Views: 53

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Dine Potgieter on May 16, 2018 at 10:45pm

Ns - ek sou ook nie te bekommerd wees oor "die mooi" van die water wat verlore raak nie - dan gaan ons nooit swart en wit landskappe neem nie oor die "mooi blou lug, mooi groen gras of geel blommetjies " wat "verlore" raak... Net soos mens nie by 'n impressionistiese skildery hoef te wroeg oor die "mooi fotografiese detail" wat "verlore raak" nie...

Comment by Dine Potgieter on May 16, 2018 at 10:19pm

Baie mooi - dit werk vir my goed. Ek is seker die kleurfoto is ook goed, maar vir my is swart-en-wit 'n kunswerk in eie reg, met 'n ander impak, en intent van die fotograaf (dit stel ook dikwels hoer eise aan die fotograaf, omdat baie meer dinge reg moet wees as kleur, waar kleur dikwels 'n tegnies swak foto effe red. S&W is minder vergewensgesind, en daarom so 'n wonderlike uitdaging). Ek wonder amper nooit hoe die kleurfoto lyk met 'n goeie swart en wit foto nie, net soos dit nie nodig is om te wonder oor 'n waterverfweergawe by 'n olieverfskildery nie. Hierdie foto werk goed. Die feit dat die kleurweergawe waarskynlik ook goed is, verander niks hieraan nie. 'n S&W het nie goedkeuring van 'n swak kleurweergawe nodig nie!

Comment by Tersia Weitsz on May 16, 2018 at 6:55pm

Ek so ook die foto graag in kleur wou sien, goed gedoen

Comment by Gerrie Lambrechts on May 16, 2018 at 6:23pm

Mooi geneem.  Dit is nou maar so dat party hou van s/w ek is maar een vir kleur.

Comment by Pieter Steyn on May 16, 2018 at 6:16pm

Baie mooi een goed verwerk

Comment by Hennie Cronjé on May 16, 2018 at 6:05pm

Dis pragtig met 'n baie goeie komposisie. Die fokus is skerp en beligting goed. Ook die verwerking na wit en swart is baie goed met sterk kontraste. Baie mooi - 'n baie goeie foto!

Comment by Willie Schoombee on May 16, 2018 at 3:32pm

Met die eerste oogopslag het ek gewonder hoekom jy hier na S/W verwerk het, nie die ideale foto daarvoor nie Johanna. In die voorgrond lyk dit soos ñ persoon wat daar sit, maar agv verwerking kan ek nie presies uitmaak wat dit is nie. Ek steun dus die kommentaar van Elna.

Comment by Magda vd Merwe on May 16, 2018 at 3:26pm

Baie mooi foto, maar ek stem met Elna.

Comment by Elna Geringer on May 16, 2018 at 2:56pm

Die water by uMdloti kan so mooi helder wees. Ek wonder of jy nie die mooi daarvan laat verlore gaan het met Mono nie? Op VS kan die vries van die branders duidelik gesien word maar ek sal graag die kleur foto ook wil sien. Die rotse in die voorgrond behoort goeie detail te wys maar weereens voel ek die mono faal so effe. Ek gaan weer kom kyk wat dink die ander

Comment by Josef Steyn on May 16, 2018 at 2:43pm

Goed gedoen Johanna.

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html