Die skerpioenbabatjie kry Elsa in ons een huisie. Sy vang hom toe en sit in ‘n houertjie en vanoggend stel ek hom op. Dit was omtrent ‘n amusante spulletjie. Daar was sulke kolle sagte gefiltreerde lig op my stoep waar die son deur ‘n rankplant skyn. Ek stel die kamera op en doen ‘n aanvanklike fokus. Dan skuif ek die papiertjie waarop die skerpioen lê tot die lig reg val. Teen die tyd dat ek die driepoot mooi reggeskuif het, het die ligkol ook verskuif en begin ek van voor af. So skuifel ek op my knieë agter die skerpioen en ligkol aan. Uiteindelik tog ‘n paar gekry. Ek het spesifiek probeer om die skaduwee te kry en in te sluit. In die kommentaarboksie ‘n perspektieffoto.

Dankie aan almal wat oor gister se foto saamgesels het en vir die veskillende menings wat uitgespreek is.

Views: 78

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Hennie Cronjé on May 17, 2018 at 4:59pm

'n Skerpioen skuifel-foto! Pragtig en baie goed uitgevoer. Die skaduwee is uitstekend wat komposisie betref. Baie mooi!

Comment by Gerrie Lambrechts on May 17, 2018 at 4:55pm

Josef al jou kruipery was die moeite werd.  Baie mooi skerp en die skaduwee wys daardie angel gaan nie nonsens vat nie.  By my sal hy nie bly lewe of dalk afgeneem word nie.

Comment by Josef Steyn on May 17, 2018 at 4:31pm

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html