Geel Laaigraaf Kyk asb op VS. Ek dink die geel kleur foeter)

Baie dankie aan elkeen wat by my vorige foto vertoef het. Iewers het die “kleur Guru” gister se foto bygekom. Nadat ek Hennie se opmerking gelees het, het ek op my rekenaar na die foto gaan kyk waar ek dit gestoor het en raai net wat????? Daar is die kleur weer heel anders as beide die skerms van FS. Ek het geen idee wat hier gebeur het nie.

Met se vandag se foto het ek eers na "Images" – “Adjustments” – “Vibrance” gegaan en die "sliders” gestel tot ek met die toneel tevrede was. Daarna het ek met die “blur” – “Field Blur” filter gaan speel tot die agtergrond verbeter het. Ek laai die oorspronklike foto onder net om te wys hoe goor die agtergrond was

Canon 7D MK II met Canon 18-200 mm lens
Brandpuntafstand : 28 mm
Tyd 1/160 sek
f/8.0
ISO 125
Exp Bias : 0 Stop
AV Mode

Dupliseer "Backgroud" foto
Selekteer Laaigraaf en Invert
Gaan na "Images" - Adjustments - Vibrance en stel "sliders tot toneel reg is
Selekteer dan : Filter - Blur - Field Blur. Stel "Sliders" tot jy tevrede is

Views: 63

Albums: Tema Fotos

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Tersia Weitsz on June 13, 2018 at 5:09pm

Jy kan lekker toor ne

Comment by Tina le Grange on June 12, 2018 at 7:15am

Elna hierdie is vir my 'n moeilike een wat betref die verwerking van die agtergrond maar ek stem  saam met Hennie dat die effek van panning geskep is, maar dan moet die gevaarte loop en 'n drywer hê. 

In geheel het jy baie moeite gedoen om die panning-effek te skep; dankie dat jy nie 'suinig' is met vir verwerkings-wenke nie.

Die fokus is mooi skerp

Voor links soek ek net 'n bietjie meer pasie

Comment by Neville Hein on June 11, 2018 at 8:58pm

Miskien is die hoek - byna son in wat probleme gee. Andersins goed gedoen Elna.

Pieter, die drywer staan waarskynlik met die kamera in die hand!

Comment by gabriel parsons on June 11, 2018 at 7:31pm

Baie mooi Elna! Ek het verlede week n foto afgehaal wat baie swak opgelaai het

Comment by Josef Steyn on June 11, 2018 at 7:24pm

Jy het tog heel goed gedoen Elna. Die geel lyk bietjie lig. As daar 'n bestuurder in die stootskraper was sou die onderste agtergrond reg wees want dan sal dit 'n foto van 'n werkende masjien wees. Dit sou die foto beter gemaak het. Jy moes sommer vir Huey as drywer opkommandeer het.

Comment by Pieter Steyn on June 11, 2018 at 6:09pm

Baie mooi een Elna - kleur lyk vir my reg. Nie so seker oor die agtergrond nie ek soek die drywer

Comment by Rika Schoeman on June 11, 2018 at 4:54pm

Dankie vir die verduideliking  van hoe jy te werk gegaan het Elna.

Comment by Gerrie Lambrechts on June 11, 2018 at 4:21pm

Mooi foto's Elna.  Jy eksperimenteer lekker.

Comment by Willie Schoombee on June 11, 2018 at 4:05pm

Hierdie is ñ interessante een Elna, veral na Hennie se kommentaar, die agtergrond dra gladnie by tot jou hoofkarakter nie, want die veld is ook ñ ligte kleur skakering. ñ Ietwat donkerder agtergrond sou beter gewerk het.

Comment by Hennie Cronjé on June 11, 2018 at 2:09pm

Op volgrootte is die geel reg, maar hier is dit effens uitgewas. Die onderste foto se geel is iets tussenin. Ek is egter nie so seker dat die "field blur" 'n verbetering is nie. Dit stel beweging van die laaigraaf voor, maar die wiele staan stil en hy is op "outo pilot"! Persoonlik hou ek meer van die onderste agtergrond. Gladnie steurend nie.

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html