Baie dankie aan elkeen wat by gister se foto gekrit het. In vandag se foto het die gekleurde blare wat plek-plek tussen die ander, uitloer my die foto laat neem

Canon 60SX HS Powershot
Brandpuntafstand : 111.5 mm
Tyd 1/250 sec
f/5.6
ISO 160
Auto Mode

Views: 69

Albums: Hogsback

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Johan Ayres on May 23, 2018 at 8:51pm
Pragtige foto.
Comment by Hennie Cronjé on May 23, 2018 at 7:09pm

Dis pragtig! Die kontras in kleur gee die foto trefkrag. Jy moes net nie die rooi blare onder afgesny het nie. Onthou, dis altyd beter om wyer as nodig te skiet en dan op die rekenaar reg te sny.

Comment by Riaan on May 23, 2018 at 6:51pm

genade dis nou 'n unieke foto Huey. soos dit is, is die kontraste treffend. wonder net oor die moontlikheid as jy blare van nader sou doen om die donker en rooi in net 'n paar blare bymekaar sou doen

Comment by Gerrie Lambrechts on May 23, 2018 at 4:52pm

Pragtig, baie goed gedoen op die rooi.  Mens kan nie glo dat blare so kan verkleur nie.

Comment by Willie Schoombee on May 23, 2018 at 3:14pm

Mooi foto Huey, die vermenging van kleure is pragtig. WD!

Comment by Rika Schoeman on May 23, 2018 at 2:37pm

Die kolle blare wat alreeds rooi is, is mooi spatsels kleur tussen die groen blare. Baie mooi.

Comment by Tersia Weitsz on May 23, 2018 at 2:17pm

Hierdie blare roep vir n foto!  Dit moet prentjie mooi wees as al die blare so kleur.  Ek sien wat Josef sê oor die boom

Comment by Josef Steyn on May 23, 2018 at 12:36pm

Huey en editor julle het goed gedoen. Elna ek ken dit as 'n Rush maar dit kan dalk 'n Red Sumac wees. Hulle kleur baie laat op en die hele boom word bloedrooi. Ongelukkig 'n verklaarde pes en ons roei gedurig van hulle uit maar hou een of twee vir hul mooi kleure. Hul sap is giftig en baie irriterend op die vel. 

Comment by Vida van Schalkwyk on May 23, 2018 at 11:27am

love it; die rooi blare is besonders!!

Comment by gabriel parsons on May 23, 2018 at 11:19am

Baie mooi Huey

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html