Dis darem nou boereverneukery van die voorste water hierso - die arme Kwikkie swoeg en sweet om die Diederikkie se maag vol te kry.

Views: 48

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Elna Geringer on January 12, 2019 at 3:13pm

Perfek Linda en 'n toneeltjie wat nie elke dag gesien word nie. BGG en wees beslis trots op die foto

Comment by Rika Schoeman on January 12, 2019 at 9:35am

'n Interessante oomblik in die natuur pragtig vasgevang. Goed gedoen Linda!

Comment by Gerrie Lambrechts on January 12, 2019 at 9:25am

Puik Linda.

Comment by Bruwer Burger on January 12, 2019 at 8:34am

'n baie goeie foto van 'n parasiet en 'n mooi een daarby. Laat my dink aan ons ryk taal soos bv." 'n wolf in skaapklere en daar is nog baie voorbeelde. Terug by die foto:-)) Baie mooi een Linda

Comment by Adriaan Loots on January 12, 2019 at 7:35am

Uitstekend gedoen !

Comment by Hennie Cronjé on January 12, 2019 at 6:36am

Uitstekend! Jy het 'n besondere oomblik baie goed vasgevang met 'n pragtige foto. Mooi skerp met goeie beligting. Die agtergrond is ook uitstekend geblur. Mooi!

Comment by Tersia Weitsz on January 12, 2019 at 6:24am

Baie interessant en mooi

Comment by Willie Schoombee on January 12, 2019 at 3:13am

Linda dit is een wat jy mooi moet bewaar, seldsaam en baie goed gefotografeer. Riaan het dit pragtig opgesom! WD!!

Comment by Susan on January 11, 2019 at 10:32pm

Sjoe die kleure is stunning en kom so mooi uit. Ja soos Riaan sê, die Kwikkie gaan haar dood werk om vir haar "kind" te sorg. Ai die natuur is en bly net te interessant. PRAGTIG

Comment by Riaan on January 11, 2019 at 9:49pm

Linda hierdie foto beïndruk geweldig baie want die interessante interaksie tussen die pleegouer Kwikstert en die "parasiet" Diederikkie is met perfekte tydsberekening geïllustreer. om die kroon verder te span is die velddiepte ook inni kol sodat altwee voëls mooi skerp is. dis inderdaad boereverneukery want hierdie Kwikkie sal homself totaal uitput om die aanhoudende gekerm van die jong koekoek stil te kry. jy kan jouself maar opi skouer klop met hierdie bydrae

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html