Wat 'n ongelooflike, vriendelike karakter. Ek hoop ek het bietjie van sy karakter vasgevang.

Views: 417

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Johan de Beer on August 2, 2018 at 9:17pm

Baie mooi mety 'n storie

Comment by Maria Botha on November 27, 2014 at 11:28am

Baie mooi storie!!!

Comment by Hans Myburg on September 4, 2014 at 9:40pm

Mooi een,vriendelik en gelukkig atmosfeer,mooi

Comment by Lientjie Beyer on February 16, 2014 at 2:35pm

Pragtig!!!

Comment by Renette van der Merwe on December 26, 2013 at 8:57pm

Baie vriendelike mens dit straal uit hom uit

Comment by Louisa van Niekerk on December 18, 2013 at 8:36pm

So 'n gelukkige foto.

Comment by Henriette Auerswald on November 22, 2013 at 6:34pm

Warm, menslike mens. Ek sou dalk vir hierdie een foto die "donker" bruidegom en die boom bokant sy kop uitsny. Wat het ons dan? n stralende bruid en n vriendelike predikant wat na haar uitreik met die Bybel in sy hand. Pragtig

 

Comment by Doretha Kock on May 10, 2013 at 11:52am

Vir my 'n pragtige, natuurlike, spontane foto, geneem in die buitelug onder minder ideale omstandighede.  Die oomblik maak die foto.

Comment by Laetitia Bothma on March 16, 2013 at 3:11pm

lyk wonderlik, so met die Bybel in sy uitgestrekte hand!

Comment by Ilza Rautenbach on February 28, 2013 at 2:14am
Dis 'n uitdaging om hierdie foto te beoordeel! Ek twyfel sterk of ek jou doel met die foto sou gesnap het, as dit nie vir die onderskrif was nie. Ek het ongelukkig eers die byskrif gelees voordat ek na die foto gekyk het. My oog het onmiddellik na die ligste deel van die foto gegaan, wat natuurlik die bruid se gesig is (en so hoort!)Toe begin ek die vriendelike predikant soek, na aanleiding van die byskrif.
Dis jammer sy gesig het soveel skadu op - sou 'n flitslig miskien hier kon werk? Mens sien wél die innemende persoonlikheid, maar meer uit die liggaamstaal, as uit sy gesiguitdrukking.
Toe kry ek die bruidegom, vaal en weggesteek in die hoekie - miskien sou 'n flitslig hom ook kon help?
Toe bekyk ek die bos blomme en die gedrapeerde net en die breë, donker pilaar en die oorbeligte agtergrond begin om my te pla.
Die predikant aan die een kant, en die huwelikspaartjie aan die anderkant sorg vir balans in die foto maar ek wonder as die foto gecrop kon word ongeveer in die middel en vertikaal of dit sou saakmaak dat mens nie sou kon sien na wie die vriendelike man sy arms uitsteek nie?
Die foto vertel 'n heerlike, duidelike storie en behoort beslis in die trou-album vir daardie rede.
Die foto mis ongelukkig 'n paar elemente volgens dit wat julle vir ons by fotoskool+ leer: Eenvoud, goeie beligting, agtergrond. Die res is daar om van die foto 'n sukses te maak.

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html