Femtofotografie. Nie my foto. Lees onderskrif.

Vandag se bydrae is oor ‘n tegniek wat ek gisteraand raakgeloop het. Wetenskaplikes het nou, deur baie spesiale tegnieke te gebruik, daarin geslaag om ‘n video van ‘n bondeltjie lig te maak. Dit kom daarop neer dat hulle ‘n video skiet teen een triljoen raampies per sekonde (1000 000 000 000). Die foto wat ek plaas is ‘n skermvangs uit die video toe die klompie fotone die ondeurdringbare prop tref en ontplof. Deur ‘n variant van die tegniek te gebruik kan hulle nou ook ‘n foto neem van iets wat nie binne sig van die kamera is nie. (m.a.w. hulle skiet om ‘n hoek.)

Views: 41

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Elna Geringer on May 16, 2019 at 2:04pm

Eish.......hoog bo my vuurmaak plek. Dankie dat jy deel Josef

Comment by Rika Schoeman on May 16, 2019 at 9:19am

De tegnologiese vooruitgang is verstommend en sal dalk nog op vele gebiede vir die mensdom van waarde wees. Baie interessantt Josef!

Comment by Willie Schoombee on May 16, 2019 at 7:06am

Fantasties Josef, baie dankie vir die deel van hierdie interessante proses. Ek stem saam met Hennie, sal maar liewer by my huidige fotografie wil stilstaan.

Comment by Pine on May 15, 2019 at 7:50pm

1 000 000 000 000 raampies per sekonde !!! ONGELOOFLIK Josef. 

Comment by Tina le Grange on May 15, 2019 at 6:24pm

Dankie Josef en Hennie vir die verstommende inligting!

'n Voorreg om deel te wees van die kennis wat julle deel.

Comment by Hennie Cronjé on May 15, 2019 at 4:46pm

Jou kennis van fisika laat my nou agter! Ek kan nog nie alles mooi uitpluis nie, maar van wat ek verstaan, is dit baie interessant. Ek wonder waarheen dit sal gaan? Dit wil vir my lyk dat video die toekoms van fotografie is (ek hoop eers na my leeftyd!) en dat mens stil foto's uit die video sal kan uithaal wat van hoë kwaliteit is.

Comment by Tersia Weitsz on May 15, 2019 at 4:18pm

Liewe aarde Josef, dankie vir die deel

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html