Geel Laaigraaf Kyk asb op VS. Ek dink die geel kleur foeter)

Baie dankie aan elkeen wat by my vorige foto vertoef het. Iewers het die “kleur Guru” gister se foto bygekom. Nadat ek Hennie se opmerking gelees het, het ek op my rekenaar na die foto gaan kyk waar ek dit gestoor het en raai net wat????? Daar is die kleur weer heel anders as beide die skerms van FS. Ek het geen idee wat hier gebeur het nie.

Met se vandag se foto het ek eers na "Images" – “Adjustments” – “Vibrance” gegaan en die "sliders” gestel tot ek met die toneel tevrede was. Daarna het ek met die “blur” – “Field Blur” filter gaan speel tot die agtergrond verbeter het. Ek laai die oorspronklike foto onder net om te wys hoe goor die agtergrond was

Canon 7D MK II met Canon 18-200 mm lens
Brandpuntafstand : 28 mm
Tyd 1/160 sek
f/8.0
ISO 125
Exp Bias : 0 Stop
AV Mode

Dupliseer "Backgroud" foto
Selekteer Laaigraaf en Invert
Gaan na "Images" - Adjustments - Vibrance en stel "sliders tot toneel reg is
Selekteer dan : Filter - Blur - Field Blur. Stel "Sliders" tot jy tevrede is

Views: 54

Albums: Tema Fotos

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Elna Geringer on June 11, 2018 at 11:47am

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html