Dankie vir die kyk en kommentaar op gister se foto. Ek waardeer dit.

Die foto is vroegoggend geneem met makrolens - het so bietjie gespeel om die tyd om te kry. Het nie ander lens wat F2.8 kan gee nie. WErk dit?
Shooting Mode Manual Exposure
Shutter Speed 1/160
Aperture Value 2.8
Metering Mode Evaluative Metering
ISO Speed 200
Lens EF100mm f/2.8 Macro USM
Focal Length 100.0mm

Views: 36

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Christa Snyman on October 11, 2018 at 9:49pm

Die kleure is besonders en dit skep lekker atmosfeer. 

Comment by Hennie Cronjé on October 11, 2018 at 3:39pm

Die makrolens is reg. Mens kan landskappe daarmee doen. Die komposisie van hierdie foto is goed met skerp fokus. DIs egter onderbelig. Miskien is dit soos dit gelyk het, maar bietjie meer lig sal die foto baie goed doen.

Comment by Elna Geringer on October 11, 2018 at 2:52pm

Dankie vir die deel Pieter. Ek leer by Josef

Comment by Bruwer Burger on October 11, 2018 at 2:06pm

Dit werk vir my Pieter...jou foto is mooi met die min lig inagenome.

Comment by Mara on October 11, 2018 at 1:43pm

dit is soooo rustige foto, hou daarvan!

Comment by Dawid Roos on October 11, 2018 at 1:07pm

Ek kan nie sinvol krit hier nie...maar as n foto so deur die mis en verte..is dit vir my mooi.. 

Comment by Josef Steyn on October 11, 2018 at 12:23pm

Jy kan sekerlik 'n makrolens vir landskappe/seeskappe gebruik. By f2,8 word die plek waar jy fokus baie belangrik. Hoe nader jy aan jou staanplek fokus hoe kleiner gaan velddiepte wees. Vir hierdie foto sou dit waarskynlik beste wees om op die boot te fokus. (As die kamera regkry om in sulke swak lig te fokus)

Comment by Tersia Weitsz on October 11, 2018 at 12:20pm

Vol containers gelaai, mooi gedoen Pieter

Comment by Gerrie Lambrechts on October 11, 2018 at 11:16am

Mooi, ons sien nooit sulke bote nie hulle vaar ver verby.

Comment by Anita du Toit on October 11, 2018 at 9:31am

Dit gee jou so 'n "mistige" gevoel :-) Ons kyk maar wat die slimmes se ..

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html