Leer fotografie op 'n lekker prettige manier
Baie dankie aan elkeen wat by my vorige foto vertoef het. Die Bruin Arend (Dark Adult) het ons in die lug gesien sirkel en toe afduik grond toe. Hier het ek die foto geneem. Wat hy gevang het, weet ek nie, en ek plaas die foto meer om te wys hoe goed hulle visie is. Ons het hom vir ‘n hele tyd lank in die lug gesien en as julle kyk hoe ruig die gras is waar hy sy prooi gevang het dan wi ldit nogal gedoen word. Hulle moet ongelooflike goeie visie hê
Canon 60SX HS Powershot
Brandpuntafstand : 247 mm
Tyd 1/320 sec
f/6.5
ISO 100
Auto Mode
Tags:
Albums: Rondrits : Graskop / Haziview / KNP 2018
Comment
Hy smelt ongelooflik goed saam met met die omgewing. Mooi Huey.
Die storie aan hierdie foto verbonde maak die foto. Pragtig en baie interessant.
Ons verstom ons ook gereeld oor hulle uitstekende visie, Huey. Hulle is darem pragtige roofvoels.
WG Huey...
Dankie Huey vir die inligting; die 'leeu' van die geveerdes.
Pragtig Huey
Mooi geneem.
Julle geniet die natuur omtrent en inkorporeer julle stokperdjie baie goed daarmee - wat 'n voorreg!
Verseker Huey. Mooi foto Die dowwe streep is n grasie wat die kamera uit gefokus het.
Huey die outjie is 'n Roofarend / Tawny Eagle en mooi geneem. Elna ek vermoed dit is 'n takkie wat in die pad was.
© 2019 Created by Igno van Niekerk.
Powered by
You need to be a member of Fotoskool to add comments!
Join Fotoskool