Die objek beweeg

In teenstelling met die wikkelfoto's, waar die kamera beweeg, kan mens die kamera stil hou sodat die objek in die prentjie beweeg. Hier was dit natuurlik die see. So 'n foto val in die grys sone tussen goeie ontwerp en kunsfotografie. Hierdie foto sal ek meer onder goeie ontwerp plaas, omdat daar so baie items in is wat skerp is en met kleur en kontras prominent vertoon. As dit andersom was, kon dit deurgaan vir kuns.

Views: 76

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Willie Schoombee on Monday

Baie mooi foto en baie goed uitgevoer Hennie, stadige SS, fantasties!

Comment by Tina le Grange on Sunday

Die skerp voorgrond en dan die middel en agtergrond wat sagter raak is voorwaar treffend en so ook die komposisie.

Hennie, weer eens baie dankie dat jy self ook foto's plaas met die wenke daarby.

Comment by Christa Snyman on Sunday

Sjoeee dis pragtig en 'n weer-kyk foto met die wasigheid van die see en die donker rotse wat mooi inleidende lyne vorm. 

Comment by Riaan on Sunday

dis 'n lieflike toneel wat amper mistiek voorkom met die "sagte" branders en see agter en dan beklemtoon die skerp rotse dit soveel meer

Comment by Anita du Toit on Sunday

Sooo pragtig!!

Comment by Vida van Schalkwyk on Sunday

beslis 'n weer-kyk foto hennie, pragtig!!

Comment by Gerrie Lambrechts on Sunday

Oe! dit is vreeslik mooi.

Comment by Rika Schoeman on Sunday

Die sand in die voorgrond trek mens se oog die see in en tot by die punt van die berg. Dit is pragtig.  Ek wil saam met die ander sê baie dankie vir al die lesse en wenke wat jy deel.  Ek leer uit elkeen.

Comment by Magda vd Merwe on Sunday

Baie goed gedoen Hennie

Comment by Elna Geringer on Sunday

Stunning soos net jy en die mooie NV kan doen

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html