Blom refleksie

Het my nuwe extension tubes wat ek vandag gekry het uitgetoets, dis nogal moeilik om te gebruik, sal graag julle kommentaar wil hê :)

Albums: Macro

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Johann Visser on April 10, 2012 at 3:07pm
Amazing, baie mooi!!
Comment by Elaine de Bruin on April 9, 2012 at 2:16pm

Baie dankie Charles, ek dit gou probeer en dit werk baie goed, veral met 'n tripod anders verloor ek fokus.

Comment by Charles Whitehead on April 8, 2012 at 6:22pm

Elaine - ek weet nie of jy dit gebruik nie, maar net so bietjie raad ter wille van die Fotoskolers.

Indien jy op 'n driepoot werk en jou kamera het "Liveview", gebruik dit gerus in die plek van die gewone viewfinder vir fokus. Jy kan die foto vergroot met 5 of 10 maal en die area waar jy fokus rondskuif op die skerm vir baie akkurater fokus. Met Liveview kan jy inteendeel akkurater fokus as andersinds.

Soms is die kamera baie laag of in 'n ongemaklike posisie en Liveview werk uitstekend in die situasies

Comment by Elaine de Bruin on April 8, 2012 at 6:13pm

Baie dankie Rudi, Charles, Michael.  Ek sal die foto bietjie kleiner crop.  Die extension tubes is nogal iets om gewoond te raak, ekt hier al 3 gebruik, en die dof is maar klein.  Gaan volgende keer net 1 of 2 op 'n slag probeer.  Sal nog baie moet oefen om dit gewoond te raak.

Comment by Michael Cronje on April 8, 2012 at 6:11pm

Well done!

Comment by Charles Whitehead on April 8, 2012 at 6:10pm

Baie mooi Elaine - veral die kleure pop lekker en die fokuspunt is skerp. Ek sou dalk net nog nader gecrop het.

Extension tubes het sy plek en hulle werk. Die diepte van veld raak net ongemaklik vlak wat uit die aard van die saak fokus moeilik maak. Verder verloor jy heelwat lig en moet maar fotos is sterk lig neem of lang sluiterspoed verduur.

Comment by Rudi Kleynhans on April 8, 2012 at 5:49pm

Pragtig!

Comment by Elaine de Bruin on April 6, 2012 at 1:13pm

Baie dankie Igno, Hannelie en Joanette.

Comment by Igno van Niekerk on April 6, 2012 at 5:49am

Hallo Elaine, ek dink jou nuwe extension tubes speel dalk 'n rol ;-) maar wat hierdie fotohelp werk is die komposisie, die diagonale lyn wat mens se oog na die druppel lei, sowel as die verskil (kontras) tussen die in-fokus en uit-fokus dele. Goeie ene, groete, Igno

Comment by Hannelie Le Cornu on April 5, 2012 at 8:17pm

Lieflik! Mooi!

© 2013   Created by Igno van Niekerk.

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html