Atleet

Ek het verlede Vrydag fotos geneem by ‘n jaarlikse skool sport byeenkoms vir gestremde kinders. Van die atlete was erg gestrem soos die foto aandui. Al wat die kind kan doen is om op sy maag te seil/kruip en dan doen hy dit boonop met ‘n breë glimlag. Met ‘n knop in my keel het dit my laat besef hoeveel ons het om voor dankbaar te wees.

Views: 45

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Karen Kemp on September 19, 2017 at 5:12pm

wow....wat n wonderlike boodskap dra jou foto nie!! baie dankie!!

Comment by Christa Snyman on September 13, 2017 at 8:22pm

Dis regtig aangrypend - dankie vir die deel hiervan Neville.

Comment by Tina le Grange on September 13, 2017 at 6:57pm

Neville, Die skerp fokus op sy vrolike gesiggie met die mooi sy-beligting, is treffend

Baie goed die uit-fokus van die res van die toneel.

Die rooi gee ekstra woema.

Jou storie maak van hierdie foto 'n ekstra wenner;  baie dankie vir die deel.

Comment by Josef Steyn on September 13, 2017 at 5:52pm

Dankie hiervoor Neville. Dit ruk aan 'n mens se siel. 

Comment by Doretha Kock on September 13, 2017 at 2:55pm

Neville, 'n puik foto wat die hartsnare raak.

Comment by Marenschia Goosen on September 13, 2017 at 1:33pm

Baie mooi. Deur na die foto te kyk besef mens net weereens hoe geseend en bevoorreg mens is .

Comment by Gerrie Lambrechts on September 13, 2017 at 1:17pm

Baie mooi met pragtige fokus en kleure.  Vir hom om so ver te kom is groot prestasie.  Ons is voorwaar so bevoorreg.

Comment by Willie Schoombee on September 13, 2017 at 7:17am

Kan net saamstem met Johan en Hennie se kommentare Neville, ons kan maar net sê dankie!!!

Comment by Hennie Cronjé on September 13, 2017 at 6:51am

Pragtig! Ja, ek verstaan die knop in jou keel - ek kry amper hier ook een. Baie mooi en goed gefotografeer.

Comment by Johan Ayres on September 12, 2017 at 10:03pm

Neville, na my beskeie mening is hierdie is 'n sterk emosionele foto wat tegnies baie goed uitgevoer is. Maar beter as dit nog, dit vertel 'n storie wat ons almal ter harte kan neem. Net om oë te hê om ons stokperdjie te kan beoefen is al klaar meer as genoeg rede tot dankbaarheid.

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html