Diptych was die klub se maandtema. Ek is nie so gek daaroor nie, maar van die top-fotos van die aand het my van opinie laat verander - oa 'n pragtige, hoogs kreatiewe swart-en-wit wat iemand van 'n selfoonfoto verwerk het.

Views: 29

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Dine Potgieter 13 hours ago

Baie dankie almal! Daar is 'n redelike sterk verband tussen die twee fotos. Die eerste is die toerustinghut, waar die klim begin - die bergklim-helmet en crampons is integraal deel van die storie (en die helmet is selfs 'n subtiele fokuspunt). Gelukkig het die klub-beoordeelaars dit ook so ingesien - miskien is hulle skelm klimmers!

Comment by Anita du Toit on Saturday

Pragfoto's

Comment by Linda Erasmus on Friday

dankie dat jy al die plekke met ons deel! en die tema het my nou mooi aan die dink gesit!

Comment by Tina le Grange on Friday

Dine, hier staan ek onder op die leer; nietemin regs is briljant

Links; ekself hou van tonele wat vir myself sê; 'van hier, na daar…." Dit is wat ek links sien - baie besonders. Al wat in dié geval pla is iets wat hier regs hang met effe oranje kleur. Vir die res vorm die struktuur 'n raam om na buite te kan kyk.

Comment by Rassie van Graan on Friday

Droomfoto's Dine!  Pragtige natuurtonele wat jy met ons deel!

Comment by Doretha Kock on Friday

Dine, ek het ook te min kennis vir kommentaar, maar die twee foto's vertel vir my 'n storie. Die eerste een 'n blik op die piek wat jy toe in die tweede foto, bemeester het. Welgedaan.

Comment by Rika Schoeman on Friday

Ek gaan my nie uitlaat oor die tema nie Dine, maar wat ek wel kan sê is dat die regterkantste foto baie mooi is en dat die blou die gevoel van ekstreme koue beslis verhoog.

Comment by Josef Steyn on Friday

Ek hou baie hiervan Dine. Die regterkantse een is iets besonders.

Comment by Gerrie Lambrechts on Friday

Jou foto's is so besonders, moet darem wonderlik wees om dit te beleef. 

Comment by Hennie Cronjé on Friday

Oor die algemeen is samegestelde fot’s nie so treffend soos enkel foto’s nie, omdat mens eenvoud inboet. Hier bv is die regterkantse foto die eintlike foto wat regtig pragtig is. Die komposisie daar is baie goed. Die linker foto is meer ‘n wys-foto en dra nie regtig by tot die geheel nie. Die ideale diptych foto moet so wees dat die twee foto’s mekaar komplimenteer, terwyl elkeen in eie reg ‘n mooi foto is. 

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html