Diepte en lyne; Frankfurt-stasie 29/6/2018 om 09:42

Nie die maklikste toneel gewees nie.
As 'n reël moet die helder lig nie teen die kant wees nie, hier meen ek die lig kan daar wees omdat dit die einde van die toneel is??

Ek wou die verkeerslig inkry en daarom het ek nie afgesak op my knieë nie.
Ek is onseker oor die beligting a.g.v. die vensters. Soos dit nou is, lyk die histogram reg. Ek het die gryspunt-regstelling probeer maar toe was die toneel te pienk.
Ek was gelukkig om die stasie hier mooi oop te kry. Ons het vanaf Frankfurt per trein gereis na Keulen.
Canon PowerShot SX60HS
1/8 sek
Fokale lengte 13.9mm
f/5.0
iso-100
Dankie vir julle kommentaar op die Namibia Lugdiens se vlag op die vliegtuig se vlerk. Willie jy het 'n goeie idee gegee vir bemarking :-)

Views: 40

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Susan on September 15, 2018 at 8:16pm

Lekker lyne Tina, die lig pla my nie. Ek hou van die eindpunt PRAGTIG

Comment by Vida van Schalkwyk on September 15, 2018 at 9:09am

treffende foto tina, wow!!

Comment by Hennie Cronjé on September 15, 2018 at 8:19am

Pragtige diepte en lyne - baie suksesvol uitgevoer. Jou kop werk al reg om 'n foto om jou raak te sien. Hierdie foto het goeie trefkrag - mooi!

Comment by Riaan on September 14, 2018 at 8:42pm

te veel mooi punte om te herhaal wat die ander reeds gesê maar die eerste indruk is die donker en ligte lyne wat saam pragtige diepte perspektief gee. moeilike een wat jy pragtig verwerk het Tina

Comment by Dawid Roos on September 14, 2018 at 7:47pm

Hou van Tina..Goeie fokus tot agter...wg

Comment by Josef Steyn on September 14, 2018 at 6:13pm

Tina, jou foto is eksieperfeksie. Die helder lig in die verte pla glad nie en jy het goed gedoen om die verkeerslig op die regte plek te kry.

Comment by Willie Schoombee on September 14, 2018 at 4:49pm

Tina baie goeie DOF in hierdie foto, maar wat dit ñ baie goeie foto maak is dat die lyne die oog vat tot by die verkerrslig en daar stop. Die komposisie help ook om dit ñ kwaliteit foto te maak. Baie goed gedoen. Die weerkaatsing is deel van die opset en pla gladnie.

Comment by gabriel parsons on September 14, 2018 at 4:21pm

Hier het jy pragtig van die lyne gebruik gemaak Pragfoto

Comment by Tersia Weitsz on September 14, 2018 at 2:33pm

Lyne, herhalings...  mooi gedoen Tina

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html