Phantom of the Wild. Camera in hand, long exposure. Hierdie is ñ interessante tegniek, dit is nie ñ hakkel,of ñ wikkel, of ñ uit fokus beeld nie, maar word ñ Spookbeeld genoem. Die effek word verkry deur ñ lang lensopening (exposure).

Views: 74

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Tina le Grange on January 12, 2018 at 3:08pm

Willie, ek hou van jou aanhaling deur Edison :  "daar is 'n  beter manier. Vind dit!"

Wat ek sien en dit is treffend, dat die jakkals een kop het (op volgrootte) en  dan die spookbeelde in die res van sy lyf.  Ek hou ook van die plasing reg in die middel van die toneel en die gemengde kleure rond die toneel baie mooi af.

Hou asb aan met jou Fine Art.

Comment by Doretha Kock on January 12, 2018 at 9:41am

Baie interessant en pragtige kleure.

Comment by Willie Schoombee on January 12, 2018 at 7:01am

Ek verstaan dat hierdie een ñ moeilike een is. Baie dankie vir elkeen se kommentaar asook insette. Ek dink hierdie een sal vandag goed pas; Norman Vincent Peale het gesê " Onthou Thomas Edison se uitdaging: " Daar is ñ beter manier. Vind dit! " Mooi loop!

Comment by Johan Ayres on January 11, 2018 at 5:22pm

Ek het eers gedink dat ek lanklaas by die oogkundige was! Dit is 'n baie interessante tegniek, wat 'n mens baie kunstig kan aanwend, soos Gabriel vermeld. Ek gaan dit beslis op my "to do" lysie plaas, ek het dit self nog nie probeer nie, dankie Willie. Al my gepraat laat my vergeet wat ek eintlik wou sê: Nog 'n goeie foto in jou reeks.

Comment by Josef Steyn on January 11, 2018 at 4:31pm

Dankie vir die addisionele inligting Willie.  'n Spookbeeld soos jy hier vir ons wys kan slegs verkry word as  die kamera gedurende die tyd dat die lens oop is beweeg. Ek noem juis nie dat die jakkals dalk ook beweeg het nie want die grassies wys ook spookbeelde. As 'n mens die kamera in die hand hou vir bv. 10 sekondes gaan hy beweeg al doen jy wat. As jy die kamera absoluut stil kon hou vir die tydperk wat die lens oop is en die jakkals beweeg sal die spookbeeld anders lyk. Die gras sal in fokus wees en net die jakkals sal 'n spookbeeld vorm. Ek het 'n tyd gelede so 'n foto op FS geplaas na ons toer deur die Sudwala grot waar die spookbeed op so 'n manier gevorm is. 'n Lang lensopening op sy eie kan nie 'n spookbeeld vorm nie. Daar moet beweging van een of ander aard wees. Ongeag of ons mag verskil, dit bly 'n aantreklike foto.

Comment by Willie Schoombee on January 11, 2018 at 3:56pm

Hierdie is ñ foto van ñ Swartrugjakkals wat ek by Golden Gate geneem het. Die idee is juis om nie die beeld in fokus te kry nie, daarom word dit ñ Spookbeeld genoem, die objek beweeg ook nie, maar staan stil,  die kamera word in hand gehou en nie van driepoot gebruik gemaak nie, kamera word ook nie beweeg nie, maar so stil moontlik gehou, dit is die "long Exposure", of lang lensopening, wat dan die Spookbeeld vorm. Gabriel jy is in die kol met jou opmerking.

Comment by Rika Schoeman on January 11, 2018 at 3:19pm

Ek hou baie van jou foto Willie.

Comment by Hennie Cronjé on January 11, 2018 at 1:54pm

Ek lei af die kamera was stil op 'n driepoot en jy het gewag dat die objek(te) beweeg. Ek het dit al 'n paar keer gebruik, maar nie met groot sukses nie. Hierdie beeld is mooi, maar mens soek 'n beter definisie van die hond se kop as fokuspunt. Mens kan natuurlik 2 foto's neem met een soos hier en een 'n gewone foto. Dan kan mens in Photoshop die fokuspunt beter definieër.

Comment by Tersia Weitsz on January 11, 2018 at 12:34pm

Sjoe nog n WOW foto

Comment by Josef Steyn on January 11, 2018 at 11:42am

Ek neem aan die kamera het (of is) beweeg terwyl die lens oop is. Ek sou reken dat as die lens vir bv. 5 sek. was, was die kamera stil vir bv. helfte van die tyd en is toe effens beweeg en weer stil gehou vir die res van die tyd. As ek mooi kyk lyk dit vir my daar is drie beelde. Skryf hieroor vir my asb. Willie. Ek hou baie van die effek wat jy gekry het.

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html