Argitektuur; Trubeligting; 10 /1/2020 om 18:21

Afrikaanse Taalmonument, Paarl
Webblad: “Die wortels van Afrikaans lê oor drie kontinente versprei, naamlik Europa, Asië en Afrika? Die argitek, Jan van Wijk, het die monument juis só ontwerp om erkenning te gee aan die diverse herkoms van Afrikaans en met inagneming van die pragtige natuurgebied”
NiconCoolpixP900; 1/200 sek; Fokale lengte 4.3mm; f/8.0; ISO;200
Baie dankie vir julle kommentaar op my maanfoto van gister; ek sal in die toekoms probeer om gereeld die maanfoto’s te oefen.

Views: 23

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Rassie van Graan on January 14, 2020 at 5:22pm

Tog sin daarin om effense detail in die struktuur te sien.  Daarsonder sou dit dalk minder betekenisvol wees?

Comment by Mark on January 14, 2020 at 4:32pm

Tina ek het onmiddelik gedink dit gaan mooi silhoette wees, maar toe ek oop maak sien ek beitjie detail, ek lees toe wat Hennie sê....en ja ek voel maak die struktuur donker sodat jy nie bou detail kan sie nie.

Comment by Magda vd Merwe on January 14, 2020 at 9:49am

Uitstekend Tina.

Comment by Rika Schoeman on January 14, 2020 at 9:42am

Die lyne is sierlik en vertoon baie mooi teen die lug as agtergrond. Ek hou ook daarvan dat jy net 'n gedeelte van die monument afgeneem het, dit verhoog vir my die eenvoud en versterk die lyne. Mooi gedoen Tina!

Comment by Pine on January 14, 2020 at 9:02am

Eenvoudig en Pragtig!! Baie mooi Tina

Comment by Tersia Weitsz on January 14, 2020 at 8:14am

Tina, jy het hier mooi beplan, en n pragtige foto gekry

Comment by Hennie Cronjé on January 14, 2020 at 6:47am

Die sierlikheid van hierdie monument kom baie mooi oor in hierdie beeld. Mooi eenvoud en kontras ook. In die donker dele sien mens net-net die detail. Nou wonder ek of mens die strukture ligter moet maak om die detail beter te sien en of mens dit swart moet maak? Daar is nie ‘n reël hieroor nie - dis ‘n kwessie van smaak. My ervaring is dat waneer die detail swak sigbaar is, mens uitgelok word om die detail te ontsyfer deur skerp daarna te kyk. Dan gaan die werklike ontwerp bietjie by jou verby. Ek sou liewer een van die ander twee opsies verkies. 

Comment by Gerrie Lambrechts on January 13, 2020 at 8:15pm

Uitstekende foto, julle het die tyd vd dag goed benut. Ek is bly julle was hierdie tyd daar.

Comment by Josef Steyn on January 13, 2020 at 5:44pm

'n Wonderlike taal en mooi foto Tina.

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html