Leer fotografie op 'n lekker prettige manier
Dankie vir jul kommentaar op die Tsessebe
Hierdie waterhoender is nie 100% so skerp as wat ek hom sou wil hê nie. Ek was 357mm of 2000mm=35mm equiv
in gezoom en het met vryhand geneem. So daarom is ek tog te vrede wat ek met die Nikon P900 reg gekry het Die water druppels is hy wat die blare skud en afbreek
Tags:
Comment
Goeie een Mark
Ek dink jy het goed gevaar vryhand, ek hou van die druppels wat so spat
Mooi - behalwe vir die kwessie van fokus wat jy aangeraak het, hou beoordeelaars ook van 'n skerp ogie wat 'n bietjie duideliker uitstaan.
Goed gedoen gegewe jou verduideliking.
Baie goed gedoen met so ń laaaang afstand foto met die vryhand Mark!! Beter gaan jy dit nie maklik kry nie.
Dit is regtig die moeilikste voels om af te neem weens die swart en rooi wat moeilike kleure is. Jy het goed gevaar Mark, daar kan net 'n bietjie meer spasie by die stertvere wees.
Pragtig Mark
Vir 2000mm en boonop vryhand het hierdie foto baie goed uitgekom. Soos die foto hier is (klein) lyk dit skerp. Op volgrootte is dit net-net nie 100% nie. Die kleure is baie mooi en die komposisie goed. Baie mooi!
© 2019 Created by Igno van Niekerk.
Powered by
You need to be a member of Fotoskool to add comments!
Join Fotoskool