Hanover

Views: 30

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Fred Beck on September 20, 2017 at 6:15pm

As so baie mense dink hy  kan bietjie regs sak, moet dit seker so wees. As ek egter "Photoshop" se "Rectangular Marque Tool" en "Lenovo" gebruik en die linkerkant van die toring meet teen die kant van die foto, lyk dit nie so nie. Dink mens moet maar besluit watter gedeelte is die belangrikste of opsigtelukste en dan daaraan werk. Omtrent sewe uur die bitter koue oggend geneem en dankie vir gawe terugvoering, advies en belangstelling.

Comment by Dine Potgieter on September 19, 2017 at 7:10pm

Mooi, maar ek dink die foto moet bietjie kloksgewys gedraai word.

Comment by Hennie Cronjé on September 19, 2017 at 5:18pm

'n Pragtige foto en gebou. Seker laatmiddag son, wat die rooi tint gee. Mooi eenvoud en kontras ook. Baie goed gedoen.

Comment by Tina le Grange on September 19, 2017 at 4:49pm

Fred die beligting op die kerk is mooi 

Die ander het reeds uitgewys dat die kerk effe na regs kan sak.

Photoshop het ook 'n opsie om dit na die tyd te doen asook die program Picassa wat jy gratis van die internet kan aflaai.

Comment by Tersia Weitsz on September 19, 2017 at 2:48pm

Mooi lig, jammer fokus sag is en ek dink ook regterkantste hoek moet bietjie sak

Comment by Josef Steyn on September 19, 2017 at 2:19pm

Mooi lig wat jy gehad het Fred. Interessante kleur wat die kerk geverf is. Waarskynlik om by die omgewing se kleur aan te pas.

Comment by Marenschia Goosen on September 19, 2017 at 1:35pm

Baie mooi. Die toring lyk regop maar hoek aan regterkant lyk effe skeef.

Comment by jan jordaan on September 19, 2017 at 11:00am

PRAGTIG 

Comment by Elna Geringer on September 19, 2017 at 10:11am

Fred dit lyk nogal of jy die kerk in die laat middag of dalk opkomende son geneem het vandaar die sterk, geel beligting. Die fokus is baie sag en jy kan dalk die foto regs laat sak. Dit is 'n baie mooi kerk

© 2017   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html