Die skerpioenbabatjie kry Elsa in ons een huisie. Sy vang hom toe en sit in ‘n houertjie en vanoggend stel ek hom op. Dit was omtrent ‘n amusante spulletjie. Daar was sulke kolle sagte gefiltreerde lig op my stoep waar die son deur ‘n rankplant skyn. Ek stel die kamera op en doen ‘n aanvanklike fokus. Dan skuif ek die papiertjie waarop die skerpioen lê tot die lig reg val. Teen die tyd dat ek die driepoot mooi reggeskuif het, het die ligkol ook verskuif en begin ek van voor af. So skuifel ek op my knieë agter die skerpioen en ligkol aan. Uiteindelik tog ‘n paar gekry. Ek het spesifiek probeer om die skaduwee te kry en in te sluit. In die kommentaarboksie ‘n perspektieffoto.

Dankie aan almal wat oor gister se foto saamgesels het en vir die veskillende menings wat uitgespreek is.

Views: 49

Comment

You need to be a member of Fotoskool to add comments!

Join Fotoskool

Comment by Elna Geringer on Friday

Hehehehe.....ek kan dit nogal in my gedagte sien. Jy moes vir Elsagevra het om jou met haar selfoon af te neem. Die kruipery het beslis gewerk want die foto is stunning. Baie geluk daarmee

Comment by Rika Schoeman on Friday

Dit klink nie of dit 'n maklike "shoot" was nie, maar die eindproduk was die moeite werd. Baie goed gedoen Josef.

Comment by Riaan on Friday

hier't jy regtig mooi uit die boks gedink en gedoen Josef, hehehe ek kan net lag as ek aan die foto moontlikhede dink om jou al skuifelende op jou knieë te kan sien

Comment by Linda Erasmus on Thursday

baie interessant, wat mens nie alles sal doen om n foto te kry nie!

Comment by Johan Ayres on Thursday

Dubbel S skerpioen en sakaduwee - enkel S skitterend.

Comment by Johan de Beer on Thursday

Baie mooi foto Josef 

Comment by Tina le Grange on Thursday
Josef ek wens ek kon jou afneem terwyl jy besig was met die 'vangs'
Dankie ook vir die perspektieffoto
Ek hou ook van die skaduwee
Comment by Tersia Weitsz on Thursday

Liewe aarde, die skaduwee laat my dink dis nie so 'n babatjie nie, maar die onderste foto sê iets heel anders!  Goed gedoen Josef

Comment by Magda vd Merwe on Thursday

Wow dis n mooi foto Josef

Comment by Willie Schoombee on Thursday

Vir ñ baba skerpioentjie het jy goed gedoen Josef, die skaduwee werk goed, ek dink jy sal verstaan as ek sê die een sal nie kersvashou by jou blomfoto's nie.

© 2018   Created by Igno van Niekerk.   Powered by

Badges  |  Report an Issue  |  Terms of Service

google-site-verification: google66c860d217920dd7.html