Ek hef my oë op na die berge - stuur asseblief net reën.

Middag almal na 'n lang ruk se afwesigheid. Ek wens jul almal 'n wonderlike geseënde 2018. Die foto is dalk nie komposisie gewys 100% nie maar toe ek dit neem het ek dadelik die gevoel van desperaatheid gekry. Hoop julle geniet dit en kommentaar is welkom.

Views: 29

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Tina le Grange on January 12, 2018 at 3:46pm

Hallo Rita, van my kant af ook baie welkom;  ons is al soos een groot huisgewin.

Mooi verskeidenheid van kleure, goeie detail en jou tema pas goed by die toneel.

Hier in die warm droë somer van die Kaap, bid ons nietemin vir 'n Wonderwerk

Comment by Rita Koen on January 12, 2018 at 3:32pm

Dankie almal.  Julle het my nou lekker laat glimlag met jul verwelkomings boodskappe.  Veral Elna.  Hahaha

Comment by Elna Geringer on January 12, 2018 at 2:46pm

Welkom terug rondloper en 'n baie mooi 2018 ook vir jou en jou gesin

Comment by Doretha Kock on January 12, 2018 at 9:57am

Pragtig!

Comment by Tersia Weitsz on January 12, 2018 at 7:38am

Ongewoon maar mooi foto

Comment by Riaan on January 12, 2018 at 7:01am

hey welkom terug Rita en voorspoedige fotografie vir 2018. siestog lyk of die ou swaar sluk aan iets met daardie bek wat nog so vol grond is na 'n grawe met die snawel sessie. kan maar net amen sê op jou gepate opskrif

Comment by Gerrie Lambrechts on January 12, 2018 at 6:44am

Detail en kleur op die vere is pragtig.  Ja ons hef ook daagliks ons oë op, maar glo die reën sal kom.  Lekker om te sien jy sit weer op jou skoolbank, wat so leeg was.

Comment by Rita Koen on January 11, 2018 at 9:10pm

Dankie Gabriel, Josef en Hennie.  Ek voel sommer weer waar ek hoort.  Hennie - die foto is nes ek hom geneem het.  Ek het net n paar basiese verstellings in lightroom gedoen,.  Terwyl ek die Hadida gefotografeer het, het ek heeltyd met my zoom gesspeel.  Hierdie een het my beslis emosioneel geraak en ek moes dit net deel.  Baie dankie vir jou positiewe kommentaar.

Comment by gabriel parsons on January 11, 2018 at 8:21pm

Prag foto Rita Baie goed gedoen

Comment by Josef Steyn on January 11, 2018 at 7:59pm

Mooi simboliek Rita. Goeie wense ook vir jou en welkom terug.

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html