Leer fotografie op 'n lekker prettige manier
Ons het Spring Valley (naby Tarkastad) in die winter besoek en die landskap was in sy winterklere (en kleure). Ek het hierdie kop ‘n vorige keer gewys maar omdat dit so oorheersend is het dit verskeie geleenthede gebied. Daar was ‘n groterige trop skape en hulle het reg gestaan om ‘n effektiewe bydrae tot die voorgrond en perspektief te kon maak. Hulle wou egter nie saamspeel nie. Solank die voertuig beweeg het staan hulle stil maar sodra ek uitklim hardloop hulle weg. Ek kon darem uiteindelik ‘n klein klompie van hulle inkry.
Tags:
Comment
WOW WD
Puik en al het hulle nie saam gespeel nie het die wolke gesorg vir mooi atmosfeer
Pragtige landskap!
Uitstekende foto Josef
Die foto vra vir vol grootte kyk! Die lig, lyne, rondings, kleure, wolke.... alles het jy so goed vasgevang Josef!
Uitstekende landskap wat jy baie goed gefotografeer het Josef, pragtige komposisie.
Dis pragtig, met besonder goeie beligting en mooi kleure. Ook mooi skerp. Baie goed gedoen!
Baie mooi foto Josef. Ek hou vd ligstrepe.
Mooi en rustige toneel Josef.
© 2019 Created by Igno van Niekerk.
Powered by
You need to be a member of Fotoskool to add comments!
Join Fotoskool