‘n Mens sal nou nie ‘n snyerspak hier laat maak nie, maar jy sal darem ‘n soom hier kan laat instik.
Aan die begin van my “Germiston” reeks het ek die volgende geskryf: “In ‘n poging om myself uit my gemaksone (makrogewys en persoonlikheidsgewys) te dwing, het ek besluit om te kyk hoe die lewe in Germiston middestad lyk en vir myself die uitdaging gestel om iets van die lewe van alledaagse mense te probeer vasvang.” Die foto van hierdie vriendelike man in sy daaglikse werksomgewing op die sypaadjie is een van die resultate van my middag in die stad. Dit is nie ‘n foto wat ek normaalweg sou neem as ek myself nie uitgedaag het nie en ek sou ook nie die foto plaas nie. Die foto is vir my te besig, maar ek los dit so, want dit wys die omgewing waarin hierdie man daagliks werk, maar ten spyte daarvan het hy vriendelik en tevrede vir my geglimlag. My kort ekskursie deur die stad het my laat nadink hoe geseënd ek is in vergeleke met baie ander mense en my opnuut met dankbaarheid vervul vir God se onverdiende genade aan my.

Views: 46

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Elna Geringer on September 17, 2018 at 3:00pm

Oulik Johan en die "besige" toneel werk goed. Dit vertel die storie van sy dag taak en jy het goed gedoen met die foto. Ek hou hiervan

Comment by Tersia Weitsz on September 17, 2018 at 11:42am

Eerste wat ek gewonder het, waar kry hy krag vir sy masjien (lyk na elektriese masjien, motor links onder) en ten spyte van te  besig om hom, werk hy met 'n glimlag.  Ware woorde oor dankbaarheid en seen,   pragtige foto en baie interessante reeks

Comment by jan jordaan on September 17, 2018 at 9:07am

BAIE MOOI 

Comment by Willie Schoombee on September 17, 2018 at 7:23am

Alles wat jy geskryf het is waar Johan, ons kan net met dankbaarheid voortgaan, jou foto is pragtig en beeld die werkswyse van hierdie man, wat ñ eerlike bestaan voer, pragtig uit.

Comment by Tina le Grange on September 16, 2018 at 7:46pm

Johan dankie vir die plaas van hierdie man se werksomgewing; jy is reg, ons het so baie om voor dankbaar te wees.

Jy het hom mooi eksentries geplaas, mooi lig op sy gesig en sy glimlag en sagte oë maak jou foto ekstra spesiaal.

Comment by Hans Myburg on September 16, 2018 at 7:34pm

mooi geneem.

Comment by Dawid Roos on September 16, 2018 at 6:31pm

Dink ook dit is puik, stem met jou opskrif saam..ons is baie bevoorreg..WG 

Comment by Hennie Cronjé on September 16, 2018 at 5:01pm

Goeie straatfotografie! Dit kan maar besig wees, want mens moet wys wat die situasie daar is. Baie mooi!

Comment by Pieter Steyn on September 16, 2018 at 4:59pm

Baie mooi een en goeie uitdaging wat jy vir jouself gestel het.

© 2019   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html