Vandag se foto merendeel net ‘n wys-foto (behalwe as jy bietjie dieper delf). Dit is nou baie naby aan ons verhuisingsdatum na Stilbaai. (Maandag oor ‘n week). Met ‘n verblyf van bykans 17 jaar in Hogsback lê ons wortels diep en om hulle uit te trek is nogal traumaties. Een deel van die foto wys ons bestemming terwyl die onderste deel ons gemoed versinnebeeld. Julle kan self die detail invul. Dankie ook aan almal wat so gereeld na my pogings kyk en vir julle kommentaar. Elkeen word waardeer. Ek sal gedurende die volgende twee dae af en toe inloer maar sal eers volstoom terug wees as ons klaar nes geskop het. Mooi bly.

Views: 44

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Elna Geringer on October 12, 2019 at 3:10pm

Sterkte vir julle groot skuif Josef en Elsa. Groet te alle tye is nie lekker nie maar julle gaan nuwe uitdagings en nuwe omgewing met ander mense jullepad langs kry. Gelukkig groet jy nie vir FS nie...

Comment by Koos de Wet on October 12, 2019 at 11:47am

Voorspoed met julle volgende lewensfase Josef. Maak dit mooi en interessant.

Comment by Linda Erasmus on October 12, 2019 at 9:28am

alle sterkte Josef

Comment by Marsha Dreyer on October 12, 2019 at 9:21am

Baie sterkte Josef, dis maar n groot storie ons het 2 jaar  terug getrek en hoe ouer n mens raak hoe meer vat dit van die liggaam.  Gelukkig kom dit ook op n end en dan geniet jy jou nuwe tuiste. Sterkte.

Comment by Anita du Toit on October 12, 2019 at 9:14am

Om te trek is 'n traumatiese gebeurtenis. . sterkte daarmee. Jou foto verwoord dit simbolies goed

Comment by Gerrie Lambrechts on October 12, 2019 at 8:58am

Hierdie dans voëltjie het nou besluit om tata te waai. Die nuwe tuiste lyk sommer lekker. Gelukkig is ’n mens mos aanpasbaar. Sterkte met die inpak en trek en ook met die wegmaak van dit wat goed was om te hê, maar nie meer nodig is nie.  So skaal ons maar almal af. Nou wag ons vir die mooi see foto's en ek gaan sommer baie by jou leer.  Groete en voorspoed.

Comment by Tersia Weitsz on October 12, 2019 at 7:52am

Om wortels uit te trek, is nie altyd maklik nie, maar as jy dit positief benader gaan dit sommer baie voorspoedig gaan.  Nogtans sterkte en ons kan nie wag om julle in ons mooie area te verwelkom!  Ek is mal oor jou foto

Comment by Mark on October 12, 2019 at 2:46am

Sterkte met die trek Josef, ek glo julle sal baie gelukkig wees in Stilbaai.

Comment by Riaan on October 11, 2019 at 10:17pm

verseker nie 'n gebeurtenis wat mens normaalweg sommer afmaak nie en julle emosies sal sekerlik wipplank ry wat RC faktor is mos maar altyd in die pad van verandering.. so bly dis nie ek wat vvan die pragtige Hoggsback moet afskeid neem, ek sal bitterlik hartseer wees, sterkte ou mater

Comment by Christa Snyman on October 11, 2019 at 9:31pm

Die foto weerspieël baie goed hoe mens se gemoed kan skommel met so 'n groot gebeurtenis. Baie welkom in die Suid-Kaap  ... dit word nie verniet die paradys van die Tuinroete genoem nie. Glo julle gaan baie gelukkig hier woon.

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html