Daar is so klomp mooi geboue in Swakkopmund, maar ai, voertuie, heinings, pale, mense in die pad. So hier wys ek net hoe mooi die hotel is. Ek het nie eers die mooie tronk afgeneem nie!

Dankie vir die kyk na die ligtoring, ek het dit reeds regop getrek

Views: 30

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Magda vd Merwe on Thursday

Dis pragtig Tersia, ons wil ook bietjie toer Namibia toe as alles reg loop so volgende jaar.

Comment by Tina le Grange on Thursday
Tersia ek voel dieselfde as Rika
Altyd 'n voorreg om in die mooie Swakopmund rond te loop
Comment by Rika Schoeman on Thursday

Tersia, dit klink of dit beplanning geverg het om die gebou so goed moontlik te fotografeer sonder te veel "clutter", en ek dink jy het jou doel bereik met 'n goeie foto.

Comment by Josef Steyn on Thursday

Mooi Tersia.

Comment by Gerrie Lambrechts on Thursday

Baie mooi en baie goed beplan Tersia.

Comment by Riaan on Thursday

die hoek van die gebou moet seker die mooiste en hoof fokus wees as die naam ook daar geplaas is. ag Tersia hierdie voorwerpe sal altyd mens se pret wil bederf maar ten spyte daarvan is dit steeds 'n mooie toneel en jy't dalk argitektoniese sy daarvan in die Duitse styl baie mooi vasgevang

Comment by Doretha Kock on Thursday

Tersia, mooi beplan en geneem, so tussen die steurings deur.

Comment by Elna Geringer on Thursday

Ek het al gesê om geboue en kerke af te neem vra ook vir baie vroeg opstaan, voor daar mense en verkeerd is. Ek hou van jou toneel Tersia. Dit lyk so skoon

Comment by Hennie Cronjé on Thursday

Hierdie is 'n bekende landmerk in Swakop. Baie mooi ingezoom om net die werklike mooi deel te toon. Baie mooi en goed uitgevoer!

Comment by Willie Schoombee on Thursday

Tersia dit bly maar ñ probleem vir enige fotograaf, jy het hier geslaag om die mooi gebou te wys en so jou doel bereik. Pragtig!!

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html