Temafoto's

Hallo Almal,

Die temafoto-kompetisie op fotoskool werk soos volg:

Ons kies elke twee weke 'n nuwe tema waarvoor foto's ingeskryf kan word. Enige persoon kan inskryf deur bloot die foto gewoonweg te laai met die woorde "Temafoto" gevolg deur die tema bv "Gebreekte Glas." Dit is verkieslik dat elke persoon net een foto vir die tema-kompetisie inskryf.

In die vierde kwartaal ding al die wenners dan mee om 'n prys wat aangekondig sal word.

Die eerste tema was:

"Gebreekte glas" - Die wenner was Charles Whitehead met die volgende foto:

Die tweede tema was "Stadige Sluiter," en in 'n taai stryd tussen vyf ongelooflike foto's is twee wenners gekies. Robbie en Charles. Hier is die twee wenfoto's:

 

Ons nuutste wenner is Gerhard Beukes vir die tema: "Die wereld in 'n korreltjie sand." Baie geluk ook aan Gerhard met hierdie foto:

Die wenner van die tema "weerkaatsings" was Lientjie Beyer met hierdie pragtige foto:

In die stomstreke temafoto kompetisie was daar twee wenners. Die een was Emil se stomme soldate:

Die ander wenner was Lientjie se dogtertjie:

Die volgende tema was "Koekerasie" en die wenners was Susan met hierdie foto, sowel as Charles met die foto onderkant die olifante...

Hier is Charles se foto...

Ons volgende tema was "Wereld in 'n truspieel:"

Die wenners was

Rudi:

En ook in die Digitale afdeling was Charles 'n waardige wenner:

Francien se foto was nog 'n wenner in hierdie rondte:

En Ingrid se terugblik op dogtertjiewees het aan haar 'n plek besorg:

Ons volgende tema was "Windlawaai," en die wenners was Marietjie en Antoinette. Hier is Marietjie se foto:

En hier is Antoinette se foto:

Die volgende tema was "Pouse langs die pad," en Ansie was die wenner met die letterlike pouse langs die pad:

Rudi Kleynhans was die wenner van ons Papierpaleis temafoto-kompetisie met hierdie romantiese paleis!

 En toe bring die fotoskolers hulle beste na vore vir die Temafoto "Rondomtalie" kompetisie. Ons kon nie anders as om drie wenners aan te wys nie! Die gehalte was net so hoog en ons wou niemand te na kom nie. Susan, Hannes en Charles het met die louere weggestap. Hier is hulle foto's.

Hannes was in die buitenste ruim vir sy rondomtalie:

Susan was in die Buitenste-lande...

En Charles was net buitentoe...

En in die laaste temafoto-kompetisie vir die jaar, was dit Charles wat die temafoto "traanspoor" so skerp en helder interpreteer het dat hy die waardige wenner was!

Ons tema vir Februarie is 'n besonderse uitdaging, dit is: "Holoprintl" - Laai gerus jou foto met die titel: "Temafoto:Holoprintl" en jy staan 'n kans om R250.00 in prysgeld ryker te wees.'n Holoprint is iets wat oral in die natuur voorkom, en jy kan dit selfs in jou tuin vind. Dit het 'n bepaalde patroon. Om meer uit te vind daaroor, loer gerus in by my vriend, Bruce Copley se webwerf: Aahalearning of besoek die skakel  http://www.aahalearning.com/holoprint/ julle gaan stomgeslaan wees as julle eers begin soek na of bou aan holoprints in julle eie omgewing. Dit is inderdaad van die wonderwerke van die skepping !!

Die sluitingsdatum  is 15 April om 20:00.

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html