Dankie vir die krits by gister se foto

Die roos bos het teen 'n baie lelike muur gegroei maar die blomme was pragtig. Ek het sommer net bietjie met HSL gespeel om die resultaat te sien. Kyk op VS. Dalk hou julle daarvan of dalk nie......

Canon 7D met Tamron 16-300 mm lens
Brandpuntafstand : 20 mm
Tyd 1/800 sek
f/5.6
ISO 1250
Exp Bias : 0 Stop
AV Mode

Views: 48

Albums: Blomme

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Magda vd Merwe on December 7, 2017 at 4:59pm

Ai Elna dis werklik pragtig en dankie.

Comment by Doretha Kock on December 7, 2017 at 2:38pm

Elna, ek hou baie van die verwerking. Dis anders en pragtig.

Comment by Gerrie Lambrechts on December 7, 2017 at 1:59pm

Die onderstre een is natuurlik.  Die boonste een beslis treffend.

Comment by Vida van Schalkwyk on December 7, 2017 at 8:53am

baie mooi elna!!

Comment by Willie Schoombee on December 7, 2017 at 7:19am

Dankie vir die Rose Elna en jy het die foto sommer pragtig verwerk. Dit is treffend!

Comment by Hennie Cronjé on December 7, 2017 at 6:19am

Hierdie foto moet op volgrootte beoordeel word. Dis pragtig en baie goed uitgevoer. Ek sien jy het die foto op 20mm geneem. Met wyehoeklense kan mens amper makro-fotografie doen soos hier. Maar met daardie lense sukkel mens gewoonlik met die agtergrond omdat mens dit moeilik blur. Hier het jy op een of ander manier uitstekend geslaag om die agtergrond mooi ondergekik te maak. Baie mooi!

Comment by Christa Snyman on December 6, 2017 at 9:36pm

Elna, 'n baie interessante verwerking maar ek verkies die onderste foto, die kleure is pragtig. Dankie vir die blomme!

Comment by Elna Geringer on December 6, 2017 at 4:45pm

Jy is heeltemal in die kol Tersia. Ek het dit doelbewus so gedoen omdat die wit vir my uit gebrand gelyk het.

Comment by Tersia Weitsz on December 6, 2017 at 4:29pm

Dankie Elna!  Onderste foto se kleure is vir my baie mooi.  Boonste foto het jy geslaag om agtergrond beter te kry.  Ek weet nie of dit my rekenaar is nie, maar rose vertoon skakerings van rooi en binneste gedeeltes skakerings van grys.  Ek sal kom kyk wat ander skolers se mening is

Comment by Josef Steyn on December 6, 2017 at 3:01pm

Dankie vir die mooi blommetjies Elna. Ek sit hulle sommer dadelik in 'n bietjie water!

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html