Hallo almal, dit gaan goed met ons, is nou in Port Elfred en ry môre Addo toe.
Het hierdie Arend gekry in KNP dis n jonge.

Views: 35

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Rika Schoeman on January 15, 2019 at 3:15pm

Hoendervleis mooi Magda.

Comment by Gerrie Lambrechts on January 15, 2019 at 2:56pm

Mooi foto met goeie detail.

Comment by Doretha Kock on January 15, 2019 at 12:21pm

Uitstekend, Magda.

Comment by Hennie Cronjé on January 15, 2019 at 7:40am

Dis 'n pragtige voël en ook 'n pragtige foto! Baie goed gefotografeer. Die detail op hom is iets besonders. Mooi!

Comment by Willie Schoombee on January 15, 2019 at 6:38am

Die skerp detail op die vere maak dit ñ baie spesiale foto Magda. Dit is pragtig. Lekker toer!!!

Comment by Elna Geringer on January 15, 2019 at 4:49am

Hy het net vir jou gewag Magda......perfek en julle moet Addo geniet hoor

Comment by Riaan on January 14, 2019 at 10:30pm

Magda hier't jy wraggies 'n pragtige een kom wys wat my baie jaloers maak want met 'n selfoon kan jy nie dit namaak al is jy ook die Ajatollah van Iran. dis so mooi skerp en die ooglopende oogkontak is baie spesiaal. ek het Desember vir die eerste maal 'n Breëkop van naby in die veld gesien en dit was 'n hoendervleis ondervinding. ek lees daar was eenmaal 'n eksperiment met 'n mak een gedoen waar hulle 'n spul tarentale gevang en byna 11km van 'n mak Breëkop weer losgelaat het. die voël het dit blykbaar gesien en een van die tarentale gaan vang. dit klink vergesog maar dat dit 'n majestieuse voël is om in lewende lywe te sien, is nie altemit nie. selfs die mak een by Eagle's Encounter by Spier se kyk is genoeg om mens hoendervleis te gee. baaaie dankie vir hierdie awesome foto

Comment by Susan on January 14, 2019 at 10:05pm

Mooi oop is sy vlerke. Pragtig Magda

Geniet ADDO.

Comment by Pine on January 14, 2019 at 9:03pm

Baie mooi foto Magda. Oog kontak is ook goed. Dit lyk of hy vir jou gekyk het

Comment by Anita du Toit on January 14, 2019 at 8:56pm

Sjoe dis mooi Magda.. lekker kuier in Addo!

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html