Werk aan my fotografie profile op GuruShots, tema is enige iets wat rond is.

Views: 95

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Gerrie Lambrechts on May 12, 2017 at 1:23pm

Dit is reg soos jy dit sien en doen, tog jou foto en jou keuse. 

Comment by Louis Gerhard Parkin on May 12, 2017 at 12:59pm

Gerrie Lambrechts

Ek twyfel of die interpretasie so letterlik is.  As jy meen dat die lyne afgesny word deur die bodem van die foto... ek dink nie dis 'n deal-breaker nie.  Ek het dit met opset so gedoen.

Indien die foto se crop nie die saak is wat jy wou stel nie, laat ek dan nog bietjie aanrammel. Die gat voor op 'n kitaar is 100% rond... die vooraansig van daai gat sou 'n minder aantreklike foto tot gevolg gehad het...  dink ek.  Ek weet nie.  Die ander mense wat aan die kompetisie deelneem gebruik fotos van letterlik enige ding wat rond voorkom.  Van waterdruppels en seepbelle, tot by die naakte vorm van 'n vrou se bors. En daar is baie daar wat nie werklik rond is nie, maar dit maak dit deur omdat rond ook abstrak kan wees.

Sal jy omgee om jou kommentaar hieronder effens uit te brei?

Comment by Gerrie Lambrechts on May 12, 2017 at 12:28pm

Kleur is baie mooi. Ek wonder net of die 'rond ' nie op die buitelyne, van die sirkel, ook heeltemal rond moet wees nie.

Comment by Louis Gerhard Parkin on May 12, 2017 at 11:28am

Dankie Henriehet Johanna (Rita) Koen, dit is voorwaar gaaf van jou :-)

Comment by Rita Koen on May 12, 2017 at 11:25am

Ek hou baie van jou foto Gerhard.  Ek neem ook aan Gurushots deel en gaan beslis jou foto soek om vir dit te 'vote'.  

Comment by Louis Gerhard Parkin on May 12, 2017 at 9:51am

Hi Gabriel,

Ek is met jou op daai ene.  Ek en my vrou is albei wel.  Ons opinies en smaak oor fotos verskil breed, maar die tema is tog die sentrale gedagte, en dit moet altyd daar wees.

Ek is een vir die reels.  As 'n foto nie dadelik met my resoneer nie, dan soek ek reels.  Derdes, fokus punte, beligting (oor of onder), en probeer 'n akademiese opinie vorm oor die foto.  So ek het basies twee vrae wat moet beantwoord word voor ek vir 'n foto sal stem. 1) Is dit vir my 'n mooi foto? 2) As dit nie 'n mooi foto is nie, is dit darem 'n goeie foto?

Comment by gabriel parsons on May 12, 2017 at 9:36am

Baie mooi foto Louis. By gurushots is die stemmers nie regtig baie baie puntenerig nie. Kyk by die huidige slilouette fotos baie s glad in die in die tema nie en werf hope stemme!

Comment by Louis Gerhard Parkin on May 12, 2017 at 9:10am

Soos wat die foto geneem is, nee. Die kitaar is op 'n staander, en die kamera op 'n mini driepoot wat nie die kamera laat tilt nie...

Alhoewel nie deel van die amptelike oefening nie, het ek besluit om te bly by ambient beligting, met 'n 50mm prime lens, en dit het die gebruik van 'n driepoot genoodsaak.

Ek weet nie hoeveel aandag mens moet gee aan die lyne wat die snare trek nie, aangesien die doel was om iets rond af te neem.  Ek sal beslis nog 'n paar neem met snaarlyne in diagonale posisie.

Dankie vir jou terugvoer Josef.

Comment by Josef Steyn on May 12, 2017 at 8:51am

Miskien kon jy die instrument meer diagonaal geplaas het Louis.

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html