou gerus dit is 'n afkorting vir "Depth of Field" en het niks met jou persoonlikheid te doen nie :-)

* As jy weet van nog mense wat sal baatvind by fotoskool, gebruik gerus die "Vertel Vriende" bladsy en nooi hulle om te kom deel in die pret.

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html