Baie dankie aan elkeen wat by my vorige foto vertoef het. Ek het geen idee wat die blommetjie se naam is nie. Dit groei in die tuin van Vorstershoek gasteplaas in die Lady Grey omgewing. Dalk ken een van julle dit. Die wind was lasting en daar is effe beweging te sien

(Swartlap was geen opsie in die deurmekaar bos nie)

Canon 7D MK II : Canon 18-200 mm lens
Brandpuntafstand : 180 mm
Tyd 1/250 sek
f/5.6
ISO 500
Exp Bias : 0 Stop
AV Mode

Views: 25

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Tina le Grange on May 17, 2019 at 6:15pm

Elna ons buurman het ook bosse van hierdie struik met die mooi fyn blommetjies.

Mooi beligting en mooi skerp.

Comment by Ella Fourie on May 16, 2019 at 8:50pm

Mooi agtergrond en goeie komposisie, goed gedoed.

Comment by Gerrie Lambrechts on May 16, 2019 at 9:33am

Mooi geneem, die lig speel goed saam.

Comment by Rika Schoeman on May 16, 2019 at 9:25am

Ek hou van die plasing van die blommetjie Elna, dit trek aandag met die stuifmeeldrade baie mooi te sien.

Comment by Pine on May 16, 2019 at 8:15am

Pragtige blommetjie en ñ Baie Mooi foto Elna!

Comment by Josef Steyn on May 16, 2019 at 8:02am

Al te mooi Elna. Die blom is 'n Gaura of te wel Wand Flower.

Comment by Hennie Cronjé on May 16, 2019 at 7:18am

Gelukkig is die blom wit, want dis ‘n low key foto met mooi ryk en diep kleure. Nou staan die blom mooi uit. Die agtergrond is besonder mooi. Baie goed gedoen!

Comment by Willie Schoombee on May 16, 2019 at 6:51am

Die boonste foto vertoon goed met die interessante agtergrond, onderste foto is die blommetjie oorbelig met verlies aan detail Elna.

Comment by Tersia Weitsz on May 16, 2019 at 5:06am
Elna, goed gedoen met agtergrond, jou mooie blommetjie sou seker beter gewys het met jou swart lapppie
Comment by Elna Geringer on May 16, 2019 at 4:16am

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html