Baie dankie aan elkeen wat by my vorige foto vertoef het. Gedurende Aug/Sept 2018 het ons ‘n draai gaan rits KNP toe. Op pad het ons eers ‘n draai deur Belfast en Dullstroom gemaak. Na ‘n week se verblyf in Hazyview is ons in by KNP vir 6 heerlike dae. Ek deel ‘n paar van hierdie rond-rits se foto’s. Wanneer ons tyd op hande het, hou ons daarvan om deur die plattelandse dorpies se strate te ry en te kyk wat se tipe huise/geboue/kerke daar is. Dit het on sby die “Funda-Saal” , of wat daarvan oor is, uitgebring. Ek vermoed hierdie was die ou munisipale kantore voor die saamsnelt van 2000. Ongelukkig kon ek niks op die internet kry om dit te bevestig nie. Daar is hier iemand in die klas wat meer wee ten kan vertel

EK het nie die omgewing "skoon" gemaak nie. Ek wil juis die verwaarlosing van die ou gebou beklemtoon

Canon 7D MK II met Sigma 10-20 mm lens
Brandpuntafstand : 18 mm
Tyd 1/250 sek
f/10.0
ISO 320
Exp Bias : 0 Stop
AV Mode
ON 1 Filter : B&W : Fade

Views: 54

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Rika Schoeman on January 12, 2019 at 9:28am

Hierdie gebou is so tipies Afrika, en die feit dat jy dit net so plaas soos jy dit geneem is, werk goed om die verval te beklemtoon.

Comment by Bruwer Burger on January 12, 2019 at 8:40am

Pragtige hartseer foto Elna. Lyk soos 'n gebou in Afrika en hoort nie in SA.

Comment by Susan on January 11, 2019 at 10:27pm

Ai ja, wat sal ons nou doen. As niemand gepla is oor bewaring nie, sal dit nie geskied nie.

Dankie vir die wys en die foto is reg soos dit is. MOOI

Comment by Riaan on January 11, 2019 at 10:05pm

Luvit en Elna en al is daar prag in van hierdie ou geboue is dit die tragiek van die verwaarlosing wat mens bybly

Comment by Willie Schoombee on January 11, 2019 at 2:56pm

Volgens die opskrif bo die deur kom dit vir my voor as ñ gewese stadsaal Elna, So gaan die ou geskiedkundige gebou een vir een verlore!

Comment by Gerrie Lambrechts on January 11, 2019 at 11:30am

Goeie foto Elna.  Geboue goed was in ook nie meer goed nie.

Comment by Tersia Weitsz on January 11, 2019 at 11:04am

Dis n jammerte dat soveel plekke so afgebreek en verniel word.  Mooi foto Elna

Comment by Hennie Cronjé on January 11, 2019 at 10:46am

Jy hoef regtig niks hier skoon te maak nie. Dis reg soos dit is. 'n Mooi formele foto met goeie balans/simmetrie. Tegnies ook goed uitgevoer, al was die son bietjie teen jou. Mooi!

Comment by Anita du Toit on January 11, 2019 at 10:08am

Dis 'n mooi skerp foto en vertel 'n storie Elna

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html