Aangesien dit 'n PJ foto is, gaan ek bietjie info gee. Soos gesien op die nuus was hier verskriklike brande in Bettiesbaai. Ons wou vm gaan Parkrun by Harold Porter toe is dit gesluit. Ek is skelmpies by 'n boonste hek in (agie se moses) en dit is die toneel wat my begroet. Ek plaas onder een soos na die onderste gedeelte van die park. Ons het 34 huise getel wat afgebrand het en 6 motors wat uitgebrand het. Sal dit mettertyd plaas.

Views: 46

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Susan on January 13, 2019 at 1:57pm

Goeie PJ foto Anita. Ek voel die jammerste vir die diere. Dit is sleg as mense ook baie skadel ly en "memories" wat gebrand en vernietig is, kan jy nooit weer vervang nie. Maar daar is weer lewe en mens moet net vir ons Vader dankie sê as jyself niks oorgekom het nie.

Sien uit na die ander foto's 

Comment by Pine on January 13, 2019 at 9:33am

Baie mooi  foto Anita, maar nie iets wat mens graag wil sien nie.

Comment by Bruwer Burger on January 13, 2019 at 5:30am

Wow!! op volgrootte is die 'n uitstekende foto en kan mens die as baie mooi sien soos dit gebrand het.Dit is vernietegend en mens kan nie anders om jammer te voel vir al die mense en die diere nie. Wat my altyd inspireer is die feit dat die natuur die terugslag so verwerk en ek sal dieselfde foto graag weer oor 'n jaar wil sien. Baie goed geneem Agieta:-))

Comment by Gerrie Lambrechts on January 12, 2019 at 4:57pm

Skelmpies of nie, nog altyd goed beplan, mooi.

Comment by Rika Schoeman on January 12, 2019 at 4:27pm

Dis so hartseer as mens dink aan al die verliese wat die mense gelei het, maar ek dink ook altyd aan die diere wat doodbrand. Goeie PJ foto Anita.

Comment by Hennie Cronjé on January 12, 2019 at 3:16pm

Ai, dis vernietigend.Baie dankie hiervoor - tragies maar ook interessant.

Comment by Tersia Weitsz on January 12, 2019 at 3:02pm

Sjoe, dis erg!  Goed gedoen Anita

Comment by Elna Geringer on January 12, 2019 at 2:44pm

Ai dis bitter hartseer.

Comment by Anita du Toit on January 12, 2019 at 12:20pm

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html