Ek het hierdie foto wit en swart gemaak. Toe het ek net kleur ingebring in die oog en die kolletjie op die neus. Kon dit nie kleiner crop want dan lyk dit nie goed darem behou ek liewer die takke. Plaas foto net omdat dit vir my n eerste is om hd voël te sien.

Views: 33

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Bruwer Burger on November 10, 2018 at 7:37am

Dit is pragtig.

Comment by Willie Schoombee on November 9, 2018 at 5:04pm

Hulle is besonderse voëls en jou foto bevestig dit Marenschia. Pragtig!

Comment by Christa Snyman on November 9, 2018 at 4:47pm

Pragtig, hou van die verwerking, Marenschia. Hou baie van die kuif en daardie oë!!

Comment by Tina le Grange on November 9, 2018 at 4:20pm

Marenschia wat 'n pragtige Arend; ek hou baie van die komposisie en albei foto's het sy eie meriete; ek kies wel die onderste een.

In ons woonbuurt is baie muisvoëls, glasogies, hadidas, tarentale ens. maar kan net droom van Arende.

Comment by Elna Geringer on November 9, 2018 at 1:55pm

Lieflik Marenschia, ek hou van die verwerking. Hulle is volop hier by ons. Baie goeie foto, beide van hulle

Comment by Hennie Cronjé on November 9, 2018 at 1:43pm

Die komposisie is goed en die fokus slerp. Die foto was van die begin af onderbelig weens die helderder agtergrond. In wit en swart kan mens dan verwag dat die voël baie donker gaan uitkom. Om die kleur in die oog terug te bring, was 'n goeie idee, maar die geel daarvan moet helderder kom om dit meer opvallend te maak. Verder baie mooi.

Comment by Gerrie Lambrechts on November 9, 2018 at 12:04pm

Onderste foto my keuse, mooi geneem Marenschia.  Hier leer ek goggas en voëls ken.

Comment by Tersia Weitsz on November 9, 2018 at 11:33am

Daai kuif en oë!!!  Stunning Marenschia

Comment by Anita du Toit on November 9, 2018 at 9:55am

Jy het dit besonders verwerk, en die stomp links balanseer mooi met die voel se kuif. PRAGTIG!

Comment by gabriel parsons on November 9, 2018 at 9:23am

Dit is n pragtie foto en Voel Marenchia. Amper ongewoon om hom in n boom te sien hulle is baie lief vir telefoonpale

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html