Ek het hierdie outjie in 'n tuin hier in Hartenbos gekry. Pootjies en al is hy 'n rapsie groter as my duimnael. Ek sal hom more meer volledig probeer wys, lyfie en al, maar met sy groen pootjies lyk hy nogal vir my na 'n gevaarlike knapie. Asseblief Riaan, vertel ons meer. (Hennie, Donderdae is doodreg)

Views: 43

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Tersia Weitsz on November 9, 2018 at 8:22am

Ek wil sê hou verby! maar dis so mooi Johan.   Ek sal maar net op n afstand bewonder

Comment by Johan de Beer on November 8, 2018 at 8:31pm

Baie mooi foto

Comment by Hannes Claassens on November 8, 2018 at 8:16pm

Hi Johan, ek is seker dit is 'n Silver vleispinnekop. Hulle is nie giftig nie (wel nie vir die mens nie)

Comment by Hennie Cronjé on November 8, 2018 at 7:48pm

Dis 'n ongewone spinnekoppie - ek dink nie ons het hom al op FS gesien nie. As ek na sy mond kyk, stem ek saam - mens moet lig loop vir hom. Dis 'n pragtige foto wat jy baie goed uitgevoer het. Mooi eenvoud, kontras, balans en kleure. Goed gedoen!

Comment by Pieter Steyn on November 8, 2018 at 6:38pm

mooi een Johan

Comment by gabriel parsons on November 8, 2018 at 5:48pm

Baie interessante diertjie uitstekende foto

Comment by Willie Schoombee on November 8, 2018 at 5:26pm

Johan jy moet nie net Spinnekoppe jag nie, jy moet vakansie hou, sommer grappenderwys, dit is pragtig gefotografeer, met interessante kleure. WD!

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html