In opvolg van die Kaap se storms was die water hier by ons nogal woelig gewees. Hierdie twee kinders het hul gate uit geniet met ‘n redelik gevaarlike speletjie. Hulle het agter die muurtjie weggekruip en gewag dat die branders oor hulle slaan. (Kommentaarboksie). Ander kere het hulle vir die brander gewag en dan daarvoor weggehardloop.

Views: 30

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Elna Geringer yesterday

Goeiste, die kinders is baie dapper. Skerp gedoen Josef. Hulle gesiggies vertel beslis dat hulle hierdie speletjie geniet

Comment by Riaan on Monday

nog 'n heerlike weer en weer kyk foto Josef, soveel elemente wat die potensiële gevaar versluier en sorg dat daar eerder sorgvrye genot daar uitstraal. die rooi ligtoring gee ook identiteit aan die foto anders kon die muur 'n paar ander plekke as bo-op 'n hawemuur wees

Comment by Gerrie Lambrechts on Monday

Twee mooi foto's. Goeie aksie vasgevang.

Comment by Johan Ayres on Monday

Jy het twee skitterende aksiefoto's gekry. Die kleurvolle blou en rooi doen baie vir die foto. Ons ken hierdie spesifieke plek baie goed. Hierdie kinders is besig met 'n baie gevaarlike speletjie. 

Comment by Donald Daniel Jacobs on Monday

pragtige aksie fotos... die ligtoring, rooi, trek bietjie aandag

Comment by Tersia Weitsz on Monday

Kan 'n gevaarlike speletjie wees, maar jy het dit goed vasgevang, ek hou veral van onderste foto.

Comment by Hennie Cronjé on Monday

Albei foto's is uitstekend! Ek kan dink dit het vir hulle baie plesier verskaf. Baie goed gefotografeer.

Comment by Heleen Moulder on Monday

Ja nee, ek sal ook hardloop... daardie gesiggies spreek boekdele. Ek hou van fotos met stories.

Comment by Rassie van Graan on Monday

Bring sommer 'n glimlag mee Josef!  Pragtig en veral die onderste een!

Comment by Josef Steyn on Monday

© 2020   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html