Hierdie een is geneem n wyle terug op een van ons toere deur die Knysna bos net na n bui reën.
Ek het wel die geel lig in die agtergrond deur Photoshop bygesit.

Views: 81

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Karen Kemp on May 23, 2019 at 9:50pm

Oilik met die fotoshop Mickey...en welkom tussen ons. Kyk n foto met n bike trek my altyd..en hierdie is anders as die gewone ,,ek hou daarvan...en lekker diepte tot agter

Comment by Josef Steyn on May 23, 2019 at 7:35pm

Goed gedoen Mickey. Dankie vir die inligting.

Comment by Anita du Toit on May 23, 2019 at 7:19pm
Dis pragtig Mickey
Comment by Elna Geringer on May 23, 2019 at 11:55am

Ek het jou gemis toe jy by ons in die klas gekom het Mickey, maar jy is so welkom hier by ons. Ek hoop ons gaan nog baie fotos van jou sien. Hier by Fotoskool leer ons almal saam, by mekaar en veral by die wat baie meer as ons weet, en hulle kennis aan ons oordra.

Om raad en kommentaar te gee, is dit  nodig om te weet wat jou toerusting is en ook wat die kamera stellings was tydens die neem van die  foto. Jou kommentaar by ander fotos is ook baie welkom. Nog ‘n geheim is om gereeld  fotos te plaas.

Ek het gou na jou vorige plasings gaan loer en ek hou van wat ek sien. Ek hoop jy gaan sommer lekker lank hier by sons bly en gereeld wys hoe mooi jou fotografie is.

 

Comment by Gerrie Lambrechts on May 23, 2019 at 11:39am

Die fiets is goed geplaas  wat die fokus is en mens se oog trek.  Goeie foto.

Comment by Tersia Weitsz on May 23, 2019 at 11:14am
Dit lyk werklik na die son wat so deurkom na die reen. Pragtig
Comment by Hennie Cronjé on May 23, 2019 at 10:40am

Hierdie foto is vol drama! Dis weens die helder lig agter en die geel dra mooi daartoe by. Verder is hier goeie diepte met die motorfiets ‘n goeie fokuspunt in die voorgrond. Dit oorheers die wit lug agter, wat baie goed is. Hier het jy baie gewaag met die lig en verwerking, maar ek dink dis baie suksesvol. Baie geluk hiermee!

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html